Mpumalanga-polisie onderskep vier busse vol Japanse burgers

Die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek (Foto: Departement van openbare werke)

Die Mpumalanga-polisie het Sondag ’n konvooi van vier busse wat Japanse burgers vervoer het, by Machadodorp in Mpumalanga onderskep. Dié groep Japanse burgers het glo in Mosambiek gewerk.

Die busse het Suid-Afrika by die Lebombo-grenspos binnegekom. Die polisie het inligting ontvang oor ʼn konvooi busse wat Chinese vervoer en glo op pad was na die Internasionale Lughawe OR Tambo in Gauteng.

Chinese toeriste word tans in Suid-Afrika verbied ingevolge die Covid-19-maatreëls wat deur pres. Cyril Ramaphosa ingestel is waarvolgens toeriste van hoërisikolande nie Suid-Afrika mag binnekom nie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê nadat die inligting ontvang is, het die Nelspruit-blitspatrollie onmiddellik gereageer en die busse by die Machado-tolhek net buitekant eNtokozweni onderskep.

Hlathi sê die busse is terug na die Lebombo-grenspos begelei. Met die polisie se aankoms by die grenspos, is hulle ingelig dat die passasiers van die busse Japanse burgers is wat in Mosambiek gewerk het. Die Japanse regering het glo versoek dat hulle terug na Japan gestuur word.

Die groep Japanse burgers is deur die gesondheidsowerhede op die grens, asook deur amptenare van binnelandse sake ondersoek. Ná die verifiëringsproses is die groep weer na OR Tambo begelei waar hulle na Japan vertrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niklaas ·

Daar is een verskil tussen plaaslike werkers en die manne van Japan. Laasgenoemde gee nie om om hard te werk , na ure of naweke nie.

Danie ·

Die verskil is dat die burgers van ander land enige iets sal doen om net ‘n werk te kan hê en watter betaling ook al. In Suid-Afrika doen hulle nogal gereeld alles om nie te werk nie, of doen die werk sodat dit ‘n paar keer oorgedoen moet word: staak, optogte, brand treine, brand gebou, beskadig paaie, vervoermiddels, ensovoorts…
Dalk is daar ‘n les om te leer: Doen jou werk goed en reg (soos die Japannese, Chinese ensovoorts [meestal in elk geval]. Dit maak die ekonomie sterker en skep indirek weer meer en beter werksgeleenthede. Daar is nie ‘n kits oplossing nie.

Michael 1 ·

As dit so maklik is om by n bemande grenspos in te kom hoe moeilik gaan dit wees by die kilometers se onbewaakte oop grense….maar ek vertrou julle president … lol

Wondermaarnet ·

Hulle kan mos fan Mosambiek af terug Japan toe so hul het niks hier verloor in SA nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.