ʼn 47-jarige sakeman is Woensdagmiddag in sy huis buite Secunda in Mpumalanga doodgeskiet.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisewoordvoerder, het gesê twee verdagtes, vermoedelik tussen 20 en 30 jaar oud, het omstreeks 13:00 op die man by sy huis, waaruit hy sy eie geldlening-onderneming bedryf, in Embalenhle toegeslaan.
“Die slagoffer is verskeie kere geskiet toe hy die kombuis verlaat het om na sy kantoor toe te loop. Sy vrou, dogter en ʼn assistent was ten tyde van die skietery in die kantoor.”
Die verdagtes het ʼn onbekende bedrag geld en die slagoffer se vuurwapen geroof voor hulle op vlug geslaan het.
“Die slagoffer is dadelik ná die voorval na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.”
Die polisie ondersoek die voorval. Die verdagtes is steeds op vrye voet. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul naaste polisiestasie te bel as hulle inligting oor die verdagtes het.
Wa gaan dit op hou…. dis al die 2de sake man wat geskiet is….
As jy drank van jou huis af verkoop, gaan drinkers jou plek besoek, as geld van jou huis af uitleen, gaan rowers jou besoek!
@Piet Pompies- Stem 100% saam !
Hulle sal vir altyd op vrye voet wees…..
My innige simpatie met die naasbestaandes. Dat hy n sagte teiken was, is so, maar geweldsmisdade kan nie geduld word nie.