Mpumalanga-premier ontken bewering oor ‘entstoftender vir familie’

Refilwe Mtsweni-Tsipane, premier van Mpumalanga. (Foto: Facebook)

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtsweni-Tsipane, ontken dat een van haar familielede betrokke is by ʼn maatskappy wat help om die Covid-19-entstof te versprei.

Mtsweni-Tsipane sê ook sy neem met kommer kennis van fopnuus wat versprei word.

ʼn Boodskap waarin beweer word dat die familielid betrokke is by ʼn maatskappy genaam Jova Vaccines Supply, het die afgelope paar dae soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei.

Volgens een van dié boodskappe wat rondgegaan het, is Mtsweni-Tsipane se dogter glo betrokke by die maatskappy wat op 29 Januarie eers geregistreer is. Dieselfde boodskap lui dat die maatskappy ʼn tender van R200 miljoen vir die verspreiding van die Covid-19-entstof gekry het en dat die betaling boonop reeds gedoen is.

Die premier ontken egter dat enige van haar familielede betrokke is by ʼn onderneming met dié naam.

“Sulke ongegronde en skandelike bewerings is deel van pogings deur mense of groepe mense om die premier se goeie naam skade te berokken,” sê Mtsweni-Tsipane.

Mtsweni-Tsipane was vroeër ook in die sop toe sy sonder ʼn masker opgemerk is by die begrafnis van Jackson Mtembu, voormalige minister in die presidensie. Sy het daarna gesê haar masker was beskadig en sy was nie bewus dat dit afgeval het nie. Sy het ʼn skulderkenning by die polisie afgelê, verskoning gevra en het as teken van haar berou 1 000 maskers gekoop wat in eMalahleni versprei sou word.

Die boodskap het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Die wetgewer in Mpumalanga het hierdie weergawe gedeel. (Foto: Facebook)

Dié voorval het ʼn herrie veroorsaak.

Mtsweni-Tsipane sê nou die verspreiding van vals nuus is nie net onverantwoordelik nie, dit ondermyn ook pogings deur die interministeriële komitee om die entstof suksesvol te versprei en só lewens te red.

Die komitee, onder leiding van adjunkpres. David Mabuza, koördineer alle logistiek wat met die verspreiding van die entstof verband hou.

Daar is intussen vasgestel dat die maatskappy genaamd Jova Vaccines Supply wel bestaan. Die onderneming het een direkteur genaamd Serati Simon Mashilo.

Mashilo se adres is in Soshanguve, noord van Pretoria, maar geen bewys kon gevind word wat hom regstreeks met die premier van Mpumalanga verbind nie.

Mashilo het aan News24 gesê hy werk nie in hierdie stadium nie en het die maatskappy geregistreer net in geval iemand bel. Hy het in die onderhoud ook ontken dat hy enige bande of verwantskap met die premier het, maar sê hy wil graag by die verspreidingsproses betrokke raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

mattk ·

Waar ‘n rokie trek is daar normaalweg ‘n vuurtjie wat besig is om vlam te vat of iemand wat baie hard probeer om dit te blus. Soveel van die kaders het al in die verlede met erstige ontkennings na vore gekom wat dan later wel weerlê is. Kom ons hou die spasie dop.

Baardman ·

Dalk is hierdie een fopnuus, maar kort voor lank sal die wurms uitdop

SjN ·

Hoekom n maatskappy registreer indien iemand bel, wat n grap, seker gedoen om solank n vooruitbetaling te kry.

MakersMark ·

Gewone optrede. Eers word die beweerde misdryf totaal ontken. Dan ‘n publieke aankondiging dat daar ‘n skoon gewete is en dat alles “above board is”. As dit warm raak in die kombuis is dit agv ‘n “smearcampaign” van iemand wat ‘n vendetta het teen iemand anders. Dan weer ‘n publieke aankondiging dat die beweerde misdryf ondersoek word, volle samewerking met die ondersoek eenhede word belowe selfs as daar skuldiges is “sal hul bedank net indien die party dit verwag”….as jy weer sien is die hele ding vergete na 2 jaar se verloop en ‘n nuwe persoon word aangestel. Oor ‘n jaar word die oorspronklike skuldige aangestel as hoof van die SA ambassade in Geneve.

Anoniem ·

Hoe kan jy iemand glo wat n verweer gebruik van “ek was nie bewus dat my masker afgeval het nie”…

annie ·

Hallo daar. Dit sal ‘n eerste vir hierdie voortreflike land wees. Ons bekommer verniet. Die ANC se uiters bekwame Bevelsraad se opperbevel weet van bestuur. Ontspan mense en eet solank beet en knoffel en drink gegemmerde groentee. Julle beurt sal kom…

Nie Verbaas ·

Het enige ANC lid al ooit erken dat hulle by ongeruimdhede betrokke is?

Persheks Adri ·

Sy’t gelieg oor die masker ook mmmmmm eers later erken dit laat mens klaar wonder. Die waarheid gaan wel uit kom. Hoekom ‘n maatskappy stig en nie werk nie? Dit toevallig voordat die entstof in die land kom… Ons wag maar vir die waarheid, maar weet ook hoe slinks hulle is met korrupsie

Bont ·

As jy werkloos is waar kry jy geld vir toerusting. Hoe nog sê ‘n maatskappy stig.

MT ·

Kan iemand my dalk help om beter te verstaan; ‘n inwoner van Soshanguve het onlangs ‘n klein organisasie gestig waarvan hy die enigste direkteur is, met die hoop dat hy en sy organisasie, Jova Vaccines Supply, formeel betrokke kan raak by die verspreiding van ‘n biologiese produk, ‘n enstof teen ‘n dodelike siekte, wat teen spesiale temperature EN volgens spesifieke protokolle, gestoor en versprei moet word om die effektiwiteit daarvan te verseker?

Verstaan ek dit korrek?

Ek vra hierdie vra teen die agtergrond van ‘n onbeholpe ‘weermag’ wat nie eers yskasdeure behoorlik kan toemaak nie.

Help my asb. verstaan. Ek probeer dit aan my (internasionale) kollegas verduidelik,en hulle weier om te glo.

Vrijburger ·

LMGA. Ek het lankal opgehou om vir my internasionale kollegas te probeer verduidelik van SA regering, ANC korrupsie en onbevoegdheid, misdaadsituasie, plaasmoorde, kwota’s in sport, sangoma’s, ens. Hulle kan net nie hul koppe rondom dit kry nie, hul vewysingsraamwerk laat dit nie toe nie.

KB ·

Dit kos ‘n paar Rand om ‘n maatskappy te registreer, en dan het Mashilo dit gedoen omdat “hy nie tans werk het nie” (Dis lekker as dit só goed met jou gaan?!).
Nee, verseker is hier ‘n slang in die gras!

Kokerboom ·

Toppunt van berekende bedrog korrupsie en opportunisme ..EN hul is nie eers skaam daaroor. Blatant..as dit waar is. Tyd sal leer

Wondermaarnet ·

En ons moet dit glo dat die kaders nie betrokke is en weer die gravy train ry nie?

Suzette ·

Daar begin dit…. ek glo ook waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie. Hoeveel ontkennings het ons nie nou al aangehoor van ‘n verskeidenheid van korrupsie waarvan bewyse dat dit wel plaasgevind het beskikbaar is nie, en die skuldige kom niks oor nie….

Kokerboom ·

Wetgewing moet in plek gestel word wat die gierige korrupte heersende regering verbied om aan belastingbetalersgelde te raak. Bestuur daarvan moet oorgelaat word aan komitees bestaande uit geselekteerde bevoegde wettige persone in die burgery met ‘n passie vir skoon regering

Pieter ·

Julle ANC is van lieg aan mekaar gesit zuma het julle mooi geleer

koos10 ·

Sy het ook mos haar masker verloor en dit nie agter gekom nie, maar betaal die boete. Nee wat, jou reputasie gaan jou nie help nie.

Mariana ·

Hmmm is ontkenning dan nie hul sterkste punt nie. Hulle floreer daarop.

Johann ·

Ja shure…ANC KADER STANDAARD…issi ekki…hetti geweet ni…is hulle…Lieg so goed hulle glo hulle self. Eenvoudig onaantasbaar.

Jaco ·

Ek kan verstaan dat net swart mense die tenders moet kry. Dis mos nou maar hoe die wet in SA werk. Maar wat ek nie verstaan nie, is dat swart mense wat reeds lekker vet salarisse as raadslede, parlementslede en premiers kry, nog tender jobs wil bykry ook. Is hulle salarisse dan te min? Waarom is hulle so selfsugtig? Waarom gee hulle nie die tenders vir van hulle mede swart mense wat niks het nie? Dis tog waar bread based black economic empowerment gaan?

PH ·

Sy is mos nou ‘n “krimineel” Wat soek sy in daardie pos?

KB ·

Die regering het hulself voëlvry verklaar, deurdat hulle nie die entstof se ontplooiingsproses bekend gemaak het (toe dit amptelik versoek is nie).
Die blinde sambok slaan hulle nou hard.

christo ·

David Mabuza is tog ‘n oud-premier van Mpumalanga. Sy ‘ connections ‘ is nog almal hier, Comrades.

Jr ·

En so ontken hulle almal in die begin en siedaar op die einde van die dag is Zondo commission nou 4 jaar in met die wat ” ontken” het. Hoo me, neevveer

Jr ·

Nog ‘ n file wat sal opeindig op vloer 13, file 13 by Luthuli house

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.