MRK bepleit geslagsneutrale skooldrag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Menseregtekommissie (MRK) pleit by die departement van basiese onderwys om geslagsneutrale beleid oor skooldrag by skole in te stel sodat leerders volgens hul geslagsidentiteit kan aantrek.

Die kommissie sê die departement kan dit ook gerus oorweeg om die noodsaaklikheid van die gebruik van somer- en winterdrag (en moontlik spesiale uniforms vir gr. 12-leerders) in skole te hersien.

Die MRK het die departement nou ses maande gegee om sy aanbevelings by skole in werking te stel.

Die aanbevelings kom uit ’n verslag oor skooldrag en die “oorregulering van voorkoms in skole” wat die MRK vandeesweek voor die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys ter tafel gelê het.

Die verslag lui dat beleid oor skooldrag en leerders se algehele voorkoms in sekere omstandighede inbreuk maak op ʼn leerder se reg op waardigheid en dat daar geen regmatige doel daarmee is vir skole om sogenaamde geslagstereotipiese uniforms af te dwing nie.

Die kommissie glo ook nie daar is enige wettige doel om verskillende standaarde vir manlike en vroulike leerders te handhaaf nie, ook nie om haarlengte te reguleer, natuurlike hare te verbied óf die kleur van meisies se hare – en selfs hul onderklere – te reguleer nie.

Die MRK meen die regulering van skoolmeisies se onderklere maak inbreuk op hul privaatheid en waardigheid, “aangesien daar geen manier is om dit af te dwing sonder om hul regte ernstig te skend nie”.

Die kommissie sê ook dit is onwettig om die skending van ’n skool se voorkoms en uniformbeleid as ’n dissiplinêre kwessie te hanteer.

Die kommissie het bevind dat Suid-Afrikaanse skole ʼn streng binêre benadering tot eenvormige beleide handhaaf wat geslagstereotipies is en, volgens die MRK, vrouehaat versterk. Hierdie beleide reguleer dikwels vroulikheid, meisieskap en seksualiteit, wat patriargale norme in stand hou.

Die kommissie sê voorts ’n binêre benadering tot kwessies sluit sommige leerders uit en wek kommer oor moontlike diskriminasie teen die LGBTIQ+-gemeenskap.

Die bevindings in die verslag volg op ’n ondersoek nadat die kommissie ingelig is oor verskeie voorvalle by skole.

Argieffoto bloot ter illustrasie van skoolklere.

‘Riglyne’

Die departement van basiese onderwys het op sy beurt in ’n voorlegging aan die komitee gesê hy en verskeie belanghebbendes is besig om riglyne rakende skooldrag en geslagsidentiteit aan skole op te stel.

Die riglyne moet nog goedgekeur word.

Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, sê dié organisasie is ten gunste van riglyne – “maar nie regulasies” nie – rakende die kwessie van gender-identiteit en skooluniforms.

“Met riglyne lê die besluit steeds op skoolvlak – by die beheerliggaam.”

Deacon meen elke skool se beleid rakende skooluniforms behoort by die skool te berus met behulp van riglyne oor hoe om die gender-kwessie te hanteer.

“Elke kind se omstandighede is anders. Dit wat redelik en doenbaar gaan wees by ’n ryk skool in die Wes-Kaap gaan dalk heeltemal onprakties wees vir ’n arm skool met dieselfde versoek in die Noord-Kaap.

“Skoolgemeenskappe verskil van mekaar. Dit is nie ’n gesprek by elke skool nie. Een gemeenskap gaan gender-kwessies makliker hanteer as ’n ander.

“Ons is gemakliker met riglyne aangesien ’n riglyn nie so rigied soos ’n regulasie is nie. Klere is ’n belangrike deel van identiteit. Maar om skielik alle leerders geslagsneutrale klere te laat dra, is onredelik.”

Deacon sê Fedsas is nie gelukkig met die MRK se verslag nie.

“Hulle het nie gekom met aanbevelings nie, maar eerder opdragte. Die Menseregtekommissie het nie enige bevoegdheid om opdragte te gee nie.

“Hulle het ook nie behoorlik gekonsulteer nie. Hulle verwys vaagweg na hope klagtes, maar dit is nie duidelik wie presies die klaers is nie.

“Die kommissie verstaan ook klaarblyklik nie dat die Mededingingskommissie al jare lank betrokke is by skoolklere nie en dat daar reeds ooreenkomste en prosesse in plek is.

“Dit is ooglopend dat die MRK nie hierdie ding behoorlik aangepak het nie.

“Dit is teleurstellend,” sê Deacon.

(Argieffoto: Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

...M... ·

Maak net skool klere meer bekostigbaar.
En dan kom skole met sport klere, kultuur klere ens ens wat nog ekstra kos.
Dis eintlik die grootste probleem.

Jan Jacobs ·

Die wereld het mal geword, die da en vfplus is ook voorstanders van die bonding.

Janine ·

Ek is so dankbaar my kinders is klaar met skool, maar my arme kleinkinders! Dat hierdie wragtig in elke kind se keel afgeforseer word, is malligheid! Hollywood doen, en almal volg soos skape…

Lukas ·

Ek dink as die ouers nie omgee nie moet hulle maar die gevolge dra van die nuwe One World Order. Sterkte!

Tallies ·

Ek was in ‘n baie gesogde meisiesskool, ek dink ons destydse juffrou draai in haar graf om as sy moet hoor van voorstelle van gekleurde hare, onnetjiese boksterte, sigbare onderklere…

Marous ·

Die riool in die drinkwater , misdaad en skelm staatsamtenare is gruwelike vergrype en hulle karring met skool klere? Spul hopelose goed !

Gerhard ·

Hierdie is absoluut onaanvaarbaar!!! ‘n Seun word ‘n seun gebore en so ook ‘n dogter. Hierdie wakker goed in hulle aan wat andersins dalk nie daar sou wees nie. Ek kan nie glo dat hierdie eens Godvresende land in so goddelose land verander nie. Here, behoed asb ons kinders en kleinkinders van hierdie euwels wat voor ons deur staan.

Boatsie ·

Watse str…..ñt sal die mense nou nog kwytraak om hul bestaan te regverdig
Uniform loop hand aan hand met trots en waardes van ‘n skool.
As jy ook die skool reg bestuur en ‘n klerebank bou, sien ek geen probleem dat die uniekheid van uniforms nie behoue kan bly nie.
As daar die is wat niks voel daarvoor nie of nie die doel daaragter wil raaksien nie, laat hul maar voortploeter, aantrek wat hul wil en laat die seuns maar rokke dra en andersom.

louis ·

Watter bol snot is die? So moeg van die liberale linkses in die gemeenskap

Hans ·

Vrag vars perdemis. Man en vrou en basta met yskaste ens….
Gaan MRK ook aandring op geslaglose God? Is Jesus nou nie meer die Seun van God nie???
Word God die Vader nou geslagloos?

Herman L ·

God het ons man en vrou geskape, met duidelike verskille, voorkoms en dade wat by elkeen pas. Dit is niks anders as laster teen God om mense te dwing om te glo dat ons almal dieselfde is. Diegene wat die Bybel gereeld lees, behoort dit maklik raak te sien. Dit is niks anders as vals profete wat hierdie sonde op almal probeer afdwing en dit is tyd dat christene hierteen opstaan.

KB ·

Die MRK (en die voorstaanders van hierdie onding) breek selftrots en respek by kinders af.
Mooi dink ouers…mooi dink!

Milan ·

Dit is vanweë al hierdie sogenaamde regte van mense dat die wêreld so holderstebolder is. Mense het geen regte, slegs voorregte. Dit is ‘n voorreg om hierdie aarde te bewoon, nie jou reg. Jy ontvang alles slegs uit genade. Waarom tart ons die Skepper so blatant? Seer sekerlik gaan ons die gevolge hiervan dra?

Henker ·

Gender. Vieslike anglisisme. Mense daar bestaan nie so woord soos gender in Afrikaans nie. Geslag ja

Anton ·

Dis al die pedofiel onderwysers en dominees wat kliphard die alfabet skree

Henker ·

Ek was nog in die goeie op dae op skool, kan nie onthou dat hulle onderklere voorskriftelik was nie? Het dit nou intussen verander?

Republikein in die Wes Kaap ·

Almal dra neutrale klere, bo en onder. As jy die oggend soos ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie voel dan trek jy hulle kleertjies aan.

Anel ·

Die wêreld het mal geword! Daar is niks fout met skoolklere nie. Dit help met disipline! ‘n Kind in uniform, netjiese hare lyk sommer opgevoed en gesdisiplineerd! Kyk hoe lyk disipline in die VSA en Europa waar daar nie skoolklere is nie! Chaos! Ek was nog altyd ‘n voorstaander van skoolklere! Nou met hierdie abc lede, wat is volgende? Wegdoen met seuns en meisieskole! Siek man! Ek was ook in ‘n baie bekende meisieskool. Ons is as trotse dames groot gemaak. Tot vandag toe is die meisies daar nog trots op waar hulle is. God het jou ‘n seun of ‘n meisie gemaak! Wil die lot nou sê God het ‘n fout gemaak??? Net soos as ek in ‘n badkamer is en ‘n “man” kom in, hy sal wens hy is weer ‘n man!!! Siek man. Los kinders om kinders te wees! Met al die gemors wat hulle op skool wysgemaak word, is dit geen wonder kinders van 9 raak swanger nie!!!

Sê maar net ·

So gaan daar seuns wees wat nou met rokke skooltoe gaan en meisie met kortbroeke? Liewe genugtig!!! My arme kleinkinders. Waarom word hierdie goed in ons kinders de kele afgeforseer? Die wêreld word al hoe meer goddeloos!!!

Casper ·

Dan kan sigarette en drank ook gewettig word in skole of hoe.Ons Laër en Hoërskool leerlinge vertoon netjies in hulle skoolklere en die sportdrag laat my hemp oop bars van trots.

Porseleintjie ·

Seuns en dogters. Punt. Trek die kinders daarvolgens aan. Enige iets anders kan maar by die ouerhuis gedra word.

Aai ·

Die wereld het nie mal geword clowns ???? nin beheer van ons toekoms.

Marina ·

Genugtig, is daar dan nie meer belangrike aspekte in die onderwys wat aandag moet geniet nie? Tienerswangerskappe, honger “learnas” en die 30% gemiddeld wat dikwels nie eens behaal word nie? Hierdie is net n fase, n nuwe manier van aandag soek (onthou toe almal “goth” wou wees?). Ek woon tans in Amerika, net so n klipgooi van Hollywood af en glo my, die gemiddelde Amerikaner duld niks hiervan nie! Sal binnekort n stille dood sterf.

Keelvol ·

Daar is sleds 2 geslagsgroepe; Jy word een of die ander gebore. Niks anders nie.

Nici ·

Ag nee die Merseregte Kommissie probeer hulself relevant hou deur al die wreedste geestelike ongesteldheid van Amerika en Engeland hier in te voer om kinders so deurmekaar as moontlik te maak in die naam van vryheid en gelykheid.

Andries ·

Dit is alles deel van ‘n linkse aanslag op gevestigde Westerse lewenstyl en denke. Hulle wil hê ons moet dink dat geslag nie meer tel nie en dat daar geen onderskeid tussen geslagte is nie dws almal is dieselfde “neutrale” geslag ongeag fisieke of psigologiese orientering. Jy mag nie meer ‘n man of ‘n vrou wees nie.

Lettie ·

Wil net “stir”. Humeure opblaas. Dit sal ‘n stille dood sterf. Jesus leef en Hy regeer die hele wêreld.

Danie ·

Skool klere hare ensovoorts is deel van n kind se opvoeding en dissipline. Wat sport klere betref stem ek saam dit is onnodige uitgawes. Ek sien by my kleinkinders se skool in Kempton Park as hulle gekies word vir n sport dan moet jy ekstra gelde betaal vir die onderwysers wat die afrigting doen. Dit is net so verkeerd.

Heidi ·

My meisiekind het skool rokke verpes en dit gehaat om te dra. Dit maak haar nie ‘n seunskind nie, sy is net meer gemaklik in ‘n broek en gelukkig vir ons, doen sy nou aanlyn skool by die huis en sy is super gelukkig. Dis waar oor dit gaan op die einde van die dag.

Wendy ·

Ja Louis en Otter ek stem 100% saam hierdi wereld ht te veel liberale – n man is man geskape en n vrou n vrou punt !!!! Net so keelvol v almal wat net saam hardloop en als v soetkoek opeet wat op hul afgedwing wrd .

Waarom ·

Regtig walglik. Kan ek dan ook besluit watse ras ek isvandag. Wit vandag en môre swart. Die wêreld se liberasliste is gek en die silent majority doen niks.

annie ·

Ons regering staan voor in die koor met alles wat verkeerd is; volg alles vreemd en on-Bybels slaafs na. Die ANC sal dit nie glo nie, maar Mandela en sy navolgers sal nie spesiale regte by die Hemepoort ontvang nie en met groot gebrul, gedans en baniere die hekwagte oortuig van die rassisme en onreg wat hul glo aangedoen is en daarom sonder sonde is. Een van die redes wat absoluut wonderlik is, is dat die Vader nie na stories luister nie en Sy Arm nie gedraai kan word nie. Hy is Absoluut Reg en Konstant. Dankie tog!!

Martie Smartie ·

Gaan kyk maar wie slaan die kitaar by die MRK, veral in die Oos Kaap. Dis geen wonder dat woke gemors in skole se kele afgedruk word nie. Uit elke 1000 leerlinge is daar seker 1 wat wonder of hy/sy dit/wat ookal wil wees. Nou word die ander 999 gedwing om na die pype vd woke te dans. Wat ‘n reuse grap.

George ·

@Gerhard, daar is top skole in Gauteng wat meisies verbied om langbroek aan te trek, want meisies moet rokke en sykouse aantrek. Ek steun die 100%.

George ·

Uiteindelik! My dogter het skoolrompe gehaat, en in winter verbied was om langbroek aan te trek. Nee wat, die is 20jaar laat, maar dis n begin.

Martie Smartie ·

Een vd dae gaan die MRK reëls maak dat mans nie in broeke in winkelsentrums mag loop nie en vroue mag nie grimering dra nie. Dat almal soos vaal zombies in goingsakke ronddwaal. Dis mos die eintlike doel. Dan is ons almal reg in die antichris se kraal. Instansies soos die MRK het duidelik ‘n antichristelike agenda. Eintlik probeer hulle onderduims christenskap afbreek en vernietig.

George ·

Dalk moet julle laaities bietjie voorgese word wat hul mag en nie mag aantrek nie.

Louis ·

Kyk maar net na Matt Walsh op Youtube om duidelikheid aangaande geslagsneutraliteit, geslagloosheid te bekom.

AndrewL ·

Die LGBTQI+( endielyswordlanger) gemeenskap is by verre die minderheid. Tog word daar gediskrimineer teenoor die meerderheid wat weet en glo dat God ons geskape het as man en vrou.

Die MRK het geen reg om teen ons te diskrimineer nie. Hul het geen reg om ons geslag/seksualiteit en geloof te misken nie.

Dis tyd dat ons opstaan teen hierdie gemors.

Sêmanet ·

Maak alle Laerskole se klere dieselfde, seuns grys broekies met wit hemde, en dogters grys coulotte en wit hempies. Hoërskole kan dalk ook bv. swart broeke (seuns) en wit hemde dra, en dogters swart coulotte met wit hemde. Hulle kan die verskillende skole se wapens los verkoop, sodat ouers net wapens hoef te ruil. Na skool kan kinders aantrek wat hul wil. Eenvormigheid van klere sal ouers ook nie ‘n nier kos nie. Dis mos meer bekostigbaar. Kinders sal nooit dissipline leer as hulle sulke vrye teuels gegee word nie.

Sêmanet ·

Nog ‘n ding: het hulle gedink aan die gevolge hiervan.? Boeliery gaan seevier, en meer selfmoord onder skoolkinders. Want hulle gaan gespot word, wat die gevolg gaan hê dat meer kinders ongelukkig en depressief gaan wees. Hulle privaatlewe en seksualiteit het niks te doen met onderrig nie. Dit moet bly wat dit is, PRIVAAT.

Freda ·

Sal die seuns wat nou nie meer seuns wil wees nie nou skoolrokke dra?

Mari ·

Hierdie alles word van buite die land af beheer en afgedwing. Ter voorbereiding van die Een Wêreld Orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.