Mpumalanga-LUR erken polisie het wapens verloor

Argieffoto

Cynthia Tshabalala, LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het erken dat ʼn groot getal wapens by die polisie in dié provinsie verlore geraak het.

Tshabalala het in antwoord op vrae van die VF Plus oor onder meer wapens en plofstof wat gebruik word in transitorooftogte en rooftogte by sake-ondernemings en woonhuise, gesê daar het in die afgelope vier jaar 210 dienspistole, agt outomatiese aanvalsgewere en vier haelgewere van die polisie verlore geraak.

“Die VF Plus is baie bekommerd hieroor, aangesien van die wapens in die hande van misdadigers kan beland wat dit kan gebruik in plaasaanvalle en ander gewapende rooftogte,” het Werner Weber, provinsiale leier van die VF Plus in Mpumalanga, in ʼn verklaring gesê.

Die VF Plus sal verdere vrae stel rakende die stappe wat gedoen is teen polisielede wat hul wapens verloor het, watter polisiekantore betrokke is en of enige van die vermiste wapens aan bogenoemde misdade gekoppel is.

Maroela Media het vroeër berig wapenamnestie skop vanjaar op 1 Desember af en sal ses maande lank duur. Die amnestie‑periode van ses maande is volgens Bheki Cele, die minister van polisie, daarop gemik om die aantal onwettige wapens in private besit te verminder.

Adv. John Welch, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Geweereienaarsvereniging (SAGV), meen die meeste vuurwapeneienaars is egter huiwerig om hul wapens aan die polisie te oorhandig, omdat die polisie wapens verloor. Volgens Welch het daar die laaste vyf jaar sowat 4 500 vuurwapens en 9,5 miljoen patrone by polisiestasies reg oor die land weggeraak. “Slegs vanjaar het daar 500 wapens uit polisiestasies verdwyn,” het hy gesê.

Cele het daarop geantwoord dat daar verskeie maatreëls ingestel gaan word om dié probleem te bekamp. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem Grobler ·

Ek moet my wapens in terme van die wet in ‘n goedgekeurde kluis wat aan die muur en in die vloer vasgebout is toesluit. Die SAPS wat hierdie wet moet toepas en afdwing smyt hul wapens soos konfettie weg!? Wat ‘n verdomde klug.

Francois le Cochon ·

Ja, se^ net jy was op pad werk toe. Toe jy by die werk aankom, was jy wapen weg. Verloor!!

PJC ·

ń Mens moet maar solank moontlik vasklou aan jou wapens. In die nuwe SA is ń ongewapende persoon abssoljht uitgelewer aan die moordadige bendes wat inbreek , roof en moor. Mense veral op plase word sommer vir die lekkerte daarvan. Ek het nooit in my wildste drome gedink ek sou ooit so iets beleef nie maar nou sorg ek ook maar dat my wapen dag en nag byderhand is want ek is nie van plan om sonder ń geveg onder te gaan nie..

George in Bloem ·

Mens kry die gevoel dat hierdie “verloor” storie baie hoog op goedkeuring wegdra want in 25 jaar is daar nog absoluut niks hieraan gedoen nie en ek is seker nie een enkele nalatige lid is afbetaal of vervolg nie. Ou grootBheki sal ook weereens bokkerol doen nie in tipiese ANC styl. Ek wonder wie dink hy bluf hy. Onbevoeg & korrup verby die useless spul.

Jacques ·

As iemand kan help, is my ou vuurwapen lisensie nog geldig?

Alain Locmant ·

Voordat ek moed opgegee het en bedank het uit SAPS het ek in ‘n stasie gewerk waar rondtes soos ys in die son verdwyn het , een swart lid op diens , dik gesuip verkoop sy staats vuurwapen met 2 magasyne en 30 rondtes in ‘n Shebeen vir drank van R500 .

Hy gaan sien ‘n toordokter en kry homself gebrand op tale plekke , die ondersoekbeampte van die saak is self swart en skrik so dat die dossier en alles verdwyn .

2 Swart polisiemanne word op diens gevang dat hulle omkoop geld vat , niks gebeur nie , bruin AO vervoer dwelms vir druglords in Polisievoertuig , niks gebeur , en so meer ens .

Die swart stasiebevelvoerder verkoop oor R1 miljoen se dwelms en wapens aan Nigeriërs , toe ons ons vermoede aanmeld aan IPID toe word on as rassiste uitgemaak .

Ja ek is gedreig en ‘n rassis genoem en verneder en beledig . Die twee ander wit lede sê net sorry , jammer my baas aan die Cadres wat ons kom uitskel het .

Ek het toe maar bedank .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.