Mpumalanga-plaasmoord: Vrou dalk ingewag

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga ondersoek die moontlikheid dat die 72-jarige vrou wat Maandagaand op ʼn plaas buite Chrissiesmeer vermoor is, deur haar aanvallers buite die huis ingewag is.

Konst. Nurse Xaba, woordvoerder van die polisie, het Woensdag die oorledene as Hentie van der Vyver geïdentifiseer.

Maroela Media het vroeër berig Van der Vyver se liggaam is Dinsdagoggend in die badkamer van die huis op die plaas aangetref. Volgens Xaba het Van der Vyver alleen gebly.

“Sy het iemand met wie sy altyd in die oggende bevestig dat alles reg is by haar en toe die persoon haar nie Dinsdagoggend in die hande kon kry nie, het hulle onraad vermoed. Iemand wat ook in die omgewing bly, het gaan ondersoek instel en haar liggaam in die badkamer aangetref,” het Xaba gesê.

“Haar hande was vasgebind, sy het gebloei en daar was kneusplekke aan haar keel. Die vermoede is dat sy verwurg is, maar ʼn nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bevestig.”

Xaba het gesê ʼn venster van die huis was gebreek, maar speurders meen die venster is te klein dat aanvallers só toegang tot die huis sou kon verkry. ʼn Deur van die huis was ook oop, maar is nie oopgebreek nie. “Ons ondersoek die moontlikheid dat die slagoffer dalk buite die huis ingewag is. Dit is egter in die stadium nog net ʼn vermoede,” het sy gesê.

Van der Vyver se Isuzu-bakkie, twee selfone en ʼn skootrekenaar was vermis. Die bakkie is later verlate in die omgewing van Tjakastad opgespoor. Die ander gesteelde goedere is nog nie teruggevind nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Sake van moord en gewapende roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Brace yourself ·

Tien teen een iemand wat sy ken vir wie sy die deur oopgemaak het. Plaasmoordenaars word nie gevang of gejag soos die polisiemoordenaas nie, julle moet verstaan die was van die begin af die plan om boere van hulle plase te kry ..gisteraand het julle duidelik die haat gesien wat swartes vir wittes het en het hulle ook almal gestem vir die onteiening van alle eiendom van wittes .. so GEEN WITTE in SA se lewe is meer iets werd nie, al stem jy EFF of ANC, jy val in die verkeerde kleurgroepering.

Roosknop ·

Elke dag word ten minste een wit mens vermoor. Maandag was dit twee. Sodra goed soos grondbesetting sonder vergoeding op die nuus kom, verhoog aanvalle en moord. Ironie is dat niemand omgee nie. Ek wonder elke dag wanneer is dit my beurt. Ek is ook n pensioenaris en weerloos. Gelukkig is my saak reg met die Here.

Roosdoring ·

Roosknop, het jy opleiding gehad in hoe om jouself te beveilig?
Dit is tyd dat veiligheidskursusse aangebied moet word landwyd.

Liewe Heksie ·

My hart bloei vir my volk, so word ons stadig maar seker uitgemoor en ek wonder hoekom die Liewe Vader dit toelaat, wat het die witman dan verkeerd gedoen?

Antoinette Burger ·

Ek le alles voor Julius Malema se deur. Hy was die aanhitser reg van die begin af.

Marie van Zyl ·

Nou moor hulle en hardloop weg…. waarvoor???? Hul kan nie die plaas vat nie… hul sal gevang word…. of hoe??

Danie ·

Waar is die ANC en die swart gemeenskap in die omgewing se reaksie nou. Hulle spoel altyd vreeslik hul monde uit wanneer n swart burger iets deur `n wit persoon aangedoen word wat nie naastenby geweldadig is soos hierdie marteling deur swart misdadigers op `n weerlose wit ma en dalk ouma is nie. Hierdie is nie nuuswaardig vir die swart massas nie. Dit wys duidelik die stilswyende rassisme in ons land. Ek daag Statistiek Suid Afrika uit om te vergelyk hoeveel moorde oor kleurgrense plaasvind. Die waarheid in hierdie geval sal nie plolities korrek weers nie en daarom stel hulle nie belang om dit openbaar te maak nie. Ons wit mense moet daaglik bedekte rassistiese geweld trotseer in ons eie land en dit word nooit erken deur die swart maghebbers nie.

Nita ·

Totaal geskok oor nog n sinnelose moord. As ek dit nie verkeerd het nie, het die dame jare lank as apteekster in Ermelo gewerk. Wreed, wreed,wreed.

Erika ·

Plaasmoorde roei ons nie vinnig genoeg uit nie. Dit is hoekom grondonteiening nou toe gepas moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.