Mpuma-wetgewer spandeer R10 m. op kos

Argieffoto

Argieffoto

Die Mpumalanga-wetgewer het vir die jaar 2013/2014 R10 miljoen op kos spandeer, het die Sowetan Dinsdag berig.

Die koerant het berig dat daar volgens die DA in die provinsie R10,8 miljoen op spyseniering spandeer is. Dit was glo 54% meer as wat daar voor begroot is. Volgens die berig sluit die bedrag nie die geld in wat tydens die provinsiale rede en ander funksies spandeer is nie.

Thandi Shongwe, speaker van die Mpumalanga-wetgewer, het gesê die begroting vir spyseniering moet teen Maart volgende jaar met R5 miljoen verminder word, maar volgende Anthonie Benadie, die DA se provinsiale leier, is daar nog geen plan hiervoor ter tafel gelê nie.

Luzuko Jacobs, woordvoerder van die parlement, het aan die koerant gesê LP’s ontvang nie gratis middagetes nie, maar daar word wel kos voorsien vir komiteesittings. Volgens hom kry lede van organisasies en die publiek ook gratis kos indien hulle die sittings bywoon.

Hy het gesê daar word kos voorsien, aangesien die vergaderings soms vroeg begin en laat eindig en komiteelede nie die geleentheid het om kos te gaan koop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Saartjie ·

Dan maak jy maar soos ons almal al jare moes maak en pak vir jou ‘n toebroodjie of ietsie in en vat dit saam. Hierdie vermorsing van geld is absoluut belaglik.

Theresa ·

Dis belaglik!! Dit wys jou weereens. Nie een van hulle het die breins om met geld te werk nie. Die pos is lekker, die geld is lekker, ek kan en sal doen wat ek wil is lekker. Ek voel ‘n veer vir enige iemand anders is lekker. Bou (vreet) maar voort – ons sal sien waar eindig alles.

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela Media plaas nie my berig hierby nie . Is hulle besig om Nuus 24 se maniertjies uit te haal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.