MRK gekap oor ‘diskriminerende optrede teen minderhede’

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Verskaf

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Verskaf

Die Menseregtekommissie (MRK) het gesê beskuldigings dat hy selektief is oor sake waarby uit eie oorweging betrokke geraak word, is vals.

Dit kom nadat die burgerregte-organisasie AfriForum die MRK in ’n ope brief versoek het om terugvoer te gee oor al die sake waarby die kommissie op eie inisiatief betrokke geraak het, asook die vordering met daardie sake se ondersoeke.

AfriForum het ook ’n opsommende verslag versoek van al die klagtes wat die MRK ontvang het ten opsigte van haatspraak en aanhitsing tot moord op ’n rassegrondslag.

Die MRK is onlangs deur die media gevra waarom daar geen ondersoek gedoen is na die rassistiese uitlatings van ene Palesa Sotjifa op sosiale media nie. Sotjifa het na bewering herhaaldelik genoem dat wit mense vermoor moet word. Die MRK het op medianavrae geantwoord dat die kommissie geen saak teen Sotjifa ondersoek nie aangesien niemand ’n klag teen haar ingedien het nie.

“Op grond van hierdie waarneming, wat op mediaberigte gebaseer is, kan ons nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat die SAMRK steeds met selektiewe vervolging besig is, ongeag vroeëre versekerings aan AfriForum dat dit nie die geval is nie,” het Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

AfriForum het gesê hy behou die reg voor om alternatiewe regsopsies te oorweeg indien die MRK se reaksie nie bevredigend is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Koos ·

Dit is maar soos enige departement onder die ANC se beheer as daar nie ‘n waghond is nie heers daar chaos . Dankie tog vir organisasies soos Afriforum/solidariteit en die VF+ saam sal ons bou saam sal ons wen

Izzy ·

Dankie Afriforum dat julle bereid is om op te staan en selfs die MRK aan te vat oor hulle ‘selektiewe’ optrede. Daar’s groot partye wat baie praat, maar NIKS doen nie.

Pietman ·

Dit kan nie net so aanvaar word nie. Wat gaan Afriforum doen?

Hein ·

Afriforum het nou sy deel gedoen. Wat gaan ons as Afrikaners doen om ons protes te wys? Weer deelneem aan die verkiesings al word daar teen ons gediskrimineer op alle vlakke en gebiede?

Francois ·

Daardie oortreders moet ook ‘n soortgelyke vonnis van R150 000 elk betaal.

Maria van Dieweeck ·

Mooi so julle by Afriforum, sien uit om daai lysie van hul sake te bekyk

Hein ·

Soos Slaaapgat voorheen gese het dat dit is lekker om op die rusbanke te sit en niks te doen nie. O ja wat hy ook gese het dat as jy jou kruisie getrek het by die verkiesing het jy deelgeneem aan die demokrasie en dit is die regte ding. Wat Afriforum doen om die MRK aan te vat is goed en deur Afriforum geldelik te ondersteun dmv lidmaatskap is goed. MAAR wat doen ons le ons nog steeds op die rusbanke en kyk Rugby (met sy kwotas), gaan werk (met sy BEE en “affirmative action”) en neem deel aan die verkiesing (met sy onregverdige kieserslyste sonder addresse) sonder om protes aan te teken? Slapgat is regtig die woord.

Tong innie kies ·

Gevolgtrekking – Blankes is seker nie meer mense nie of het geen regte meer nie.

Daan Erasmus ·

Dit is hoekom ek n lid is van Afriforum. Word n lid en help.

Audrey Bierman ·

Dit was presies my vraag aan die MRK nadag ek ook verlede week klagte oor haatspraak en aanhitsing van geweld aanhandig gemaak het. Al wat ek ontvang is stilte. Ek sal hulle aanhou treiter tot ek antwoorde kry.

Teken n infographic ·

Uit die opsommende verslaaf teken vir hulle tog n ou prentjie aka infographic, dan sal hulle en die publiek mooi kan sien. Versprei die infographic sodat almal die skande kan sien.

Pietman ·

Is MRK nog geldig indien almal nie gelyk behandel word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.