Mpumalanga-plaasaanval: Verdagte in hof

Erick Meiring nadat hy aangeval is. Foto: Verskaf

Erick Meiring nadat hy aangeval is. Foto: Verskaf

Die verdagte wat verlede week vasgetrek is enkele ure nadat ʼn plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga deur vyf gewapende rowers oorval, vasgemaak en aangerand is, het Dinsdag in die Louieville-landdroshof verskyn.

Kapt. Charlie Stander, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Madal Mahlalela (23), ʼn Mosambieker, het op aanklagte van gewapende roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen verskyn. Die saak is tot Vrydag uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Erick Meiring (64) is Dinsdag omstreeks 18:15 deur vyf gewapende rowers oorval toe hy sy honde buite die huis hoor blaf het en gaan ondersoek instel het. Die rowers het hom vasgemaak en aangerand en daarna met verskeie huishoudelike items op die vlug geslaan.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie was kort ná die voorval op die toneel en het die spoor van die aanvallers gevolg waar hulle van die gesteelde goedere in ʼn beboste gebied gevind het. Mahlalela is kort daarna in die Orlando- informele nedersetting in hegtenis geneem. ʼn Vuurwapen en van die gesteelde goedere is in sy besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Hierdie gemors kos ons net tyd en geld. Maak ‘n vinnige plan en voorbeeld van elkeen.

Anel Viljoen ·

@Christa…hulle was promote na staats leiers…dis so ‘n siek land daai…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.