MRK besoek Mamelodi-hospitaal ná skokvideo

Martha Marais (76). (Foto: Facebook)

Die Menseregtekommissie (MRK) sal die Mamelodi-hospitaal in Pretoria Dinsdag besoek na aanleiding van ʼn voorval waar ʼn 76-jarige oumagrootjie in dié hospitaal met haar hande agter haar rug onder ʼn stoel in ʼn hospitaalgang vasgebind is.

ʼn Video van die bejaarde Martha Marais wat vasgebind op die vloer lê terwyl haar woedende familielede hospitaalpersoneel soebat om haar te bevry, het ʼn herrie veroorsaak.

Vier personeellede, twee dokters, ʼn veiligheidswag en ʼn verpleegkundige, is ná die voorval op verlof geplaas terwyl die ondersoek na Marais se behandeling by die hospitaal gedoen word.

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Bandile Masuku, het Marais ook verlede week by haar huis in Eersterust besoek nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.

Die MRK het vroeër onderneem om Marais se familie in ʼn siviele saak te verteenwoordig nadat hulle verlede week ʼn kriminele klag teen die hospitaal aanhangig gemaak het.

Buang Jones, Gautengse bestuurder van die MRK, het gesê die besoek aan die Mamelodi-hospitaal vorm deel van sy ondersoek na die gesondheidsorgstelsel in die provinsie.

Môre se oorsigbesoek sal onder meer fokus op kwessies soos die gehalte van en toegang tot gesondheidsorg vir weerlose groepe, menslike hulpbronne en die stand van infrastruktuur en toerusting by die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dries du Toit ·

Ek sal graag wil weet wat is die rede wat aangevoer was ,waarom het hulle haar vasgemaak.

Santie ·

Daar is nog duisende ander rillerstories oor staatshospitale. Verpleegpersoneel is oorwerk, het nie ‘n passie vir hul pasiente nie, onnet en so word kiemer versprei, Jy sien hul gedurig op hul selfone en waar wil jou nou meer kieme kry as op ‘n selfoon? Verder word daar gedurig gesing en gebid terwyl die klokkies rooi gelui word vir aandag. As die Regering so graag werk wil skep, is daar baie maniere. Onder andere om baie meer verpleesters aan te stel, (wittes en bruines ook), asook om dorpe skoon te hou en vullis te verwyder.

bambi ·

Maak sommer n draai by PCH hospitaal waar daar nie eers behoorlike medikasie en protestese is vir kniegvervangings nie!! As jy gelukkig is kry jy panados en Ibobrufens; wel dis die standaard voorskrif vir alle siektes.

Juanita ·

Die hospitaal asook vele andere moet moet “undercover” besoek word. Almal sal mos more op hu; “best behaviour” wees…

Moeg misbruik ·

Kan gerus daai hospitaal in n werkers oorpak 12 uur in die nag besoek en kyk wat se diens hy kry. Oooooo MRK jy is in vir n ding as jy waag om 12 uur in die nag daar aan te kom. Verpleeg personeel maak beddens. Sommer van 8 uur af. Jy gaan lekker gevloek word. En se sommer jy is al n week siek. Ooooooo jy gaan sommer vir nog 3 dae wag voor jy gehelp word. Of ook onder n stoel beland.

Lee ·

vir wat sê die MRK dat hulle more soontoe gaan?? Nou gaan hulle sorg dat alles 100% is en hulle op hulle “best behaviour” more is. Lekker dom, so glo my hulle gaan niks verkeerd kry more nie….

hendrik ·

Dit is nie reg wat aan hierdie vrou gedoen is nie maar waarom kry hierdie storie baie meer nuusdekking in die nuusmedia as n plaasmoord.

CHAPPIES ·

WONDER…ék nou presies OOK, Hendrik!!
Wat ñ belaglike land!!
Die BROODMANDTJIES van dié land is grusame moorde is blykbaar MINDER van belang,as oumatjie se ongerief

De Villiers ·

Hoekom doen die MRK nie dieselfde met die bejaarde vrou wat vroeër die maand in ‘n tehuis in Bloemfontein omgestamp is deur ‘n werker, en haar hand ernstig beseer het en boonop ‘n beroerte gekry het nie. Dit het in dieselfde tyd gebeur as hierdie storie, en net soveel opslae in die media gehad. Dubbele standaarde. Albei gevalle behoort dieselfde aandag te geniet.

Gaitsigubib ·

Ek wil weet wanneer besoek die MRK die tehuis waar die ou tannie aangerand is en nou a.g.v die “stamp” aan n bed gekluister is, tien teen een vir wat oor is van haar lewe (vorige berig). Ek kan in eerlikheid se dat my broer wat met varke boer, het meer respek vir sy diere en is meer besorg oor hul welstand as sommige mense teenoor bejaardes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.