MRK begin ondersoek na Mngxitama

Andile Mngxitama het op ’n nuuskonferensie gesê hulle berei mense voor om plase te beset. Skermgreep: Twitter

Die Menseregtekommissie (MRK) sê hy tref voorbereidings om met sy ondersoek na uitlatings deur die president van Black First Land First (BLF) te begin.

Die MRK het talle klagte ontvang ná Andile Mngxitama se toespraak op 8 Desember in die Ikageng-stadion in Potchefstroom tydens die verkiesingsbekendstelling van BLF.

“Die kommissie het ook ʼn video van die saamtrek gekyk waarin mnr. Mngxitama vir die gehoor sê hulle sal wit mense doodmaak,” het die MRK Woensdagoggend gesê. Hy belowe BLF sal “hul vroue doodmaak, ons sal hul kinders doodmaak, ons sal hul honde doodmaak, ons sal hul katte doodmaak, ons sal enigiets doodmaak wat ons aantref …”

Die MRK is besig om die klagte teen Mngxitama te registreer ingevolge sy klagtehanteringsproses sodat hy ondersoek daarna kan instel of menseregte geskend is of nie en watter stappe gedoen moet word.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Dinsdagoggend ʼn klag teen Mngxitama by die Potchefstroomse polisiestasie ingedien, terwyl AfriForum sy regspan opdrag gegee het om hofstukke op te stel om Mngxitama by die gelykheidshof van haatspraak aan te kla.

Andile Mngxitama. Foto: Skermskoot/kykNET-video

Die DA het hom by die MRK en die gelykheidshof verkla ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie. Cope het ook saam met die organisasie ToekomsVonk ʼn klag van haatspraak teen hom aanhangig gemaak.

Mngxitama het intussen Dinsdag op ʼn nuuskonferensie wat hy belê het om oor die toespraak in Potchefstroom te praat, gesê BLF is besig om plase te identifiseer en mense voor te berei om dit te beset.

Wit mense probeer BLF “demoniseer” om ander wit mense bang te maak.

“Daar is begunstigdes wat na daardie plase gaan trek. Sodra grondonteiening moontlik is, gaan ons dié proses ontketen waar ons die plase self vat, maar ons gaan nie vir julle sê waar nie, anders sal die polisie oral wees.”

Hy meen daar is ʼn doelbewuste poging van wit mense om BLF “meer te demoniseer” om ander wit mense bang te maak sodat hulle geld aan AfriForum sal skenk en vir die DA sal stem, maar hy sê BLF weier om sy boodskap makker te maak sodat hulle aan aanstaande jaar se verkiesing mag deelneem.

Volgens Mngxitama is hul vernaamste strewe om radikale ekonomiese transformasie in die parlement te bevorder nadat die ANC dié beleid laat vaar het. Dié transformasie sal bestaan uit grondonteiening, die nasionalisering van die Reserwebank, die oprigting van ʼn volksbank, gratis onderwys en ʼn minimumloon gelykstaande aan dít waarvoor die werkers van Marikana gesterf het, naamlik R12 500 per maand.

“So, ons gaan parlement toe om die ANC aan sy eie agenda te herinner wat hy laat vaar het omdat hy deur ‘witmonopoliekapitaal’ gekaap is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

J ·

Hier gaan niks van kom nie. DA het wel n ding ingedien, maar het nog nie n woord van Mmusi gehoor nie…hy’s dan so vinnig om op sy perdjie te spring.

Gert ·

Op daardie noot: as jy News24 lees sou jy dink dat die DA die enigste organisasie is wat enige klagte ingedien het.

Dankie Maroela Media dat julle ook aan Afriforum en VF+ se werk erkenning gee.

GP ·

As ek reg onthou was mmusi een van die eerstes wat geskree het rassisme in die willemse saak. Nou is hy stil. Stem VF+

Natan ·

Wie befonds die BLF? Die media het gewys hul simpatie lê by Zuma en die Guptas. Hul leier is weer ‘n Xhosa. Die Transkei is nou nie my model staat nie.

Interessant dat die ANC niks sê oor die BLF se uitsprake nie wat rassehaat, moord en oorlog insluit. Ons eie VN menseregteambassedeur Prof C Heyns is doodstil. Hierdie spul soek bloed, maar die vure word nie geblus nie. Dit sal gaan soos die Suid-Kaapse en Kaliforniese brande.

Binx ·

Het andile nie in n vorige artikel verklaar hy is Khoi nie? Kan verkeerd wees. Anywhooo…hy n idioot. Hy moet net bykom. Aanhitsing hoort nie in vandag se tye nie.

leser ·

andile, jy krap waar dit nie jeuk nie, voor jy jou oe oopmaak staan jy in ‘n oranje “suit”
blf moet maar kom, julle gaan vinniger weg hardloop as wat julle dink
laat maar die eerste skoot klap, jy gaan nie die volgende een hoor nie

Al ·

Die sirkusnar se ideologie klink feitlik dieselfde as die ander nar in rooi oorpakke.

personna non grata ·

Wel iemand moet die vonk in die kruitvat gooi!

Jacques ·

Aan al my mede witmense wil ek net se. Moenie te gerus wees nie en moenie aan die slaap wees nie. Daar is een goue reel, moenie dat die vyand jou veras nie, veras hom

Rou haat op kokende brandpunt ·

Dit klink of hulle alle wit mense tesame met hulle diere wil vermoor! Dit klink hulle soek geen wit mens of enige iets van wit mense wat hulle aan verdrukking en ondergeskiktheid of apartheid/kolonialisme/wit bevoorregting herhinder nie. Dit klink of hulle daarop uit is om wit mense en hulle diere se lewe in hel te verander. Hierdie haat teenoor wit menses sal nie weggaan nie. Hulle sal aanhou totdat alle wit mense uit Afrika verwyder is maak nie saak hoe nie – is dit nie ook hy wat ook gesê het dat hulle 50 000 soldate soek om die wit mense uit te delg/vermoor nie?

Die rou haat in hierdie land is op brandpunt wat die bloed in jou are kokend laat stol. Daar is geen redelikheid meer nie. Dit is net ‘n kwessie van tyd. Todat miljoene der miljoene wraak gaan neem teenoor by verre die minderheid wittes wat nog oor is..

Manie ·

Die paar wat oor is is heeltemal genoeg as hulle ophou om cr tot god te verhef en op moesi en die DA te vertrou . Steun VF en Afriforum en besef alles sal nie regkom nie, god cr veg vir anc en homself. Die blankes en Kleurlinge sal moet vir hulle self sorg

Piet Pompies ·

Afrikaans sprekende mense het hul nog nooit laat onderkry!

Jacques ·

Wie is Afrikaans spekende mense? Ek is nie so iemand nie. Ek is ‘n Afrikaner.

Grysburger Pretoria ·

Wonder wat die reaksie sal wees as ‘n organisasie wat boere en ander grondeienaars verteenwoordig, ook openbare verklarings maak oor hulle beoogde optrede en bloot ‘n voorneme aankondig om ‘n “verskroeide aarde beleid” toe te pas itv eiendom wat gegryp word. So sal strandhuiseienaar bv sy eie huis afbrand, die boer sal alle infrastruktuur op sy eie plaas vernietig.

Jerry ·

Ignoreer die BLF en toets die situasie deur te wag en sien of die dreigemente tot uitvoer gebring gaan word of nie en indien wel, wat die staat asook AfriForum se optredes sal behels en hopelik sal dit voldoende wees om die situasie te beheer. Indien nie, well then your guess is as good as mine! Die burgery sal eers kan betrokke raak indien hierdie dreigemente tot uitvoer gebring word en die staat en AfriForum versaak hulle plig en wetgewing nie meer geld nie. Voordat dit nie gebeur nie, wees paraat terwyl jy ontspan en n vleisie braai!

attie ·

ek raak moeg wens net die tyd wil nou aanbreek sodat die hele storie tot n einde kom.

Ryan ·

Dit sal darem wonderlik wees as hy kersfees in die tronk spandeer!

Thinus Erasmus ·

Grend, nou gaan die MRK ondersoek of hy “dalk” ons menseregte geskend het.
Intussen kan hy maar dreig om te moor, en dit doen ook, hulle is min gespin!

Uittreksels ·

As jy mooi luister na sy eie woorde het hy gesê hulle gaan babatjies ook vermoor. Hoekom word dit nie genoem nie? Daar word net gesê 5 wit mense maar hy het baie meer gesê gehad.

Piet ·

MRK is telkemale al hul eensydigheid bewys. Hul is bevooroordeeld en selektief in hul ondersoeke en uitsprake. Laat enige blanke persoon dit waag om in openbaar te sê, dat swartes vermoor moet word, dan is hy lankal al toegesluit en die ANC, DA en hul vennote braak gal tot in lente van dae.

Penellope Jones ·

Die groot probleem is die boodskap wat hy uitstuur.
Al word hy aangekla oor al die uitsprake wat hy maak en hy word selfs skuldig bevind, is die boodskap nog steeds uitgestuur en “sy mense” sal hulle dalk nie steur aan hofuitsprake nie.
. . . . . . .

Blinkoog Stefaans ·

Vrind, landgenoot, volksgenoot….. Jy gaan trok toe en hy gaan vir jou lag. Die hof sal sê hy’t net ‘n stelling gemaak en toe jy hom antwoord op die selfde wysie “blaas” jy dit aan.

Diereliefhebber ·

Nou het hy te ver gegaan; as jy my diere dreig, krap jy waar dit nie jeuk nie…..

Edward ·

As die EFF geraas maak dan is die BLF stil, as die BLF geraas maak dan is die EFF stil? As die plaasmoorde optel in getalle dan is die transito rowe stil, as die transito rowe geraas maak dan is die plaasmoorde minder? DIE ANC sit agter oor en bly dood stil. Hulle is almal kop in een mus en die is deel van hulle taktiek.

Anoniem ·

So wat is die verskil tussen witmonopoliekapitaal en swartmonopoliekapitaal ?

Foxi ·

Pasop mnr die grootprater mannetjie, hoe meer jy n hond tart, hoe groter gaan die byt wees. Jy en jou gevolg staan so trots en skreeu martelaars woorde uit, dat julle kele soos n oop graf lyk. Moenie n kwaai hond onderskat nie, want as hy loskom, sal jy hom nie kan keer nie.??

Koos de Meyer. ·

Hierdie is nie Zimbabwe nie. Kom kyk of jy my grond kan vat. Dink twee keer en dink mooi want my ta dit gaan nie so maklik wees nie.

Herman ·

Hier gaan dadels van kom. 1) Hy is nie Wit nie. 2) Ons interpreteer sy woorde verkeerd. 3) Hy bedoel eintlik dat hulle net bietjie druk gaan uitoefen om ‘n beperking te plaas op een of ander stelsel wat nog bestaan sedert apartheid. Ek raai egter dat hierdie ou daar en dan gearresteer sou word as hy Blank was.

Herman P ·

Hulle gaan met busse aangery kom wat gaan jy maak as 150 op jou woonhuis afstorm..? Die polisie bel. Ruik die koffie

Dienkie ·

@Herman P, dit is net daar waar die boer voorbereid moet wees en ‘n paar handgranate tussen hulle moet gooi. Dit gaan hulle laaste storm wees. Ja ‘n paar handgranate gaan baie meer skade aanrig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.