MRK ‘bekommerd’ oor Afrikanerbond se bewerings

Jan Bosman van die Afrikanerbond.

Die Menseregtekommissie (MRK) het gesê hy het met kommer kennis geneem van die Afrikanerbond se bewerings dat eersgenoemde nie sy pligte kan nakom of uitoefen nie.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, het vroeër die maand in ʼn ope brief wat aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur is, die president versoek om drasties die mandaat en werksaamhede van die MRK te hersien.

Volgens Bosman is dit hulle ervaring, na ʼn verskeidenheid klagtes in die afgelope paar jaar, dat die MRK nie bevoeg is om sy mandaat uit te voer nie.

“Die MRK het veral sy pligte gruwelik versuim om voorkomend op te tree en om aktief en met erns konsekwent te wees in die benadering tot rassisme en rassistiese optrede en veral haatspraak doeltreffend die hoof te bied.”

Bosman het onder meer verwys na uitlatings wat deur Julius Malema, leier van die EFF, en Andile Mngxitama, BLF-leier, gemaak is en wat klagtes by die MRK tot gevolg gehad het.

Gail Smith, woordvoerder van die MRK, het gesê die organisasie is baie bekommerd dat die Afrikanerbond blyk onbewus te wees van die werk wat deur die MRK gedoen word. Sy het veral gewys op die werk wat die MRK die afgelope vyf jaar gedoen het met betrekking tot bevindinge rakende menseregteskendings.

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Volgens Smith het die MRK reeds aangedui dat hy die gelykheidshof sal nader oor Mngxitama se onlangse uitlatings. Smith het toegegee dat klagtes oor diskriminasie op grond van ras deel uitmaak van die drie tipes klagtes wat die meeste ontvang word.

Smith meen die MRK voer sy mandaat met toewyding uit en sonder vrees of guns. “Die MRK sal dus ʼn vergadering met die Afrikanerbond verwelkom as ʼn geleentheid om hulle te verseker van die doeltreffendheid, bekwaamheid en trots waarmee die MRK sy mandaat uitvoer.”

Bosman het in sy ope brief ook aangevoer die polarisasie van Suid-Afrikaanse gemeenskappe sal in die komende maande in aanloop tot die algemene verkiesing in 2019 voortgaan om groter te word, as haatspraak en rassisme nie op ‘n ewewigtige wyse hanteer word nie.

“Die Menseregtekommissie het die afgelope paar jaar duidelik getoon dat hierdie Hoofstuk 9 grondwetlike instelling nie sy grondwetlike pligte nakom nie. Die Handves van Regte word nie konsekwent toegepas nie en ook nie met ewewigtigheid beoordeel nie.

“Ons ontken geensins dat Suid-Afrika nog worstel met rassisme in alle samelewings en by alle rasse, wit en swart, nie. Die MRK moet egter aanspreeklik gehou word vir Suid-Afrika se nuwe rassisme omdat hulle sienderoë toegelaat het dat die haatspraak en opruiende spraak ongehinderd voortgegaan het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

B ·

Hi Jerry, ek weet nou wat jou werklike naam is! ?

(Vakansietyd grappie OK ? )

Geseende Kersfees almal.

Wessel ·

Gail Smith, die MRK moes baie meer gedoen het. Dit is nie gedoen nie want dit kan dalk die ANC kwaad maak.

Herman P ·

Weereens niks van kom nie. CR beaam dan dat die wittes die skuldiges is..

Natascha ·

Haatspraak moet vasgevat word, want haat word aangeleer, jy word nie gebore met dit. Hel mense gaan aan met jul lewens en vergeet van die verlede. Dis die hede wat tel. En onthou als begin by ons as ouers en grootouers, leer jou kind van kleins af om ander en hulself te respekteer en Lief te he.
Maar lyk my haatspraak is net op sekere van toepasing. Ander kleuriges kom weg met self moord.
Kan ons nie handevat en almal saam werk om n beter SA te maak nie, want die meeste van die klomp wat haatspraak uiter is die klomp want nie eens in die apartheids jare geleef of gebore was nie, Kom aan mense.

Johnnie ·

Stem saam met jou Wessel, die MRK sal niks doen aan die spul met hul rassistiese houdings, haatspraak en moord aanblasery nie. Hulle is net daar om teen die blankes op te tree en te kyk wat ons verkeerd sê en doen. Jy is reg hulle is bang vir die ANC, EFF en BLF maar nie vir die blanke groepe nie.

Gert ·

CR is self heeltyd skuldig aan haatspraak soos verlede week toe hy die paar voortrekkers by Bloedrivier beskuldig het van ‘n slagting op onskuldige Zoeloes.
Hoe kan mens van so ‘n persoon verwag om iets te doen oor die partydigheid van die MRK?

Sharon Bronkhorst ·

En weereens is CR self doodstil!!! Wat ‘n groot teleurstelliing.

Frans ·

“Volgens Smith het die MRK reeds aangedui dat hy die gelykheidshof sal nader oor Mngsxiyama se onlangse uitlatings”. Hulle het sover nog nie iets daaraan gedoen nie. MRK weerspreek dus sy “toewyding om sy mandaat sonder vrees of guns” uit te voer. Moeilik om met sulke terugvoering ons as burgers met MRK se uitlating te probeer gerusstel. Wanneer word die klagte deur MRK geplaas sodat ons dit kan glo? Eers ná die verkiesing?

Cornelia ·

Dankie Mnr. Bosman. Die onweerlêbare feite wat ter sprake is en onwegredeneerbaar is, sal soos ons reeds weet, met groot gebaar “weggegorrel- word. Dit is egter van uiterste belang dat die MRK met die WAARHEID kennis maak. ‘n Kwaliteit wat so skaars is in hul geledere soos 30 ml reën by Put sonder water. Waterlose wolke deur wind en hitte verdamp. Ter wille van historiese rekord houding, is dit lonend om hulle aan hul ore op te tel. Hulle klug praatjies en – speletjies sal op die ou end teen hulle “boemerang.”

LV ·

Laas toe ek gehoor het was hul ledetal so by die 4000,meestal n klomp senior burgers,wat vasbyt tot die bitter einde.Kan nie glo die AB bestaan nog nie.Moontlik speel die beskikbaarheid van n paar sterk trusts n rol in die voortbestaan,maar die dag as daardie spaarvarkies leegloop,sal die AB ook sterf.

BR ·

Dan is daar mense wat dink CR doen sulke wonderlike dinge vir witmense.Ha-ha.

Eentweedrieblufjouself ·

CR is besig om witmense te verenig rondom een ding: “justifiable anger.” Dis seker n goeie begin wat hy vir ons daarstel.

Stephen Namibia ·

Gail Smith. Die term is “selektiewe vervolging” soos dit julle meesters die ANC pas.
Dankie vir die waarheid en die durf om teen hierdie spul op te staan Jan Bosman.

Bekommerd ·

Kyk waar kom die AB & MRK vandaan…..jy sal dan nie verbaas wees hoekom dit so met ons gaan nie. Almal teen blank SA.

E.K. die eerste ·

Dis tyd dat ons al meer aandring op buitelandse druk op CR om ‘n ware leier vir ALMAL te wees en dat reëls en wette vir almal geld. NET dalk help dit…

Johanna Botha ·

Die MRK gee die misdadegers al die regte en die onskuliges ongeld alles …kyk net hoeveel moorde en verkragtings in SA is en hoeveel beland agter tralies ….presies bitter min as hulle nie nog ontsnap onder polisie bewaaking …. MRK is n flop en n GROOT KLUG !

Spike ·

Die MRK is net ñ klomp comrades. Geen hoop op regverdigheid nie.

Kasper ·

Die MRK is heeltemal anti-wit, inteendeel as ek reg onthou het Afriforum/Solidariteit al ‘n hele ruk terug ‘n klomp klagtes by hulle gele van swart op wit haatspraak. So ver my kennis strek, het daar net mooi dadels van gekom. Om beter te verstaan hoekom hulle anti-wit is, moet gekyk word wie en en wat sit agter hulle. Kry daardie antwoord, en julle sal verstaan, ons staan nie ‘n kans met hulle om ooit regverdig behandel te word nie.

Klasvakie ·

Die probleem….. Die land word nie meer deur die parlement regeer nie. Die parlement rapportteer aan die groot 6….. waarom het ons nog n parlement?

ANONIEM ·

Gail Smith hanteer alle rasse gelyk insluitend blankes dan sal dinge ook beter gaan in hierdie land, ons is die minderheid gee ons as blankes ook regverdige kanse.

PJC ·

Die MRK en die gelykheidshof is na my mening net een groot grap wat ongelukkig oor heelwat mag beskik wat hulle nie skroom om kwistig teen blankes te gebruik nie. Vir ander groepe bestaan daar geen strawwe in hulle boeke nie.

Stephen Namibia ·

Ek sien Chris Nissen van die Menseregte Kommissie se wens vir 2019 is dat mense mekaar moet respekteer.
Sluit dit EFF en BLF leiers in??

Eentweedrieblufjouself ·

MRK is nie n mens nie, hulle hoef nie almal te respekteer nie.

aj ·

Waarom is daar nie ‘n ‘ANTWOORD’ blokkie by LV bó se boodskap nie? Baie verdag!

LV het nie die vaagste benul waaroor die bespreking gaan nie. Hy skep FAKE NEWS oor die Broederbond … ek wonder wat sy ‘agenda’ is.

Ag nee Maroela … hou mense by die punt!

PieterJohannes ·

aj, LV het ‘antwoord’ gedruk onder Saartjie se boodskap. As jy hom wil antwoord moet jy ook onder Saartjie antwoord. Dan sal jou boodskap ook nie ‘n antwoord knoppie hê nie.

Andre ·

Die MRK is medepligtig aan die omvattende ‘etniese suiwering agenda’ van die ANC.

Dit is die hoofdoel waarvoor die MRK gestig is. (Wolf in skaapsklere!)

Die MRK behoort aangekla te word by die Internasionale Hof in Den Haag vir ‘medepligtigheid aan ETNIESE SUIWERING’!

Wis alle ‘witheid’ uit … dis die MRK se doel en funksie!

Piet Potgieter ·

Dis steurend dat Maroela se proeflessers, nes Netwerk24 en omtrent alle briewe aan die pers, nie die verskil tussen ‘bevoegd’ (jy word amptlelik bevoegd verklaar om ‘n sekere werk te mag doen) en ‘bekwaam’ (jy kan die werk doen op ‘n goeie manier) ken nie. Kom nou Maroela, stel ‘n voorbeeld vir die ander.

humor ·

LV Soos hierbo gelees verstaan jy seker die Afrikaner Bond probeer darem iets vermag maar wat doen jy? Lyk my jy sit maar net heel tyd op jou bree , wit, vet sitvlak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.