MRK gaan SAL se kadetprogram ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Die Mensregtekommissie (MRK) gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se omstrede kadetprogram ondersoek, het die vakbond Solidariteit Dinsdag bekendgemaak. Solidariteit het die ondersoek aangevra nadat die lugredery geen wit manlike kandidate in sy kadetprogram opgeneem het nie.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die vakbond het die MRK gevra om die saak namens tien wit mans, wat vir die kadetprogram aansoek gedoen het maar weens hul velkleur nie suksesvol was nie, te ondersoek. “Hierdie tien kandidate se reg op gelykheid, waardigheid en vryheid van handel en professie is deur die SAL geskend aangesien hulle aansoeke oorweeg sou word as dit nie vir hul ras was nie. Die kadetprogram se toelatingsvereistes kom op onblikke diskriminasie teen wit mans neer en is niks minder as ʼn kwotastelsel nie. Solidariteit se versoek is dat die SAL beveel moet word om die diskriminerende praktyke te stop en die kadetprogram vir mense van alle ras- en geslagsgroepe oop te stel. Sou daar bevind word dat die tien kandidate in die kadetprogram opgeneem sou word as dit nie vir hul ras was nie, moet die SAL die nodige stappe neem om die saak reg te stel en die kandidate in die program opneem.”

Solidariteit wil deur sy veldtog 51 762 petisies teen ‘ras-tellende’ aksie insamel – genoeg om al Loftus Versfeld se sitplekke vol te maak en die eindfluitjie vir rasgebaseerde regstellende aksie te blaas. Dit kom nadat die vakbond se versoek om ʼn parlementere debat oor regstellende aksie as ʼn gier en ʼn gril afgemaak is. “Stone Sizani, ANC-hoofsweep, het by monde van sy woordvoerder, Moloto Mothapo, gesê die parlement debatteer nie kwessies volgens die grille en giere van drukgroepe nie. Ons wil nou 51 762 petisies van die publiek af kry om die ANC te wys dat die behoefte aan ʼn parlementere debat oor die huidige toepassing van regstellende aksie nie net ʼn gier en ʼn gril is nie. Ons sal die petisies aan die parlement oorhandig en weer versoek dat ʼn parlementere debat oor die kwessie plaasvind.”

Solidariteit moedig die publiek aan om voort te gaan om die veldtog teen ‘ras-tellende’ aksie te ondersteun deur www.stopkwotas.co.za te besoek en ʼn petisie in te vul, of deur die woorde “Stop Ras” na 34388 te stuur. ʼn SMS kos R2 en elke SMS sal ook as ’n petisie getel word.

Lees ook:
Solidariteit stuit rassediskriminasie by SAL
Solidariteit verteenwoordig nóg kandidate in SAL-saak
Solidariteit vra Menseregtekommissie om in te gryp in SAL-saak
DA, FW de Klerk Stigting bekommerd oor SAL-kadetprogram
Regstappe oor SAL se uitlating van wit mans vir kadetprogram
Geen wit mans in SAL-kadetprogram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Neewat. Hulle sal hul punte aanpas soos dit hulle pas. Met SAL sal dit gaan soos met ons Lugmag. 12 Grippens oor met 6 Vlieeniers wat nog met hul vliegure kwalifiseer.

Jasper ·

Vas Vat jy sal moet. Mens is nie meer jou lewe seker op n trein nie. Of hulle foeter hom om of jy word met n mes gesteek vir jou selfoon. Translux is permanent onpadwaardig en gevaarlik.
Nou wil ek nie weet hoe sal dit in n SAA Boeing gaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.