MRK gryp in ná bruidswinkel nie gidshond wil toelaat

Foto ter illustrasie. Foto: SA Guide-Dogs Association for the Blind/Facebook

Die Menseregtekommissie (MRK) sê hy is diep bekommerd oor die deurlopende skending van mense met gestremdhede se regte.

Dít nadat die kommissie self ingegryp het ná ʼn sosialemediaplasing op Facebook oor ʼn blinde vrou wie se gidshond toegang tot ʼn bruidswinkel geweier is.

Die kommissie het in ʼn verklaring gesê dit is onder sy aandag gebring nadat dit in Augustus verlede jaar op Facebook geplaas is. Die MRK het self ʼn klagte aanhangig gemaak.

Volgens die MRK het Otilia Barnes, ʼn gesiggestremde, en haar ma die La Principessa Bridal and Evening Wear Store in Umhlanga in April vanjaar besoek. Ondanks haar verduideliking dat sy gesiggestremd is, het die bestuurder van die winkel geweier om Barnes se gidshond binne toe te laat. Die hond is aan ʼn veiligheidshek buite die winkel vasgemaak en kon dus nie as gids vir Barnes binne die winkel optree nie.

“Hoewel me. Barnes op die betrokke dag deur haar ma vergesel is, neem die MRK kennis van die winkel se gebrek aan bewustheid oor die reg van mense met gestremdhede om gids-, diens- en/of outisme-ondersteuningshonde te gebruik.”

Die MRK het as mediator opgetree en die partye het ooreengekom dat die winkeleienaar deurlopende bewusmakingsopleiding aan alle werkers moet verskaf, sodat hulle behoorlik weet hoe om diegene met gestremdhede in ag te neem, het die MRK gesê.

Die winkeleienaar is voorts beveel om borde by alle takke op te sit wat toegang vir dienshonde bevorder.

Die MRK het ook sy kommer oor die voortslepende skending van mense met gestremdhede se regte uitgespreek en gesê hy gaan saam met ander organisasies werk om bewustheid daaroor te kweek, veral wat betref bedagsaamheid, toegang tot infrastruktuur, inligting, gelyke dienste en algemene inklusiwiteit in die samelewing.

Die kommissie het gesê daar is heelwat wetgewing wat mense met gestremdhede se waardigheid help respekteer en hulle beskerm teen onbillike diskriminasie. Hy het hom daartoe verbind om dié regte te help bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

wit hond ·

Darem doen hulle EEN KEER in hulle bestaan goeie werk . maar die BLF en EFF Met hulle rassistiese uitsprake, haatspraak en aanhitsting tot geweld teen blankes bly hulle MISKYK .. en hulle onskuldig bevind … DAREM is die HOND WIT. Een in ons guns

marous ·

Wie het die spul aangestel as gidshond en wie moet hulle betaal ?

TS ·

Het hulle nie meer belangrike dinge soos doodsdreigemente om aan te spreek nie.

jaco ·

Gaan die MRK ook kyk na gevalle waar wit mense en ook kleurlinge en Indiërs se werksaansoeke afgekeur word NET omdat hulle nie die “regte” velkleur het nie? Dis mos ook ‘n skending van menseregte.

WIEBO ·

So bly MM het die winkel se naam genoem en hoop hulle verloor n paar sales as gevolg van hul daad. Sies, skaam julle om nie n gidshond toe te laat nie. Dis blind en mag die wiel draai en Karma slaap nie.

IK ·

Lees ek reg? Die gebeurtenis was verlede jaar Augustus onder die MRK se aandag gebring maar het April vanjaar plaasgevind?
Dalk kort ek ‘n leesbril as gids . . .

Apparantly ja! ·

Ek dink hulle bedoel dit het in Augustus gebeur en nou onder hul aandag gebring of April 2018 gebeur en Augustus 2018 onder hul aandag gebring. Of iewers is daar iemand wat kan rime travel. MM vind die REGTE FEITE uit asb.

HPV ·

Die mrk kan hulself nie eers help nie, lakei van die anc/eff/blf.

PJC ·

Nou wil die MRK kastig iets reg doen. Hul magte oorskry hul bevoegdheid geheel en al wat ń groot gevaar vir die publiek inhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.