Mpumalanga ‘n rampgebied ná vloede

Bouldersweg naby Kaapmuiden op 6 Maart 2014 Foto: Suzette Pansegrouw, Die Laevelder

Bouldersweg naby Kaapmuiden op 6 Maart 2014 Foto: Suzette Pansegrouw, Die Laevelder

Die koste van vloedskade in Mpumalanga word op nagenoeg R535 miljoen beraam.

“Die kabinet het ‘n versoek om die provinsie as ʼn rampgebied te verklaar, goedgekeur,” het Zibonele Mncwango, woordvoerder vir die provinsiale regering, gesê.

Die betrokke munisipaliteite is Nkomazi, Mkhondo en Bosbokrand.

Mncwango het gesê die vloede het groot infrastruktuur soos paaie, brûe, behuising, en skole beskadig en landbou en watergehalte is beïnvloed.

Altesaam 12 mense het in die provinsie in die vloede omgekom en 254 huise is oorstroom.

Die provinsie het vroeër ʼn span assessore uitgestuur om die omvang van die skade te bepaal. Die spanne het komberse, tente en kospakkies versprei. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.