Mpuma-verkragter skuldig bevind

verkragʼn Man is Dinsdag in die streekshof in Secunda aan 48 uit 57 aanklagte van verskillende misdade skuldig bevind, insluitend moord en verkragting.

“Die vonnisoplegging sal op 7 April plaasvind,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Die 33-jarige man is ook onder andere skuldig bevind aan poging tot verkragting, diefstal en ontvoering. Hy het tereg gestaan op 28 aanklagte van verkragting, 21 van ontvoering, ses van diefstal, een van poging tot verkragting en een van moord.

“Die misdade het tussen 2003 en 2010 plaasgevind,” het Hlathi gesê. Die man, wat in Secunda bedrywig was, is in Januarie 2011 in hegtenis geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.