MRK beslis Malema-uitsprake nié haatspraak

Julius Malema is berug vir sy omstrede uitsprake. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Kommerwekkend, maar nié haatspraak nie. Só het die Menseregtekommissie (MRK) bevind oor verskeie omstrede uitsprake van die EFF-leier, Julius Malema.

Die MRK het gesê hy het sedert 2016 vyf klagte teen Malema en die EFF ontvang. Die kommissie sê hoewel Malema nie ʼn oortreding begaan het nie, is hy steeds bekommerd oor die politikus se uitsprake.

Die klagte by die MRK het ingesluit Malema se uitlating dat die EFF “nie vir die slagting van wit mense vra nie, ten minste nie nou al nie”. Malema het dié gewraakte woorde in November 2016 buite die Newcastle-landdroshof kwytgeraak kort nadat hy in die hof verskyn het.

Die MRK het bevind hoewel die woorde kwetsend kan wees, moet dit binne konteks beskou word. Die kommissie sê Malema het gesê wit mense sal nie onder sy leierskap doodgemaak word nie.

Die kommissie het ook bevind ʼn twiet deur EFF-LP Godrich Gardee, waarin hy na DA-leier Mmusi Maimane as ʼn “garden boy” verwys, was beledigend maar nie haatspraak nie. Die kommissie sê die opmerking is gemaak binne die konteks van ʼn ras- en geskiedkundige agtergrond.

Voorsitter Bongani Majola sê hoewel iemand aanstoot kan neem deur ʼn spesifieke uitlating, dit nie die stelling outomaties haatspraak maak nie.

Die MRK sê hy doen sy werk sonder vrees of vooroordeel en maak sy bevindings ingevolge wetgewing. Diegene wat ontevrede met die bevindings is, kan dit in ʼn hof laat hersien.

Die MRK se uitvoerende hoof, Tseliso Thipanyane, sê ook hoewel die uitsprake nie haatspraak is nie, Suid-Afrikaners hulle moet gedra in ʼn kultuur wat van menseregte getuig.

VF Plus-voorsitter Anton Alberts het die party se teleurstelling in die bevinding te kenne gegee. Hy sê die party gaan die uitspraak bestudeer en dan op ʼn moontlike appèl besluit.

“Die MRK is oor jare al besig om met selektiewe optrede en besluitneming oor haatspraak sy eie geloofwaardigheid te ondermyn. Wanneer mense soos Malema of Andile Mngxitama, leier van die BLF, onaanvaarbare uitsprake maak, sal die MRK oënskynlik eers optree ná groot druk van die publiek en ʼn party soos die VF Plus wat amptelike klagte indien,” sê Alberts.

“Die kwessie van ras is gevoelig en verdelend soos die MRK self vandag erken het, en dié liggaam moet daarom verantwoordelikheid neem vir die rassistiese uitsprake, haatspraak en opsweping tot geweld van persone soos Malema en Mngxitama weens jare lange versuim om op te tree.”

Alberts sê bevindings soos dié sterk mense in hulle kwaad om rasseverdeling te skep.

Die EFF het op sy beurt die bevinding verwelkom. Woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi sê diegene wat die klagte teen Malema ingedien het, wil geldige kritiek onderdruk wat die samelewing moet help om sy probleme te oorkom. “Diegene wat die debat oor grondonteiening wil stopsit, wil ook die stemme stilmaak van diegene wat krities is oor wit bevoorregting. Hulle wil ook die debat stopsit oor die mishandeling van Afrikamense deur Indiese base,” lui ʼn verklaring van die EFF.

Ndlozi sê ongeregtighede moet daadwerklik reggestel word, eerder as om te kla oor haatspraak wat nie bestaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Irma ·

So sorg die boeties vir mekaar. Dit wil regtig lyk of begrip, redenasie en eerlikheid in sommige kringe ‘n skaars vermoë of kwaliteit is. Kyk rond broeders, hoe lyk die samelewing vir julle. Julle dra net verder by tot verdeeldheid en as ek dit mag kwytraak, ‘n mislukte staat.

Frits ·

Ordentlikheid is by die agterdeur uit. Mens kan nou die uitsprake maak deur net die ras te verander

Lerato ·

Menseregte vir watter mense?
Wie klasifiseer MRK as mense?
Het MRK regtig bestaansreg?

Judge Dredd ·

MRK se eie rassisme onderrok hang uit.

Ek het dit voorheen gese en ek sal dit weer se.

Wittes is te beskaafd – Daar sal eers na rassime teen wit mense gekyk word as wittes betoog deur in die strate rond te spring en geboue af te brand.

Keelvol ·

Ek voel ook so.
Ons sit al te lank stil en kyk. Sal nie weet hoe om te betoog nie.
Wonder of die polisie dan ook net die situasie gaan monitor?

Henry ·

Het enige iemand ‘n ander uitspraak verwag? Die MRK is ‘n eenogige, tandelose en impotente instansie wat myns insiens hulle deure gerus kan toemaak. Wat ‘n grap!

Ekke ·

Nee Henry ek het nie want hy kan moord pleeg dans hy ook nie n moordenaar nie

bea ·

Wat n grap!!!wie gaan nog die goed se part vat?? vlieg julle almal hel toe!!

GM ·

Nou hoe is die woord wat Vicky Momberg gebruik het dan haatspraak? Dit is mos ook net ‘n woord, soos wat ‘garden boy’ ook net woorde is?

En Malema het nie gesê witmense sal nie geslag word onder sy leierskap nie, hy het gesê ‘nog nie’, wat beteken dit gaan in die toekoms gebeur. Die MRK moet hul skoolgelde gaan terugvra.

Se maar net ·

Onthou die bietjie wat hulle leer kry hulle verniet so hulle kan niks terugvra, dit wat hulle kan terugvra het ook geen geldwaarde, om en by std 4 in ou dae

Asjas ·

Steve se Tweet destyds was ook nie rasisties nie en kyk waar sit ons nou?
Ek kan nie wag vir MTN, Spur, Toyota, Huisgenoot, Netwerk 24, Discovery ens. se volgende “proud sponsors of …” dan moet alle Afrikaners ELKE rasistiese opmerking al ooit gemaak in hul gesigte gooi en vra dat hul borge ontrek. Kan nie wag vir hul nuusverklarings nie, president is nou klaar geskep, ne?

Manie van Worcester ·

Jy kan probeer ja maar gaan nerens kom nie, die hele klug werk net swart teen wit, nie andersom nie.

CJ ·

Die MRK werk op interpretasie. M.a.w. die uitspraak van enige saak sal bepaal word deur wie op die komissie dien. Klink vir my altevol subjektief.

Piet Brand ·

Ek het my nog nooit aan die MRK gesteur nie. Dit is ‘n rookskerm organisasie.

jakes ·

Ag Majola is so belaglik soos die uitsprake wat Malema maak. Natuurlik sal die MRK Malema se uitsprake nie as haatspraak beskou nie want die meerderheid mense wat dien op die MRK is swart. Wie het dan nou anders verwag?

Dries ·

Wil jy nou meer?!?! Die MRK het nou die laaste bietjie kredietwaardigheid verloor.

Neels ·

Al wat mens hier uit leer is dat hierdie sogenaamde menseregte komissie bevooroordeeld is teen oor wittes. Dit is nou al soveel keer oor en oor bewys . Dit is nie eers die moeite werd om enige klag by hulle te ke ad jy blank is nie .

fred ·

…en die “motivering” moes dan deur n blanke vrou gedoen word….?hulle het seker gedenk dit gee meer kredietwaardigheid….

Anoniem ·

Hits blatante haat tussen nasies aan ek is en bly trots afrikaans en wit tot die dag van my afsterwe!!!!!!!! Jipppeee hoera dankie ek is n witmens

waarheid ·

Wel dan moet ons die Britte dagvaar oor die konsentrasiekampe is S A want ons oupagrootjies en andere het hulle vermoor. Hulle was nooit gestraf nie en ons het die nie vergeet – en sal ook nooit nie.
Dink die lesers ek is reg? – Sou graag wou hoor. Dit behoort die Britte te laat dink en dalk die MRK ook!

Dries du Toit ·

ONS S.A. bestaan nie meer nie. HUL S.A. is die een waar ons valse hoop op het

KrokodilBotha ·

MRK hahaha. Kyk wie is die mense aan hoof daar. Voorheen ook gevalle in my dorp waar hulle liewers die kroeks se bail reel, voel niks vir die slagoffers. Ne Mnr Nissen.

Hennie ·

Baie geluk aan die EFF met die uitslag van die MRK . Dit my vriende is boetie vir bandjies, dit is hoe hulle stemme wil wen voor die verkiesing . Die MRK glo hulle is reg maar hulle het nie n benul van wat hulle nou eindelik moet doen nie. Nou kan ons ook se dat daar sal n slagting wees van mense maar nie nou nie . Kom ons hou die situasie dop vir later. Net aan die EFF en sy vriende staak dan die moorde van mense op plase roof en moord dit is nou, nie vir later nie , want later kan die mense dalk net seerkry .

Asmain ·

Die MRK kan nie bekostig om teen Malema te beslis nie, dit sal tot anargie lei, baie makliker om die witmense “te na te kom”, weet hulle is nie tot anargie in staat nie.

BlinkStephaans ·

Ag maar dis te oulik….maar sien as hulle gesê het hy is skuldig kan hy nie aan die verkiesing deelneem… en dit kan mos nou nie gebeur want dan brand alles weer. So ons sê maar hy is onskuldig en dan vat Afriforum ons hof toe en dan besluit die hof ons was dalk verkeerd maar dan is die verkiesing darem reeds verby en ons het die land n guns gedoen want julius en sy people het een minder rede gehad om iets af te breek.

Adam ·

Die MRK bewys keer op keer dat dit geeen bestaansreg het nie. Hul uitsprake is meestal deurspek van foute, bykans sonder enige regsbasis en soms gewoon idioties.

Marietjie Blignaut ·

DA het nog GEEN kommentaar gelewer. Wonder maar net of hul bang is EFF onttrek uit hul koalisie? Erg as jy alles vir almal wil wees en eintlik dan niks vir niemand is. Sal nooit werk…

HENNIE ·

ONS HET DIT VERWAG . absoluut GEEN verrassing . die HRC is bevooroordeeld en GLAD nie onpartydig nie . hulle vat ALTYD die meerderheid se part .. Vicky is tronk toe .. Penny is beboet maar die Tuks student moes net om verskoning vra. DAAR IS GEEN JUSTICE vir blankes in SA nie . nie eers meer by die MENSREGTEKOMMISSIE nie .. hulle is net so rassisties.

AAN die HRC ·

en as ek na Mmusi of MALEMA as ‘n GARDEN BOY verwys .. sal ek ook loskom?

Garden boy ·

nou hoe is GARDEN BOY geldige kritiek en wat het dit met GRONDONTEIENING te doen wat ons wil STILMAAK???

Jan ·

Ek kry die gevoel dat Mr Ashwin Willemse se hangende saak by die MRK dus ook gaan slaag as ek so na die MRK kriteria kyk.
Sterkte Nick Mallet, Naas Botha en SuperSport.

ZET ·

Maar die witmens sal hulle bly volstop! Met elke plakkerskamp wat brand, met elke vloed
en ramp sal die wittes bly gee. Hou die aan die lewe wat jou glad nie goedgesind is. Hou op gee en gee en gee!

Paul van Zyl ·

Ek dink die MRK implimenteer nepotisme! “Ons kyk na mekaar”

So dit is net so tipies vals soos die res van die politiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.