MRK genader oor eenmeter-reël vir skole

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Die DA gaan nou die Mensregtekommissie (MRK) nader oor die regulasie dat alle leerders ʼn sosiale afstand van een meter moet handhaaf.

Baxolile Nodada, skaduminister van onderwys, sê die DA sal die kommissie vra om hierdie regulasie te ondersoek omdat dit “onregverdigbaar” is en “verreikende gevolge op alle aspekte van leerders se ontwikkeling” gaan hê.

Maroela Media het vroeër berig dat Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, ook die regulasie geskrap wil hê, aangesien meer as 80% van skole nie die kapasiteit het om die regulasie na te kom nie en leerders dus steeds op ʼn rotasiegrondslag skoolgaan.

“Navorsers en wetenskaplikes van verskeie dissiplines het reeds gewaarsku teen die gevare van rotasie-onderrig op laerskoolvlak. In Julie verlede jaar het die Mediese Advieskomitee (MAC) ook aanbeveel dat laerskole moet terugkeer na voltydse skoolopleiding, ongeag regulasies vir sosiale afstandhandhawing,” sê Nodada.

“Die DA doen dus ʼn beroep op die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, om skole ten volle oop te stel.”

Met verwysing na die skoolbelangegroepvergadering wat vir Vrydag geskeduleer is, het die DA ook Motshekga versoek om die belange van skoolkinders voor enige politieke oorwegings te stel.

“Vanjaar se matrikulante het reeds twee jaar lange onderbrekings in hul onderrig deurgemaak en meer as 50% van hul gr. 11-jaar verloor weens die regulasies onder die pandemie.

“Skoolverlaters neem ook toe aangesien baie nie terugkeer skool toe nie, juis weens die voortdurende ontwrigtings.”

Volgens Nodada het altesaam 557 170 leerders die afgelope twee jaar die skool verlaat sonder om matriek te slaag, as daar gekyk word na diegene wat in gr. 10 geregistreer het in vergelyking met dié wat hul matriekeksamen eindelik geskryf het.

“Tensy die departement van basiese onderwys ingryp, sal daar vanjaar ʼn toename in skoolverlaters weens toenemend moeilike leeromgewings wees. Die minister moet ons leerders eerste stel,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Shakespeare ·

Motshekga het dan gesê …… Nie een meter nie maar 500m. Luister maar na die onbevoegde kader se “speach”.

Blikkies ·

Die kaders wil he die kinders moet net so dom wees soos hulle.

Misky ·

Ons gaan ‘n lekker dom en onopgevoede gedeelte van die bevolking sien na diè pandemie verby is

Mariana ·

Die reël is lankal nie meer van toepassing nie. Kinders is elke dag in motors, taxis en in winkels teen mekaar, maskerloos . Om die reël nog te wil afdwing is onnodig.

Mariana ·

Die vrou kon nog nooit goeie besluite neem nie, sy sit in ‘n te verantwoordelike pos. Nes Lesufi.

Sarel ·

Regtig…..is daar nie meer belangrike sake om na MRK te verwyd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.