Mpumalanga-polisieman skiet vyf mense

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

‘n Polisiekonstabel van Mpumalanga het glo eers vyf mense geskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die konstabel wat aan die Vosman-polisiestasie buite Witbank verbonde was, Sondagoggend op die skiettog gegaan in Vlaklaagte in Kwaggafontein.

Hlathi het gesê volgens inligting wat die polisie van ooggetuies kon kry, het die polisiebeampte beweer die slagoffers het geld by hom gesteel waarna hy hulle geskiet het. Drie van die slagoffers is dood en die ander twee gewond. Die konstabel het hierna selfmoord gepleeg.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het sy skok oor die voorval uitgespreek. Hy het beamptes gemaan om nie hul vuurwapens te gebruik wanneer hulle van iemand verskil nie, maar slegs wanneer hulle aangeval word of lewens moet beskerm.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Vir die privaat persoon is dit uiters moeilik om ‘n vuurwapen lisensie te kry agv die opleiding en toetse. Dit laat mens wonder hoe word lede van die Polisie gekeur en opgelei?

Smirre ·

Piet Pompies, wat het die SAPD opleiding en keuring met die skiet voorval te doen.

Hierdie volgens die artikel het te doen met geld wat geleen en/of gesteel was.

Beteken dit dat as ‘n vuurwapen eienaar iemand skiet, die SAPD gefaal het tydens die keurings proses van daai person?

Indien wel, dan moet niemand wapens dra en besit nie, want ons almal is effe mal. Party van ons beheer dit net beter as ander.

Cherokee ·

Piet, ek sou dit eerder lastig as ‘uiters moeilik’ beskou. Toe ek myne gedoen het was dit ‘n oopboektoets. Waarskynlik steeds dieselfde. Jy sal egter verbaas wees as jy weet hoeveel polisielede kon dit nie slaag en mag dus nie vuurwapens dra.

Dit is oor dit wat jy hier sê wat die witmense nie vuurwapens koop nie. Moet nie die mense skrikmaak nie – dit is nie moeilik nie.

Piet Pompies ·

Smirre, ek dink nie jy ken die vuurwapen wette, jy kan nie iemand skiet vir geld skuld of geld wat gesteel is.

MS ·

Hulle kry vuurwapen opleiding tydens hulle opleiding, maar wat ek nie mee saam stem is dat die vuurwapens huis toe geneem kan word nie. Die lid het seker soos gewoontlik weer ‘n kop probleem gehad.

Cherokee ·

Interessante nuus… sou nie kon dink Lt.genl Zuma lees Maroela Media nie! So interessant!

Delta Mike ·

Snoefie en die res wat nie weet nie, as jy kennis het van die Strafproses Wet sal jy besef dat indien jy as n wettige vuurwapen eienaar jou wapen gebruik binne die riglyne van die Vuurwapen Beheer Wet om jouself, familie of selfs n vreemde te beskerm tydens n aanval is daar geen manier wat jy skuldig bevind kan word van n oortreding nie. Ongelukkig is bitter min wettige vuurwapen eienaars bewus van die riglyne van die Strafproses Wet. N saak sal wel hangend wees teen jou, jy sal wel die “beskuldigde” wees tot en met daar deur die senior staats aanklaer of hof beslis word dat jy wel binne die perke van die wet opgertree het. Die saak word dan geskraap en jy sal geen rekord he nie.

echo ·

hour hoor. mike her sy strafproseswet graad op google gevang. gaan by in n hof ontnugter word. wens ek Jan daar wees as die riglyne hom pootjie.

Polisieman ·

As poliebeampte wl ek jle nt sê. Jle is gou om negative uitlatings te mak. Weet jle mt hoeveel stress werk j???? D’s familie stress, werk stress . kollegas wat naar mak. Polisiemanne mt goeie kwalifikasies wat onder betaal word. Ek werk soner om te kla ma word ni raak gesieni. As 1 kolega ‘n four mak …trek jle almal hit!!!! A NEA sies!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.