Mpumalanga-vrou vermis ná moontlike kaping

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat ʼn vrou van Witrivier in Mpumalanga Woensdagoggend vermoedelik buite haar huis gekaap en ontvoer is.

Shaun Terblanche, operasionele bestuurder van J&M Sekuriteit wat tans aan die soektog deelneem, het aan Maroela Media gesê dat Annatjie Myburgh as vermis aangemeld is nadat sy nooit vanoggend vir werk opgedaag het nie. Sy werk glo by ʼn prokureursfirma in Witrivier. Haar presiese ouderdom is nie bekend nie.

Terblanche het gesê die vermoede bestaan dat Myburgh buite die hek van haar en haar man se plaas in die Curlews-omgewing deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is en dat hulle met haar in haar motor weggery het. “Ons het buite die hek twee kapmesse gevind wat die vermoede skep dat daar twee aanvallers was, maar ons kan nie in hierdie stadium seker wees nie,” het hy gesê.

Hy het gesê Myburgh se selfoonsein is intussen tot by die Swalala Trust-informele nedersetting opgespoor, maar die selfoon is afgesit voordat dit gevind kon word. Hy het gesê Myburgh se motor het wel ʼn opsporingstoestel in gehad, maar dit was al sedert 2008 nie meer aktief nie. “Ons het die nasionale hoofkantoor van die opsporingsmaatskappy versoek om die toestel aan te skakel, maar ons kon nog nie ʼn sein van die motor af waarneem nie. Dit is moontlik dat die toestel na soveel jare wat dit nie gebruik is nie, nie meer werk nie.”

Hy het gesê behalwe vir die polisie help verskeie private veiligheidsmaatskappye, helikopters en plaaslike inwoners met die soektog. Die publiek word versoek om op die uitkyk te wees vir Myburgh se wit Mitsubishi Pajero Sport met die registrasienommer CHF482MP.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aster ·

Kan hulle mens waaragtig net nie uitlos nie!!! Ons moet net bid dat die Liewe Vader haar sal beskerm en haar vir ons sal uitwys. God slaap nie, Hy sien alles!

Willie ·

Dis verskriklik… waar gaan die sinnelose misdaat stop? Ek hoop net hulle kry haar ongedeurd. Sterkte aan die familie… hoop hulle spoor haar gou op..

m ·

Ai tog die arme vrou. Wat maak sy nie alles deur nie. Hoop regtig hierdie storie gaan n gelukkige einde he. Hierdie mense is ma altyd op die loer……….

Takkie Takuuza ·

Kapmesse daar gelos? Die omstandighede laat mens onwillikeurig dink aan die Panayotou saak. Ek bid dat sy ongedeerd gevind word.

Joann ·

Takkie takuuza ek dink aan die selfde ding. Dalk inside job.

Se maar net ·

Mag hierdie vrou veilig terug gevind word. Dit is so sinneloos en om te dink n lewe in die verdomde land is niks werd nie. Sterkte aan die naasyes en vriende.

Gesiggie ·

Die heeldag adverteer Radio Laeveld al, met n poging om die vrou op te spoor… ek glo dat met die hulp van almal in die Laeveld, en ook Bossies Justice sal Annatjie veilig gevind word…. en ja ook te danke aan Maroela Media… Ons hele dorp staan agter jou…. en bid vir jou veiligheid Annetjie…hoop om spoedig die goeie nuus te ontvang….

Sandra Combrinck ·

Ons kan net Almal Bid en God te vra om haar Veilig Terugbring te bring na haar Gesin Sterkte aan almal

Maryna ·

Ek is aanmekaar hier op Maroela om te sien of Annatjie al gevind is. Ai dis hartseer!

Reon ·

Almal wat bloed skenk, moet weier om te skenk, om sodoende die regering te dwing, om iets te doen, betreffende plaas aanvalle en moorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.