MRK begin met ondersoek oor Julie-onluste

Dié foto wat in Julie vanjaar geneem is, wys ‘n geplunderde winkel in Dr. Pixley Ka Semestraat in Durban. (Foto: Rajesh Jantial/AFP)

Die Menseregtekommissie het Maandag begin met verhore oor onluste in Julie wat 354 mense se lewens geëis het. Die kommissie waarsku die onrus het armoede en hongersnood in dele van die land vererger.

Die verhore vind plaas net buite Durban, KwaZulu-Natal – die provinsie wat die swaarste onder die geweld deurgeloop het. Die onluste het begin toe oudpres. Jacob Zuma tronk toe gestuur is ná hy geweier het om te getuig in ʼn korrupsie-hofsaak.

Aanvanklike betogings het egter in plundery omgesit wat ook na Johannesburg versprei het. Die stadige optrede deur die polisie het daartoe gelei dat sommige inwoners hulself op boendoegeregtigheid beroep het.

Die eerste getuie, Zama Nguse, sê dit is hoe haar 17-jarige neef Sibahle dood is. Sakemanne in Durban, wat ontstoke was oor die plundery, het plakkershuise aan die brand gesteek en mense in haar gemeenskap – insluitend haar neef – geskiet. “Mense wou na ʼn plek van veiligheid gaan omdat traangas deur privaat veiligheidsbeamptes in hul huise gegooi is,” het sy aan die MRK gesê. “Sibahle het nie geweet in watter rigting ons gehardloop het nie en hy het ons kom soek. ʼn Man het later vir my gesê Sibahle is geskiet.”

Toe sy by die gebied aankom waar hy laas gesien is, het sy broers en susters hom vasgehou. “Ek het nog nooit vantevore iemand sien sterf nie. Toe ek hom sien, het dit gelyk of hy sukkel om asem te haal.”

Die verhore sal na verwagting tot 3 Desember voortduur. Die doel is om die oorsaak van die onrus te bepaal, die versuim deur die polisie om op te tree, die rol van privaat veiligheidsmaatskappye en beweerde rasse-motivering agter sommige van die sterftes.

“Die onluste word gekenmerk deur lewensverlies, en die teiken van winkelsentrums, winkels en ander ondernemings, skole en vervoerstelsels,” het die kommissie in ʼn verklaring gesê. “Die onluste het, onder andere, die ongelykheid tussen sekere gemeenskappe, werkloosheidsvlakke, armoede, hongersnood en voedselonsekerheid vererger.”

Die omvang van die skade beloop ongeveer R25 miljard, aldus die MRK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nico ·

MRK julle vat darem julle tyd om hierdie sake te ondersoek, die rassekaart word weer gebruik.

casper ·

Geen blankes betrokke by die stropery nie so al die ander onskuldig.

Yvonne ·

Nou verstaan ek nie van kommissie op kommissie nie…wat is die werk van die polisie etc. hier is soveel skade berokken…wie sal ooit aan die pen ry????

TRP ·

Baie goeie vraag, soveel kommissies, so min terugvoer en andwoorde.

Hasie ·

Geen ondersoek is nodig nie Almal weet wat was die agenda en hoekom die polisie saam gespeel het …

Hennie ·

Dis net ANC “votas”wat sover getuig het. Eweskielik is die “lootas” nou die slagoffers.
MRK – mors van tyd en geld en net nog n ANC wind lawaai.

Jr ·

Klomp professors en kamstige geleërdes wat nie werk in die “real world” kan kry nie. Almal iemand wat niemand is nie. Veral ou bubble guam

annie ·

Menseregtekommissie. Waar gaan haal hulle die oorsaak van dié brute misdaad? Ek weier om te eet voordat apartheid nie as die eintlike sondebok geëien, woestyn toe gejaag en toe perongeluk doodgeskiet en toe gebraai en geëet is nie. Daar moet ook ‘n einde kom aan my wakkerlê-nagte oor hoekom die grypers so baie skoene se een maat so alleen op die pad huistoe agtergelaat het? Waarom, sê my, waarom? Dit is uiters rassisties om net een skoen te dra en die ander voet kaal en broos te los.

Shakespeare ·

Zuma en kinders die grootste oorsaak. Is die blatante aanhitsers in die tronk ?? NÈÈ !!! VIVA ANC/EFF.

FranWilder ·

Natuurlik is almal nou onskuldig, TV’s en yskaste het self uit Makro uit geloop.

Samuel ·

Waarom moet die MRK altyd alles ondersoek? Dit was gewoon misdadige optrede en nou moet ons jammer voel vir die mense? Foeitog, nou is daar weer beweerde rassisme wat bygesleep word. Pffffft.

minnie muis ·

ja en wie het die het aangepor , en die loop nog steets wild rond …….

Danie ·

Wie ons?
Nou hoe bedoel meneer dan nou?
En arme Gaum sal die strooi glo.

Sarel ·

Soveel maande na die tyd….
Wat het van die Polisie ondersoeke geword
Boggerol..niemand is vervolg tot dusver nir..laat jou
dink???

Natasha ·

Nou word winkeleienaars en sekuriteitsmaatskappye ondersoek…. Wat van die persone wat dit als beplan en uitgevoer het? Ons land is genuine ‘n joke!

Magda ·

Gaan soek by EFF, ANC mense en di Zuma kinders, hulle is di grootste verantwoordelik vir di opstoke tot di plunder en sterftes. Dis hulle skuld en niemand anders nu, ook geen RASSE KAART NI. DIS JULLE EIE MENSE WAT DIT GEDOEN HET, BEGIN DAAR AS JULLE N EERLIKE EN OPREGTE VERVOLGING WIL DOEN, ANDERS MORS DI MRK NET WEER DI BELASTING BETALER SE GELD.

SlinkseKoljander ·

Ag a se blief! Asof iets van dit gaan kom?
Hulle maak net verskoning sodat hulle salarisse regverdig kan word.

john ·

Hoekom die MRK ?? dis krimineele of ondersoek hulle nou hulle regte om te kan loot

TRP ·

En oor ses jaar is daar steeds geen vordering in die saak, die skade is aangerig, niks kan dit verander of verbeter. Dit is werklik nie asof ons ekonomie van so ‘n aard is om hierdie ook nog te kon hanteer.

jzjz05 ·

Jammer om te sê. Ek het geen vertroue in die MRK nie,en daar is baie wat dit sal beaam as hulle gevoel ook.

Genis ·

Moet asb nie by Zuma begin nie, hy is baie siek die arme vent…. en onskuldig daarby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.