MRK eis R150 000 van man wat land van wit mense wil ‘reinig’

Velaphi Khumalo. Foto: Via Facebook

Velaphi Khumalo, ʼn werknemer van die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, is Maandag en Dinsdag deur die menseregtekommissie (MRK) voor die gelykheidshof gedaag vir haatspraak.

Khumalo het na bewering in Januarie 2016 in reaksie op die Penny Sparrow-debakel op sy Facebook-blad gesê dat hy “die land van wit mense wil reinig” en dat daar teen wit mense opgetree moet word soos Adolf Hitler teen die Jode gemaak het. Hy het in ’n tweede inskrywing op Facebook gesê wit mense in Suid-Afrika verdien om soos Jode opgekap en doodgemaak te word.

Die verhoor is in ʼn sitting in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangehoor.

Buang Jones, provinsiale bestuurder van die MRK, het Woensdag aan Maroela Media gesê albei partye se betoë is gelewer en dat die regter sy uitspraak voorbehou het.

Jones het gesê die kommissie het aangevoer dat Khumalo se uitlatings op haatspraak neerkom en hy dus gedwing moet word om ʼn onvoorwaardelike openbare verskoning aan alle Suid-Afrikaners te maak en om skadevergoeding van minstens R150 000 te betaal wat aan ʼn instansie geskenk sal word wat versoening en sosiale samewerking bevorder.

Die MRK versoek ook dat Khumalo verbied moet word om in die toekoms soortgelyke aanmerkings op openbare platforms te maak. Die MRK wil verder die direkteur van openbare vervolging versoek om Khumalo strafregtelik te laat vervolg.

“Ons kan nie met sekerheid sê wanneer die regter se uitspraak verwag kan word nie. Dit kan tussen drie tot ses maande neem. Dit is ʼn ingewikkelde saak wat verreikende gevolge kan hê,” het Jones gesê.

Die ANC het Khumalo reeds in 2016 voor die gelykheidshof gedaag vir haatspraak en onbillike diskriminasie. Khumalo is gevolglik ʼn boete van R30 000 opgelê en moes gemeenskapsdiens verrig. Die MRK het egter gevoel dié straf is nie swaar genoeg nie, waarna die kommissie Khumalo voor die gelykheidshof gedaag het.

Khumalo se verdediging is van mening hy is reeds vir sy optrede beboet en dat die saak laat vaar moet word.

Jones het gesê Khumalo werk nog vir die departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, en dat hy ná ʼn interne ondersoek oor die aangeleentheid deur die departement ʼn finale geskrewe waarskuwing ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Jacqui ·

Uhm, nee…. Nie goed genoeg. Vicky Momberg is vir minder agter tralies gestop. Sy uitlating is veel erger.

Tronk toe met jou!!!

Mrs H ·

Werk nogal vir Gauteng departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning! Duidelik sien ons wat hulle beoefen vir sport, kuns, kultuur en ontspanning….plaasmoorde, transito rowe en korrupsie!

DTV ·

Kan ons nie as witmense hom ook dagvaar nie. Hy het van alle witmense gepraat en bedreig. Ek dink van nou af moet ons witmense saam staan en elke witmens in SA moet sulke mense soos hy met hul dreigemente dagvaar.

Gert ·

Ek stem saam. Dis baie duidelik dat wetstoepassing nie konsekwent is wanneer dit kom by rasaangeleenthede nie. Vicky het in teendeel opgetree uit skok waar hierdie persoon sy tyd gevat het om ‘n doelbewuste aanval te loods teen die Blanke Afrikaner. Die media maak ook nie die selfde van die saak as wat hul gemaak het van Vicky nie, maar dit is veel erger. Wys maar net dat die media ook nie staan vir wat waar is nie, maar vir dit wat meer sensasie kan veroorsaak. Net my gedagte, moet my die aanhaal nie!

Rupert Ashford ·

As hierdie sake ewehandig hanteer word, moet hy tronkstraf kry. Die presedent is geskep.

TDW ·

Rupert, dis presies so. Opinie is nie veronderstel om ‘n misdaad te wees nie, maar aangesien hulle dit so gemaak het, verdien so ‘n inskrywing definitief tronkstraf.

Magda ·

Ek stem – kan ons nie ‘n klasaksie begin nie? Wie is regsgeleerdes hier wat ons kan help met so iets?

Tanzie ·

Ja nee, ons land stop mense in die tronk wat aangekla word van die “so called K-word” maar dit is reg om links en regs te verkondig dat wit mense geslag moet word.

TDW ·

Ek wil sê dat hierdie tronkstraf verdien, maar eintlik is haatspraak net ‘n opinie, en enige vorm van opinie is nie veronderstel om ‘n misdaad te wees nie tensy dit na geweld lei, dan kan dit as kriminele optrede geklassifiseer word. Hierdie persoon werk egter in die regering en is nie net enige jan-rap en sy maat nie(soos ‘n penny of ‘n vicky nie).

Jordaan ·

Kan argumenteer dit lei wel tot geweld – sien net Ernst Roets se boek oor plaasmoorde. Die klimaat daarvoor word deur die regering geskep of ten minste bevorder of gekondoneer, dus kan mens myns insiens nie dit afmaak as net ‘n opinie nie.

Verstom ·

Vicky Momberg is tronk toe vir ‘n oortredingvan nie NAASTENBY die omvang van hierdie oortreding nie. Haar saak is ook spoedig afgehandel. Khomalo se saak sloer al meer as 2 jaar! Oor sy straf word ge-oe en ge-aa! Sluit hom toe!!

Pieter ·

Die uitwerk van hoe dubbele standaarde uitwerk maak die saak baie ingewikkeld! Soek ‘n beter verskoning vir die tyd wat nodig is.

piet ·

wat van vicky, maak ook n voorbeeld van him 3 jaar tronkstraf nee wag dit is moord dreiggemente 6 jaar

Boerseun ·

Nee, sy moord-dreigemente moet lei tot 30 jaar tronkstraf, anders is daar geen reg wat geskied nie!

Unfair ·

Hoekom gaan hy nie TRONK toe nie? Hoekom is ‘n BOETE nou goed genoeg? Ek verstaan nie .. Vicky het die K woord ‘n hele paar keer gese . (ja dit was verkeerd) maar sy is TRONKTOE gestuur en ‘n boete gegee en hierdie man kan net ‘n BOETE betaal??? EN hoekom het hy nog sy werk? Wittes word oor ‘n GRAP op FB of whatsapp afgedank???
WE ARE DOOMED!!

Pieter ·

Ander mense met rassisties uitsprake is onmiddelik afgedak.Die ou kry nog salaris en wag vir n tugverhoor wat hulle gaan sloer tot in ewigheid.Hy gaan aan n boete kry,en n pos in parlement.Lagwekkend!!!!

Netso ·

Momberg was nie eers so ñ hoë boom soos die uwe staats kolega met sy dik beursie nie! Daars nou die beste beskrywing van HAATSPRAAK laat jy vir jou kry!

Penellope Jones ·

Plus gevangenisstraf asb. Hy Kan nie SO lig hiervan af wegkom nie!

Lee ·

Hoekom kry hy nie tronkstraf soos Momberg nie. Seker omdat hy nie wit is nie. Ons land moet besluit wat geld vir wie. SWAK!!!! Die howe het dubbele standaarde!!!

Anoniem ·

Dit sal meer regverdig wees indien hy tronkstraf opgele word.

Maria ·

Is die opkap van witmense dan nie n poging tot moord of die beplanning daarvan nie.Sluit hom toe.Hy dink hy is onaantasbaar as hy in een of ander hoë pos is.As n wit persoon tronk toe moet gaan oor n woord MOET hy op dieselfde manier gestraf word.En wie betaal sy salaris-ons gewone burgers want as ons nie sport ondersteun nie is daar nie geld nie.

Hannelie ·

Ja Maria, dit is poging tot moord en haatspraak in die ergste graad. Ek is moeg vir die gedurige “aanvalle” van rassisme op blankes. Ek hoop hy sit eerder in die tronk, hul moet sy selfoon afvat, hy moet met geen netwerk in verbinding kan tree nie. Want nou moet hy vir die snert wat hy kwytraak oor wittes maar net R150 000 betaal, dit is belaglik!

Paul ·

Ja, en hoor hier, sy verdediging het aangevoor dis nie haatspraak nie maar wel politieke “oordrywinge”! Kan jy dit glo.

honourable member ·

Sluit hom toe soos ander mense ook toegesluit word. Hy kan nie net so maklik wegkom nie.

Mrs H ·

Die ou mediteer vooraf op volksmoord, terwyl hy vir Gauteng kuns, kultuur, ontspanning werk… En hy kry n ligte tikkie oor die vingertjies?!

Nettie ·

“Die regter het sy uitspraak voorbehou” ……….. En so sal die ou sakie in stadige, stille dood sterwe en sal geen haan weer daarná kraai en daar dadels van kom ……..

EN INDIEN (let wel INDIEN) daar wel uitspraak ten gunste van die blanke Suid-Afrikaner gelewer word, behoort hierdie geld te gaan aan Afriforum, die enigste organisasie wat blanke lewensregte in Suid-Afrika bevorder.

O ja, so ‘n laaste opmerkinkie – dié Velaphi-karakter het duidelik Geskiedenis op skool gedruip (of dalk glad nie gehad as vak nie) want die Jode is NIE OPGEKAP tydens die Holocaust nie: hulle is aangekeer, in hul duisende na interneringskampe aangejaag en IN GASKAMERS of as DEEL VAN MEDIESE EKSPERIMENTE (veral in Thérèsienstadt) gemartel en doodgemaak.

As jy oor iets wil kommenteer of dit wil aanhaal, moet jy immers weet waaroor jy kommenteer of aanhaal …….. #egg-on-the-face!!!

Alida ·

Dit is beslis nie goedgenoeg nie …..hoe weet ons in elkgeval of hy dan werklik die boete gaan betaal…..ANC bekend vir hul dubbelstandaarde as dit by rassekwessies kom!!

Magrietha ·

Miskien moet daar na die regters gekyk word wat strawwe uitdeel @ wit en swart,
kan nogal `n verskil maak. Is daar nie ook haat betrokke nie.

Lou ·

Die ironie van die ou se uitlatings maak my wonder oor sy intelligensie.
Hy beskuldig alle witmense van rassisme maar maak dan uitlatings wat 100% rassisties is. Hoe werk sy logika?

Anoniem ·

Hy moet of tronk toe… Of Vicky Momberg moet vrygelaat word!

Theresa ·

“‘n Instansie soos Afriforum moet aandring op bewys van hierdie betaling. Die man kom weg met baie! Dalk moet hy ook vir 3 jaar gemeenskapdiens doen in ‘n wit plakkerskamp.

Jordaan ·

Seker met ‘n sagte lening van VBS Bank soos iemand anders se skuld!

Asmain ·

3-6 maande om uitspraak te lewer….dis n ingewikkelde saak….REGTIG????? Dink eerder dis n geval van kom ons kyk as ons dit vertraag of verdwyn die hele onaangename sage nie dalk…

Alta ·

Wat my pla is dat sy saak alreeds meer as 2 jaar sloer… Uitstel op uitstel. Vicky Momberg se saak is spoedig afgehandel. Hierdie man het welwetend ‘n gruwelike stelling gemaak – hy was deeglik bewus van wat hy kwytgeraak het! SIES.

Gee hom ‘n stewige boete EN stuur hom tronk toe. Ek is siek en sat vir ons regstelsel se dubbel-standaarde.

Anne-Marie ·

Stem saam jou Jacqui. As Vicky moet sit moet hy ook anders moet vicky vrygelaat word

In die Kas of uit die Kas ·

Mens noem dit REALISTIES, nie negatief nie.

David ·

Kom ons hoor eers wat se die regter.

As dit enigeiets anders as tronkstraf is, sal daar ‘n haan kraai – ons sal dit van die dakke af uit basuin, vir die hele wereld om te hoor, en aandring op sanksies vir die onderdrukking van minderhede.

jaco kruger ·

The Justice system is baised & racist. Even white judges are too afraid to act on black-on-white racism.

Peanut ·

Tronk toe met pappie. Niks minder sal aanvaarbaar wees nie.

Ben ·

Tronk toe en hy moet ontslaan word uit die departement. Hulle is daar om vir ons almal te dien. Daars nie plek vir werknemers wat besig hou met haatspraak nie.

Chrisjan ·

Nou het ons almal lekker ons eiertjies gelê en ons voel beter … en môre is daar weer n nuwe saak, en weereens lê ons ons eiertjies … en so ploeter ons voort tot satwordens toe. Hoekom? Want ons is gemaksugtig. Ons sal n instansie soos Afriforum (of wie ookal) finansieel steun (of nie!), maar moenie van my verwag om meer as dit te doen nie. O, nee – dis nie vir my nie, dankie. Om byvoorbeeld buite die hof te gaan plakkate rondswaai is nie deel van ons kultuur nie, maar blykbaar is dit een metode wat in hierdie land resultate lewer – of so wil dit vir my voorkom. Nou-ja, mede landsgenote, hoe gaan ons ons samehorigheid begin uitleef in hierdie land wat ons duidelik nie meer hier wil hê nie.

Antiestabliesment ·

Chrisjan

Ek is in stemming met jou. Totaal-en-al passief is hierdie ou blanke volke, behalwe vir die klomp by Afriforum/Solidariteit. Dus, wanneer daar eendag uitspraak is oor hierdie saak en dit is nie soos ons dit wil he nie, dan sal ek en jy gaan plakate swaai voor die hof.

Stephen Namibia ·

Kom Afriforum.
Laat ons sien wat maak julle met hierdie een!

Die Verlore Skaap ·

Hy het witmense as n ras direk gedreig met die dood.
Dit is dus n kriminele oortreding.

Melanie ·

Wat geld vir een geld vir ander,ongelukkig word blankes swaarder gestraf.Geen balans word gehandhaaf wanneer hulle dinge uiter.

Jaco Olckers ·

Ons weet wat gaan gebeer. Hy gaan wegkom. Sy naam word nie eers deur die ander media genoem nie. Dis asof dit nie gebeer het nie. As hy nie tronk toe gaan nie weet ons wat die hof van die wit man dink.

Staansaam ·

Kom ons gaan in massas na die hof toe wanneer die saak aangehoor word.

CHRISTO ·

Ons wil hom en Mallema in die tronk hê.
Wat vir een geld,geld vir almal.

Theresa ·

Haatspraak.
Moord advertensie en verkondiging en aanmoediging.
Rassisties.
Is die wapen in sy “pose” foto wettig op sy naam?
Behou steeds sy werk terwyl ander summier afgedank word en nie eers moord aangemoedig het nie?
Nee wat. Wat het van geregtigheid geword – LAAT VICKY VRY – sy het nie moord verkondig nie!!!!!!!!!

Potties ·

Mense daai man is n hero hy gaan niks oor kom nie hoor wat ek se …..

Frikkie ·

” instansie wat versoeninge en sosiale samewerking bevorder”
Frikkie hou van die’ idee, baaaaaie!
Ons het so iets nodig! n’ Neutrale plek en tyd waarin alle rasse kan saam “kuier” en van mekaar kan leer wat die verskille in kulture en verwysingsraamwerke eintlik is en dat onregverdige verwagtinge en vooropgestelde wanpersepsies uitgeklaar kan word. Ek glo dit sal aanvanklik ontaard in rusies maar dis die punt; n’ oomblik waarin jy kan ontlaai sonder oordeel, sodat die ander kan begin begrip hê vir jou ergenisse. Hoe meer gereeld dit kan plaas vind, hoe makliker sal versoening en verdraagsaamheid kan plaas vind want dit MOET gedoen word met die doelwit van versoening of ten MINSTE verdraagsaamheid…

Johan ·

Hmm – hy het nie sy werk verloor nie, al het hy dreigemente gemaak. Die Indier-dame wat die k-woord geteks het, verloor haar werk?????????? Ons land is siek van dubbele standaarde.

Die saak is glad nie so ingewikkeld soos wat Jones wil voorgee nie. Al wat dit dalk ingewikkeld maak is die vorige strawwe wat uitgedeel is (Penny Sparrow, Vicky Momberg) en nou sit die hof met ‘n probleem. Die regstelsel se integriteit is op die spel maar nou ewe skielik moet ‘n swartman gestraf word. Ja, miskien is dit ingewikkeld.

Jaco ·

Ja, die swart man word weer beskerm.
Hy moet ook trunk toe gaan, waar is die geregtigheid??

Ryan ·

Hy is “suspended with full pay”. Hy is eerder beloon as jy my vra.

Tammy ·

Kry Gerrie Nel vir hom…hy sal verseker n pakslae kry!!! R150 000 boete plus 6 jaar tronkstraf vir aanhitsing tot moord!!!

kas ·

Hy wil “all white people unfriend.”Ek sal verseker nie met hom geassosieer wil word nie en ook nie met hom wil kommunikeer nie.Ek hoop sy”white friends” weet nou wat hy van hulle dink en in sy gemoed aangaan.

jakes ·

Hoekom het die regter uitspraak voorbehou en vir watter rede is dit n “ingewikkelde saak”? Bog man, hoe moeilik kan dit wees om die man skuldig te vind vir wat hy gese het? Niks anders as dubbulle standaarde. Sy werkgewer moes hom lankal afgedank het. Niks anders as n sirkus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.