Mpumalanga-polisieman skiet vyf mense

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

‘n Polisiekonstabel van Mpumalanga het glo eers vyf mense geskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die konstabel wat aan die Vosman-polisiestasie buite Witbank verbonde was, Sondagoggend op die skiettog gegaan in Vlaklaagte in Kwaggafontein.

Hlathi het gesê volgens inligting wat die polisie van ooggetuies kon kry, het die polisiebeampte beweer die slagoffers het geld by hom gesteel waarna hy hulle geskiet het. Drie van die slagoffers is dood en die ander twee gewond. Die konstabel het hierna selfmoord gepleeg.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het sy skok oor die voorval uitgespreek. Hy het beamptes gemaan om nie hul vuurwapens te gebruik wanneer hulle van iemand verskil nie, maar slegs wanneer hulle aangeval word of lewens moet beskerm.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet Pompies

Vir die privaat persoon is dit uiters moeilik om ‘n vuurwapen lisensie te kry agv die opleiding en toetse. Dit laat mens wonder hoe word lede van die Polisie gekeur en opgelei?

Cherokee

Interessante nuus… sou nie kon dink Lt.genl Zuma lees Maroela Media nie! So interessant!

Delta Mike

Snoefie en die res wat nie weet nie, as jy kennis het van die Strafproses Wet sal jy besef dat indien jy as n wettige vuurwapen eienaar jou wapen gebruik binne die riglyne van die Vuurwapen Beheer Wet om jouself, familie of selfs n vreemde te beskerm tydens n aanval is daar geen manier wat jy skuldig bevind kan word van n oortreding nie. Ongelukkig is bitter min wettige vuurwapen eienaars bewus van die riglyne van die Strafproses Wet. N saak sal wel hangend wees teen jou, jy sal wel die “beskuldigde” wees tot en met daar deur die senior… Lees meer »

Polisieman

As poliebeampte wl ek jle nt sê. Jle is gou om negative uitlatings te mak. Weet jle mt hoeveel stress werk j???? D’s familie stress, werk stress . kollegas wat naar mak. Polisiemanne mt goeie kwalifikasies wat onder betaal word. Ek werk soner om te kla ma word ni raak gesieni. As 1 kolega ‘n four mak …trek jle almal hit!!!! A NEA sies!!!