Mpuma-skolier doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die provinsiale departement van onderwys het Vrydag bevestig ʼn 17-jarige skolier het ʼn medeskolier in Witbank doodgeskiet.

“Die voorval het Donderdag plaasgevind net voor die skoliere huis toe sou gaan,” het Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, gesê. Die twee tieners is leerlinge aan die Mabande Sekondêre Skool.

Zwane het bevestig die departement sal ondersoek instel oor die voorval en sal ook ʼn span beraders na die skool stuur vir die leerlinge en onderwysers.

Die polisie kon nie dadelik bereik word om die voorval te bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Linda van Mosselbaai ·

Baie sleg vir almal betrokke – baie sterkte daar – maak asselbliEf gebruik van die beraders wat vir elke skool in Suid Afrika beskikbaar is. Daar is vrywillige beraders wat onmiddellik skool toe kan gaan – ons werk onder die skole maatskaplike werker en daar is ook skoolsielkundiges betrokke. Wat ons met die leerders bespreek is konfidensieel en word nie met die onderwysers bepreek nie. ASSEBLIEF ALLE OUERS DAAR IS HULP EN BYSTAND VIR JULLE EN AL DIE LEERDERS.

monique ·

WAAR op dees aarde kry skoliere wapens…wat help hierdie sogename wapen wet ons in suid afrika…kyk na die video in juweliers winkel dan wonder ek…..waar gaan eindig…

Gerhard ·

Ons is gedompel in wanorde sorg dat Jy jouself en jou gesin veilig kan hou doen opleiding om gerat te wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.