Mpuma-onnie geskors oor liefde vir leerling

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn 40-jarige onderwyser van ʼn skool in Bosbokrand in Mpumalanga is geskors nadat hy glo verlief geraak het op ʼn 15-jarige leerling by dieselfde skool.

“Hy is Woensdag met onmiddellike effek met volle betaling geskors,” het Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale departement van basiese onderwys, gesê. “Die onderwyser het na bewering ʼn seksuele verhouding met die leerling. Die leerling is nog steeds in die skool. Ons het nie verdere besonderhede nie, omdat ons die saak nog ondersoek.”

Zwane het aan die African News Agency (ANA) gesê die onderwyser sal onderwerp word aan ʼn interne dissiplinêre ondersoek, nadat die departement klagtes teen hom geformuleer het. Hy het gesê die departement het ook sielkundiges na die skool gestuur om die stand van die leerling te bepaal en ʼn verslag saam te stel.

Die skorsing kom te midde van ʼn tyd waar die departement ʼn finale verslag moet vrystel oor ʼn ondersoek van ʼn voorval verlede jaar by Manyano Primary School in Mhluzi- informele nedersetting in Middelburg wat ʼn 14-jarige leerling, Siphamandla Choma, verlam gelaat het.

Siphamandla is glo deur ʼn onderwyser aangerand nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy R150 gesteel het. Die onderwyser is in Januarie geskors en die departement het met die ondersoek begin.

Zwane het aan die ANA gesê ʼn voorlopige verslag het aan die lig gebring dat Siphamandla moontlik aangerand is. Hy het gesê die departement sal later vandeesweek die finale verslag vrystel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

ekskuus? hy erken hy het n seksuele verhouding met n minderjarige kind wat hom op die minste skuldig maak aan statutêre verkragting en hy word met volle betaling geskors? is fit nie dieselfde klag wat n onnie van Piet Retief in Februarie tronk toe gestuur het, jare na die voorval nie?

Cherokee ·

Jy lees dinge wat nie geskryf is nie. Dit mag wel so wees maar jy maak jou eie gevolgtrekkings en verkondig dit as feite. Kwoteer die skrywe wat sê dat hy met volle salaris geskors is. Weer gesê, dit mag so wees maar dit is nie so geskryf nie.

Santie ·

“Hy is Woensdag met onmiddellike effek met volle betaling geskors”. Wat anders beteken dit nogal? Is betaling en salaris nie dieselfde ding nie?

Cacophony ·

Skorsing sonder betaling is ‘n dissiplinere aksie dit sal dus behels dat jy die werknemer straf nog voordat hy skuldig bevind is, dus skorsing met betaling omdat hy nog van geen oortreding skuldig bevind is nie.

Tanya ·

Hy word geskors en die kind is nogsteeds in die skool.. Belaglik. En hy word geskors met volle betaling. Gaan nou lekker by die huis op sy rug le en homself dik vreet sonder om ‘n vinger daarvoor te lig. In my opinie moet die kind ook geskors word. Daardie onderwyser kon nie ‘n seksuele verhouding met homself gehad het nie en sy het hom nie aangekla van verkragting nie, dit beteken sy het deel daarin gehad.

Cacophony ·

Jis hou op.kerm oor die skorsing met betaling! Dis standaard praktyk. Hoekom wil dit voorkom julle meer ontsteld oor die skorsong met betaling as oor die beweerde daad! L

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.