ʼn 28-jarige man sal na verwagting Donderdag in ʼn hof in Mpumalanga verskyn op een aanklag van aanranding en twee aanklagte van die verkragting van ʼn 15-jarige meisie wat ook ʼn lid van sy kerk is.
Abednigo Mongo is na bewering ʼn leier in een van die plaaslike kerke in Hazyview as ʼn profeet. “Hy het op sosiale media met die meisie begin gesels en haar daarna versoek om kerk toe te kom, sodat hy saam met haar kon bid,” het Monica Nyuswa, woordvoerder van die provinsiale direkteur van openbare vervolging, gesê. “Die meisie is na die kerk toe omdat sy gedink het hy sou vir haar bid.”
Die beskuldigde en die slagoffer het mekaar in Augustus 2018 by KaMalubane by Mkhuhlu ontmoet. “Volgens berigte het die man die meisie verkrag, geïntimideer en haar ook gedreig om nie enigiemand anders te vertel nie.”
Die saak is daarna by die polisie aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem. “Hy bly in aanhouding ná sy eerste hofverskyning. Hy sal na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog in die Calcutta-landdroshof,” het Nyuswa bygevoeg.
Ek wed enigiemand.. Geen betogings gaan hier plaasvind nie. Geen eff of anc vroueliga of iemand nie. En dis nie die nigerier saak nie.
Deesdae raak pastore berug.