Mpumalanga-plaasaanval: ‘Ek was bang hulle gaan my martel’

Erick Meiring nadat hy aangeval is. Foto: Verskaf

Erick Meiring nadat hy aangeval is. Foto: Verskaf

ʼn Plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga is Dinsdagaand deur vyf gewapende rowers oorval, vasgemaak en aangerand.

Erick Meiring (64) het aan Maroela Media gesê hy was omstreeks 18:15 in sy huis toe hy die honde buite hoor blaf het. “My huis was gesluit, maar toe ek die honde hoor blaf het ek gedink daar is dalk ʼn besoeker. Ek het uitgegaan om te kyk, toe staan daar vyf van hulle. Een het ʼn vuurwapen gehad,” het Meiring gesê.

Die vyf het hom oorrompel en probeer om hom te versmoor. Hulle het hom aangerand en sy klere geskeur. Daarna het die aanvallers hom vasgemaak en in die huis ingesleep. “Natuurlik is die eerste ding waaraan jy dink as iemand met ʼn vuurwapen teen jou kop staan dat hulle jou gaan doodmaak. Ek het gewonder of hulle my gaan martel; my met ʼn strykyster gaan brand of kookwater oor my gaan uitgooi. Dit was vreesaanjaend.”

Meiring se bebloede hemp na die aanval. Foto: Verskaf

Meiring se bebloede hemp na die aanval. Foto: Verskaf

Meiring vertel die aanvallers het herhaaldelik vuurwapens en geld geëis, wat hy nie gehad het nie. Hulle het daarna begin om verskeie items uit sy huis te dra, insluitend ʼn televisie, selfone, ʼn kragopwekker, dekodeerder, mikrogolfoond, gereedskap, tasse, klere en sy bakkie se sleutels.

“Ek was vasgemaak, maar kon daarin slaag om myself los te wikkel,” het Meiring gesê. “Ek het daarna ʼn rukkie stil gelê om seker te maak hulle is weg en toe het ek uit die huis gehardloop en in ʼn donker gedeelte van die erf gaan skuil. Toe ek seker is dit is veilig, het ek na my bakkie toe gehardloop waar ek die radio gebruik het om hulp te ontbied.”

ʼn Private veiligheidsmaatskappy was vinnig op die toneel om Meiring by te staan en mediese hulp aan hom te voorsien. Volgens Meiring is hy nie ernstig beseer nie en het hy slegs enkele skaafplekke en kneusings opgedoen soos die rowers hom gesleep het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie was kort ná die voorval op die toneel en het die spoor van die aanvallers gevolg waar hulle van die gesteelde goedere in ʼn beboste gebied gevind het. “Ons ondersoek het ons gelei tot by die Orlando- informele nedersetting waar ons een van die verdagtes, ʼn 22-jarige man, in hegtenis geneem het.” ʼn Vuurwapen en van die gesteelde goedere is in sy besit gevind.

“Die verdagte sal Donderdag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklag van huisbraak,” het Mohlala gesê. Die ander vier verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

piet ·

Ai Oom Erick, ek is so bly dat jou lewe darm gespaar is. “aanklag van huisbraak”. In die lig dat soveel plaas moorde gepleeg word, moet ek se dat dit darm ‘n uiters ligte aanklag is. Die barbaar moet aangekla word vir moord, poging tot moord en dan diefstal en huisbraak en aanranding om ernstig te beseer!!!! Lafaards!!!!

Chivago ·

Aanklag van HUISBRAAK???? Dis gewapende roof my goeie genugtig.

Peet Schabort ·

Asseblief, MOENIE sommer net uitgaan nie!!!!
Sterkte Erick.

Sumari ·

Ai hierdie liewe Suid-Afrika. Hulle sal nooit die mense uitlos nie, want daar word niks aan hulle gedoen nie. Dit maak ‘n mens regtig moedeloos. Sterkte Oom Erick.

Berhalet Beukes ·

Eendag is eendag… Dan gaan al hierdie lafaards hulle bas sien!

Paul ·

Die probleem is dat die Polisiewoordvoerders (of enige lid) nie meer vandag die definiese en ook ellemente van ‘n misdaad geleer word nie, vandaar die belaglike goed wat hulle in die media kwytraak. Ons ouer garde het dit op die punte van ons vingers geken en kon daarom die verskillende misdade van mekaar onderskei.

Winston ·

Ja ek stem saam Paul. Geen regsgeleerde of wetstoepasser wat kennis het sal die verdagte arresteer het vir huisbraak nie. Dis gewapende roof, poging tot moord met alt van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Maar nou sit ons met n goed opgeleide polisiemag wat die reg ken. Dis n skande vir n land soos SA.

Apro ·

Ek dink vervloë se dae het hulle hierdie doelbewus-saggestelde* ‘aanklag van huisbraak’ geklassifiseer as “Roof met Verswarende Omstandighede”.

*Die eufemistiese stelling is natuurlik met die oog op verdoeselde statistieke vorentoe.

pop ·

Is ons mense net naief?, of kyk hulle geen nuus?, lees niks?, WAT!!!!Veiligheidshekke, dubbele diefwering en n wapen wat altyd gelaai is, dis hoe ons moet leef. Raak gewoond aan daai feit as jy nie uit hierdie verpeste land kan kom nie. Die grond is al deurweek van bloed.

francoa ·

Hi Pop ek stem saam. Lees die mense nie koerante nie. As mense by ons kom kuier in die aand het ek gereel dat hulle bel as hulle buite is. Dan maak ek die hek oop. Ons moet meet veiligheids bewus wees.

Gatvol ·

HUISBRAAK!!!!!!!! Ek het Dinsdag “Treurgrond” gaan kyk met Steve Hofmeyr. Wat ‘n briljante movie. Dit is nie vir die “faint hearted” nie maar dis beslis ‘n eye opener. Wys in detail wat in hierdie land aangaan en die plaasmoorde wat daagliks toegesmeer word. Wonder wie is verantwoordelik dat die rolprent net 2 weke op die circuit is??? waar ander party keer tot 2 maande wys

Jaap ·

Dis baie erg vir enige persoon wat die tipe ding moet ervaar. Selfs die familie, direk en ver langs. Bly dit was nie erger nie, maar kon wel wees. Mense dis belangrik om regtigwaar meer op jul hoede te wees. Maak seker dat jy bewus is van jou omgewing in en rond jou huis. Moenie uitgan en probeer sien wie daar is nie. as dit belangrik is sal daai persoon met jou kontak maak of jou probeer kontak. Enige persoon wat realisties dink sou in so geval jou skakel of aan jou deur kom klop. Ongelukkig is ons geleer om altyd beleefd te wees en die boggers weet dit en maak misbruik darvan. Dis ongelukkig meeste van die tyd ons “downfall”. Wees veilig en tref reelings met jou familie en vriende om te skakel of iets sou hul by jou huis opdaag.

Nugter geskrik ·

Daar is nie eers woorde nie. Dankbaar dat die Oom dit wel oorleef het, maar so blind van woede en magteloosheid. Het teen my beterwete Treurgrond gaan kyk, en die hele fliek het nog in geskokte stilte sit en huil lank na die krediete gerol het. Here, hoe gemaak? Wanneer, wat, waar? En keer my om nie te haat nie…

Gerhard ·

Nee wat. Daagliks lees ons van mense wat geroof en gemoor word Tyd dat mense wakker word en altyd die ergste verwag. Ons vertrou veels te maklik en is goed gelowig. Wees wakker en vergeet die storie van dit kan nie met my gebeur nie.

Wim ·

Hoe ruk jy iemand aan sy kleure?
Het hy ‘n oranje gedra inplaas van ‘n hemp? Kyk as jy verslag wil doen, leer spel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wim

Ons vra groot om verskoning vir die fout wat ingesluip het. Ons verslaggewer en teksversorger het dit klaarblyklik nie raakgesien nie.
Ons het die berig gewysig, dankie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Maritza ·

Eienaardig dat geen sprak gesprook word oor die gemeenskap van Die Onderberg wat soos een man dwarsdeur die nag die rowers agtervolg en uiteindelik vier van die vyf vasgetrek het nie? Komatipoort se manne is van staal, en hulle duld geen misdaad nie. Die Polisie het seker darem ook gehelp, so verneem ek. Maar binne minute nadat die radio-noodroep gekom het, was man en muis oppad om die rowers voor te lê. Samewerking en onverskrokkenheid het vir die soveelste keer gesorg dat skarminkels wat hulle geluk hier om kom probeer, bedroë daarvan afkom. Welgedaan Onderbergse manne!

Michael ·

Wat die media gemis het van hierdie hele ondersoek is dat die sekuriteits maatskappy se Ovanbo trackers die rowers getrack het tot een gearristeer is, Polisie was seker daar nadat die sekuriteits maatskappy hom by hulle afgelaai het. Wel done SECURICON LOWVELD.

Dana ·

Boere ASB, indien jy iets buite hoor of jou honde is onrustig,
1. Moet nie uitgaan nie punt.
2. Sit ligte in jou huis af.
3. Sit die buite ligte aan.
4. Laat weet jou bure.
5. Leer ken jou honde se blaf vir verskillende gevare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.