MRK hof toe oor Beloftebos

Argieffoto: Pixabay

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan Maandag ʼn hofaansoek teen Beloftebos by die gelykheidshof, wat in die Wes-Kaapse hooggeregshof sit, indien.

Volgens die MRK het hy talle klagtes ontvang teen dié trouvenue in die Overberg oor beweerde diskriminasie teen paartjies van dieselfde geslag. Dié paartjies word glo nie toegelaat om daar te trou nie weens die eienaars se geloofsoortuigings.

Die MRK het gesê hy beskou Beloftebos se optrede as ongrondwetlik aangesien daar nie op grond van geloofsoortuigings teen mense gediskrimineer kan word weens hul seksuele oriëntasie nie.

Beloftebos was weer onlangs in die nuus nadat ʼn Kaapstadse paartjie beweer het die eienaars weier dat die venue gasheer vir hul troue is.

Volgens die paartjie het die eienaars van die venue in ʼn e-pos aangevoer dat hulle vanweë hul persoonlike geloofsoortuiging nie hul venue beskikbaar kan stel vir troues tussen paartjies van dieselfde geslag nie.

Beloftebos is ook in 2017 by die MRK verkla nadat die eienaars geweier het dat ʼn paartjie van dieselfde geslag by die venue trou. Dit is egter nie duidelik of die destydse klagtes tot enige optrede gelei het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Joggie ·

Die Menseregtekommissie (MRK) is maar nog net een van die vele ANC se maniere om Christene aan te val. Hulle het geen reg om die eienaars se Christen beginsels aan te vat nie!

Johan Venter ·

Herfs het sopas aangebreek, dit vlam in ons harte. En dit lees ons op die 2de dag van Maart 2020.

Marieta ·

Ek weet nie of ek nou mistas nie, maar bestaan daar nie meer so iets soos reg van toegang wat voorbehou kan word nie? As eienaar van n eiendom of perseel, behoort mens mos die reg te hê om ‘n keuse uit te kan oefen wie, of wie nie welkom is nie.

Annatjie ·

Mense hardloop vir enige kleinigheid na die howe en die MRK. As die trou venue nie jou wil trou nie dan kry jy ‘n ander venue daar is duisende van hulle en al sou die venue sy besluit verander gaan julle in elk geval nie gemaklik wees nie. Die lewe draai nie net om twee mense wat wil trou nie, en daar is baie belangriker dinge om oor hof toe te gaan. Word groot man!

Vriendelike Frikkie ·

Ek sal, indien dit my plek was, die reëls baie duidelik aan almal verduidelik. Indien die sosiale druk te groot word, dan sluit ek die plek. Om knie te buig voor die “verontregtes” is soos om dertig sikkels silwer te ontvang vir verraad.

Phillip ·

Jou reëls sal duidelik teen die grondwet wees, en dus, onwettig…

Ilze ·

In die laaste dae sal hulle Christene vervolg tot ons HOM verloën.

Ilze ·

As dit my plek was sal die kwotasie buitensporig wees en glad nie kompeterend wees met ander Venues nie.

Andre ·

Wat van vryheid van assosiasie? Of moet almal hulle standaarde verlaag tot by die mrk se beginsels?

Snowball ·

En dan wonder ek of Christene by Moslems, Hindoes of Boediste sal gaan aandring om hulle beginsels te verkrag net om die Christene tevrede te hou??? As jy weet jou geloof, leefwyse of seksuele voorkeure is vir ander afstootlik, waarom wil jy aandring om DAARDIE mense te dwing om jou te aanvaar. Soos jy voorkeure en regte het, het hulle. Respekteer dan dit ook. Gaan soek ‘n venue waar jy gemaklik is. Dis ‘n heksejag op Christene wat nog uit geloofsoortuiging handel, want dit is vandag die grootste sonde in die wêreld se oë – ‘n Christen met ‘n stem. Jy mag alles wees, net nie ‘n uitgesproke Christen nie.

Ilze ·

Baie goed gestel!! Verder, as die grondwet voorsienning maak dat daar nie teen jou gediskrimineer word op grond van geslag, ras of geloof nie, word daar dan nie nou JUIS teen Christene gediskrimineer op grond van hule geloofsoortuigings nie?

Jaco ·

Wat het geword van reg tot toegang. As dit my eiendom sal ek toelaat wie daar mag kom of nie, dit is irrelevant of ek saamstem met die eienaar se besluit, wat rellevant is, is die feit dit is sy eiendom, as jy nie gelyukkig is bly weg en kry n ander plek.

ElizeK ·

Maar my goeiste. Het die twee te min aandag as kinders gekry, vandaar die ophef. Ek vertrou die eienaars staan vas in hul geloof en oortygings, want duisende staan saam met hulle. Aan die tweetjies, bou n brug, kom daaroor en beweeg aan na dit waarin julle glo!

Ronel ·

wat van diskriminasie op grond van jou geloof, dis mos diskriminasie oor die venue nie hulle geloof mag uitleef nie, dis ook ongrondwetlik

Mienks ·

Vandag moet ons as Christene ons waardes en normes by die venster uit gooi om sosiale druk te vergemaklik vir ander mense. Ander gelowe word nie deur sulke dinge getuister nie juis oor hulle vas staan by hulle beginsels. Ek weet van meer as 1 venue wat mense weg wys agv hulle sexuele voorkeur, oor dit teen hulle geloof gaan. ons kerke het ook meeste al geval deur ja te se vir dinge wat verkeerd is en wat hulle nou goed keur en se dit is alles gooi maar die Bybel weg ons leef soos social media wil he ons moet leef…

Johan Venter ·

In plaas van ‘venue’ sou plek, lokaal of ligging vir my gewerk het, maar nou moet ons eers weer ‘n Engelse leenwoord inwerk.

Leeuwyfie ·

Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
MATTHÉÜS 16:26

Hiérdie mense van Beloftebos het reg gekies. Ons sal vervolg word vir ons geloof. Ons moet daarin in blydskap berus.
Ek bid dat dié wat hul aangegee het gered sal word.

Marius ·

Ek reken dit is die keuse van die eienaar wie en wat daar mag trou en wie nie . Geen hof kan vir jou se wat jou geloofsoortuiging is of toelaat nie . Dit is belaglik dat almal altyd na n hof toe hardloop en die hof se tyd gaan mors met nonsens .

Kiepie ·

Wys asseblief vir my een Moskee wat gaan toelaat dat daar ‘n Christelike huwelik seremonie by hulle uitgevoer word. Of, for that matter, enige NG gemeente wat ‘n Moslem- of Hindu seremonie gaan toelaat. Is dit dan nie ook diskriminasie op grond van geloofsoortuiging nie?

Belinda ·

Pleks van mors hul tyd op sekere mense se uitlatings in die publiek, nee dan is hul stadig, het hul nie klagtes ontvang nie. Die trou venue is die eiendom van die mense, hul kan reg van toegang voorbehou. Hulle weier nie die troue, hul weier die funksie by hulle en hul het die reg, regtig mense van selfde geslag soek net ‘n ander venue, respekteer ook mense wat nie so voel nie se gevoelens, soos wat sulke mense jul gevoelens moet respekteer.

Johan Venter ·

Ons is meer ‘geworried’ oor Geloftebos as oor die Blitsbokke.

Chappie ·

Maar in dieselfde asem is dit mos ook ongrondwetlik teenoor die mense van Beloftebos en word daar gediskrimineer teenoor hulle geloofsoortuiging? Maar nou ja, hang seker maar af aan waste kant van die draad (argument) jy staan…

Okay ·

Beloftebos het ‘n kennisgewing op hulle webtuiste dat hulle hulle reg tot geloof en die uitleef van hulle geloof volhard en dus sal hulle nie dat paartjies van dieselfe geslag by hulle plek trou nie. dit is na die 2017 hofsaak. alhoewel ek glo dat hulle die volle reg het om hulle geloof uit te oefen dink ek ook dat om mense weg te wys vir die rede nie wetlik en regverdig is nie. Hulle word bloot gevra om hulle plek beskikbaar te maak en nie om deel te wees van die verugtinge nie. hulle kon ook net vir die paartjie laat weet het dat hulle nie hulle kan help nie en nie die rede vir die wegwys gee nie. net ‘n jammer maar ons sal julle nie kan help nie sou voldoende gewees het. maar nou omdat hulle laat weet het dat hulle die paartjie wegwys agv die paartjie se seksualiteit gaan hulle vervolg word. Hulle gaan ook dit moeilik vind om te bewys dat hulle geloof teen homoseksualiteit is aangesien die NGK en baie ander kerke wel van hulle standpunt oor homoseksualiteit verander het.

Kwikkie ·

…mens doen mos jou huiswerk oor n venue voor jy gaan kyk na die plek….so die paartjie sou op die webtuiste gesien het dat daar ‘n kennisgewing op is?? Hierdie is nou net uit “spitefullness” en om een of ander punt te bewys deur mense te forseer om hulle leefwyse te aanvaar.

Scalla ·

Dit is tog seker die eienaars se volle reg en keuse om te besluit oor die gebruik van hul eiendom.

charmaine ·

Dis seker elke venue eienaar se besluit veral as dit n privaat eiendom is, hierdie 2 soek net aandag.

Marthie ·

Sou enigeen ‘n streng Moslem venue aangekla het? Nee want die Christendom word aangeval want dis die eindtyd.

marius ·

Niks anders as doelbewuste vernietiging van Christelike waardes nie . Gaan staan en gil op die Aman by die moskee en spring dan op die Moslems en kyk wat gebeur . Gaan dreig ander Afrika lande en huil oor mense regte as julle gestenig word . Huigelaars !

Kwikkie ·

…. hierdie is nou net weer n poging om n berg van n molshoop te maak….
Die feit dat hierdie so op mens afgedwing word deesdae is belaglik – kyk nou maar net vir kyknet ook en wat hulle deesdae op tv sit.

Die oplossing vir hierdie probleem is maklik – KRY NET N ANDER VENUE!

Hennie ·

Maar dan word daar mos teen die eienaars se geloof gediskrimineer – o, maar dit maak mos nie saak nie. Net gays en anders-kleurige het regte in SA…..

Fluisterwind ·

Hier is ‘n gedagte, nêrens in God se Woord, word van God se kinders vewag om ander mense te haat nie, MAAR dat God van ons verwag om sonde te haat is Sy gebod. So as ons nie deur ons optrede mense mag waarsku teen sonde nie (op grond van ons geloofsoortuiging sogenaamde diskrimeneer) hoe lewe ek dan my geloof uit? By implikasie moet die regering dalk al die padtekens verwyder, want dit mag dalk diskrimeneer teen taxi bestuurders!

Yolandie ·

Respek aan die eienaars van die besigheid wat opstaan vir hulle geloof. Dit is total onaanvaarbaar dat die MRK die christen gelowes wil in die hof aanvat oor hulle geloofsoortuigings. Soek na ‘n ander plek om jou onthaal te hou, daar is vele van hulle wat die besigheid sal verwelkom. So sal ek darem nie my wil op ander afdwing nie.

daniel ·

Ek stem gladnie saam dat mense vervolg moet word as hulle weier om hulle geloofsoortuiging prys te gee of te verkrag terwille van n ongehoorde regeringswet nie.

wanya ·

Dit is so hartseer om die ondeurdagte,onregverdige publieke kommentaar te sien, veral op facebook en ander sosiale platforms. Hierdie gesin is al meer as drie generasies in die omgewing en buiten die trou lokaal is hulle geweldig betrokke in die gemeenskap, hulle het al so baie vir soveel mense gedoen in en om die omgewing . Die finansiele bydrae en die fisiese hulp vir die ekonomie in die omgewing van die Overberg kan nie na waarde geskat word nie. Die uitvloeisel van hulle besigheid het n rippel effek op talle klein besighede in die omgewing. Hoeveel bydrae het die “paartjie” ,wat nou so te na gekom is, in ons ekonomie bygedra?Die groot hartseer is om die binnegevegte in ons eie klein gemeenskap te sien. Ken jy hulle? Ken jy hulle harte? Dis goeie mense hierdie met n gesin en baie ander gesinne waarvoor hulle sorg. Kan ons werklik toelaat dat kwaadwilliges aangespoor word om ons mense en ekonomie verder skade te lei?

Christiaan Johannes ·

Speel die MRK nou God ook? Gaan ek vervolg word as ek sulke mense of mense van ander geloofsoortuigings op Facebook gaan blok? Dit is mos my en my alleenlike voorreg met wie ek wil meng en wie ek op my erf toelaat. Hierdie regering wil alles wat verkeerd is in die Bybel op ons afdwing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.