Mpumalanga-reeksverkragter swaar gevonnis

Argieffoto

ʼn 28-jarige reeksverkragter van Mpumalanga is Donderdag swaar gevonnis nadat hy vir minstens vier jaar ʼn skrikbewind in die provinsie, veral in die Sabie-omgewing, gevoer het.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die provinsie se direkteur van openbare vervolging (DOV), is Cassius Lionel Khoza van Marite, noord van Hazyview, in ʼn hooggeregshofsitting in die Graskop-hof skuldig bevind op ʼn totaal van 28 aanklagte wat huisbraak, ontvoering, aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer insluit.

“Khoza het sedert Januarie 2013 tot sy inhegtenisneming in 2016 die afskuwelike misdade in die Sabie- en Calcutta-omgewing gepleeg,” het sy gesê.

“Hy sou in sy slagoffers se huise of kamers inbreek en hulle verkrag, of hulle op straat nader, in die veld in sleep en verkrag, en van sy slagoffers se selfone en geld vat.”

Hy is tydens sy verhoor onder meer deur DNS-bewyse aan die misdrywe verbind.

Khoza is skuldig bevind op vier aanklagte van huisbraak, sewe van ontvoering, 15 van verkragting, een van aanranding met die doel om ernstig te beseer en een van aanranding. Hy het skuldig gepleit.

Hy is tot 12 lewenslange met ʼn bykomende 34 jaar direkte tronkstraf op al die aanklagte gevonnis.

Die Nasionale Vervolgingsgesag en lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die swaar vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

Met so n van is ek seker die foto is nie van die persoon nie

Lion ·

Goed gedoen polisie. Sluit sulke verkragters ver weg!! Die persoon is net ‘n monster. Wat vat sonder om te vra.

Theresa B ·

Wel – nou gaan sit hy vir die res van sy lewe in die “hotel” en die belastingbetaler sorg nogsteeds vir hom. In sulke gevalle moet ons oorsese lande se voorbeeld volg en stuur hom die ewigheid in. Hy is nou net ‘n las.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.