MRK is bevooroordeeld in Etzebeth-saak – VF Plus

Siya Kolisi en Eben Etzebeth – albei die Bokke se leiers dalk nie teen Italie beskikbaar nie.

Die uitlatings van adv. Buang Jones, nasionale hoof van die Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, Donderdag oor Eben Etzebeth se beweerde gebruik van haatspraak, is uiters voortydig en bevooroordeeld, sê die VF-Plus.

Jones het Donderdag tydens ’n gemeenskapsvergadering in Langebaan gesê die MRK wil ʼn voorbeeld van Etzebeth maak. “Ons wil aan ander rassiste wys dat die k- of h-woord pynlik en skadelik is en bruin mense verontmenslik”. Jones moes Donderdag die gemeenskap op hoogte bring van die vordering van hul ondersoek na ’n voorval in Augustus waartydens Etzebeth en ’n groep mense wat saam met hom was, na bewering vir Enver Wilsnacht en Shiyaad Smith aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou het.

Die MRK het Vrydag in die gelykheidshof begin met regstappe teen Etzebeth. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het intussen aangedui dat hulle ʼn interne ondersoek na die voorval begin het.

“Die MRK is, soos deur Jones ook bevestig, veronderstel om sy werk sonder begunstiging te doen, tog blyk dit Etzebeth is reeds deur die MRK skuldig bevind, voordat hy ʼn geleentheid gekry het om homself te verdedig,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

“Die VF Plus veroordeel alle vorme van rassisme van enige lid van die samelewing. Die MRK toon egter tans duidelik dubbele standaarde deur die Etzebeth-aangeleentheid met die uiterste dringendheid te hanteer. Dít terwyl ander klagtes, soos dié teen die leier van die BLF, Andile Mngxitama, oor sy rassistiese uitsprake en haatspraak, hoegenaamd nie met dieselfde graad van dringendheid hanteer is nie.”

Groenewald sê die MRK behoort Etzebeth toe te laat om na afloop van die Rugbywêreldbeker-toernooi terug te keer en ʼn billike geleentheid te gun om homself teen die bewerings van haatspraak te verdedig. “Die MRK is veronderstel om die menseregte van alle Suid-Afrikaners te verdedig, ook dié van Etzebeth.”

Dit is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar van die MRK om openlik bevooroordeeld op te tree deur Etzebeth vooraf in die media en op openbare vergaderings as skuldig te brandmerk, aangesien hy nog nie skuldig bevind is nie en daarom onskuldig is totdat andersins bevind word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Gatvol ·

Hoe kan hulle met die saak teen hom begin as hy nie eers hier is om himself te verdedig nie. Die MRK vat weer kant soos gewoonlik net omdat hy wit is. Dubbele standaarde. Die ou wat aangeval is glo ek gladnie is so onskuldig nie. Hy en sy pelle wil net ‘n quick buck maak. Regtig swak. Wonder wie is eintlik die rasis in die aangeleentheid…..

Naomi ·

Ek vra weereens: waar is die res van die groep wat saammet Eben was? Of was hy alleen daardie aand? Die ander party is 2. As Eben alleen was, kan dit mos gesien word as selfverdediging…of is Eben Superman? Hy gaan terug geroep word, en dan onskuldig bevind word. Daar gaan ons kans in die kwartfinaal.

Anoniem ·

Juis dit wat die mrk moet keer, is hulle nou self aan skuldig

Gertjie ·

Etsebet se naam word beswadder deur die MRK. Het hul die reg om dit te doen sonder dat hy skuldig bevind is…..glo nie. Dit is absoluut diskriminasie teen Etsebet se reg!

Maljan ·

Wag jou buite die kuier plekke in met hulle blikkies lightergas. Die oomblik wat jy jou rug op hulle draai spuit hulle jou daarmee en steek aan die brand. Terwyl jy spartel om uit die brandende klere te kom, gryp hulle wat hulle kan en laat spat. Dapper helde.

Gert ·

Die advokaat (!) se eie rassisme en vooroordele skree ten hemele….al ooit gehoor dat hy iets kwytraak oor die lyding van witmense wat vermoor word deur die mense wat hy beweer so erg ly!

Jonathan ·

Gert as jy my n witmens of boer noem is dit nie rassisme nie , ek is wit en n boer en bly hulle sien dit

Gert ·

Ten minste het Eben geld hê om ‘n goeie regsverteenwoordiger te kan bekostig. Iets wat die gewone man nie beskore is nie.

B ·

Gert, selfs Afriforum se miljoene kon nie eers die vorige eensydige hofuitspraak (oor die vlag) op appel laat neem.

Snoefie ·

In watter saak wat swart teen wit is is die mrk, nvg en sommer die hele ANC nie bevooroordeeld nie? Kyk maar na die man wat die k woord in Griekeland gebruik het en in SA vervolg is. Dan is daar Penny Sparrow, Chris Hart, Vicky Momberg, die doodskis manne, die Coligny manne om maar n paar te noem! Is die boer woord nie net so haatvol en pynlik nie?

Werner ·

Anders as die ander ly ons nie aan n minderwaardigheis kompleks nie is trots om n Boer genoem te word

$ ·

Daar is geen pyn vir my in die Boer-woord nie. Ek is trots op my herkoms en wie ek is – ons ouer het dan in die Anglo-Boereoorlog geveg; as daai dapper manne en vroue Boere was, word ek graag Boer genoem!

Krekker ·

Werner en $ (shame) dis dom D..s aanmerki GS Soos julle s’n wat die onreg sal laat oorheers en die skoen altyd aan die ander voet hou.

jonathan ·

kom ons wag maar eers om te hoor skuldig of nie voor julle die rasse kaart speel van dis onregverdig en en en dis so afgesaag dat julle jul self so jammer kry
Hoe lank is jul in SA en jul weet mos hoe werk dit. n Mens kan in sy spel gesien het vandag iets krap en hulle se dit beinvloed glad nie die span nie maar julle sal dit seker glo.

chris ·

as n ander kleurige my ooit weer n boer gaan noem gaan ek ook n saak maak.
dan kan die B woord vir hulle ook onwettig wees.
wil ook kyk of ek nie dalk n paar rand kan los slaan nie.
sal nie vir hulle se ek is eintilk mal daaroor om n boer genoem te word .
hahahahahahahahhahahaha

potlood ·

Daars nie geld vir enige iets nie, maar die klomp ervaar pyn in woorde en mors geld daarop…

Bos ·

Indien onskuldig moet MRK ontbind en met iets meer regverdig vervang word. Dit is
nou bewys hierdie kommissie is net gestig om teen witmense op te tree.

Michael P ·

Bos. en om baie groot PAY PACKETS te kry niks anders nie.

Devil ·

Jy gaan lekker soek want daar bestaan nie iets soos “waarhyd” nie, sorry vir jou!

Werner ·

Nou waneer word daar n voorbeeld van ou Malema of leier van BLF of Ace gemaak kom ons wag MRK is n spul narre

Jonathan ·

Sarel, van alles wat jy kan se meot jy nou herhaal wat ander mense se die afgesaagde woord ” Heksejag”

potlood ·

een van die dae sal ons nie eers meer mag lag nie, want dan is daar pyn…

Cee ·

Ons almal mors net ons asems – dis duidelik dat NIEMAND omgee vir die wit ras nie. Al wie ons kan red en verdedig is ons onsself.

hercu ·

Eben Etsebeth:

“Ja, die Here sal jou red van die vangnet waarin iemand jou wil vang, Hy sal jou red van die pes wat alles verwoes. Die Here sal jou beskerm soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm, Hy bly dieselfde, Hy sal vir jou wees soos ‘n skild, soos ‘n sterk muur om ‘n stad. Jy moenie bang wees vir die dinge wat jou in die nag laat skrik nie, of vir die pyle wat mense in die dag na jou toe skiet nie. Jy moenie bang wees vir die pes wat in die donker kom nie, of vir die dinge wat in die dag alles verwoes nie. Wanneer 1 000 mense langs jou sterf, of 10 000, dan sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie. Want die Here sal sy engele stuur om jou te beskerm oral waar jy gaan” – Ps 91:3‭

:-) Shalom :-)

Rinkhals ·

Hercu en as Etsebeth wel skuldig is wat gaan dan gebeur ? Of gaan ons dan die duiwel die skuld gee ??

Haai Oe! ·

Dís nou vir jou ‘n verassing, nê? Wie sou dit nou kon raai in Afrika?

N Lourens Reitz ·

Nee Snoefie noem my asb boer of as jy my nasionaliteit wil klasifiseer dan kan jy my BOER ook noem want ek is van die BOEREVOLK

Peet ·

Luister nou na Boang Jones se hakkelrigge uitspraak.
Opregte vigilante politieke optrede.
Wat het geword van Audi Alterem Partem.

Naomi ·

En so herhaal die geskiedenis homself…ons kan net nie saamstaan nie, al van die dae van die Voortrekkers. En ons worry oor renosters!?

Viss ·

Hoe weet jy die aantygings is waar,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,omdat hy wit is is hy in jou oë klaar skuldig.
Wat se pyn ervaar die sogenaamde gemeenskap oor wat hy gesê het. Ek sal nie die woorde uitspreek nie maar die Kaapse gemeenskap is bekend vir daai EEN,,,,,,,,,,,,,,,,,” Jou ma se,,,,,,,,,,,,,,”. Wat moet die ma’s se van daai een,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Santjie ·

Ek vra nou maar net…. die leier van die BLF wat ons nou so “afkraak” sal daar iets van kom as ieder en elk van ons, sou hy weer so iets “neerhalends” sê, ‘n saak teen hom maak?

Adam ·

Vir my as ‘n regsgeleerde is dit ontstellend om die gebrek aan objektiwiteit van die MRK te aanskou. Net so ontstellend is die mors van geld om gemeenskappe oor totale snert te probeer paai. Kan ons nie gebeure eenvoudig sien vir dit wat dit is nie. Hier was duidelik drank ter sprake tydens ‘n laatnag kuiersessie en ons kan met veiligheid aanneem dat die teenwoordiges nie Bybelstudie gedoen het of resepte uitgeruil het nie.

JohanR ·

En as dit op die ou einde soe kom dat Etzebeth onskuldig gevind word, sal iemand van al hierdie organisasies jammer vra? Die NPA het vir sewe jaar die lewens van Johan Booysen en die soe genaamde Cato Manor Death Squad verwoes, maar op die ou einde toe die saak deur die NPA laat vaar is, het niemand vir die manne jammer gese nie. Die een wat dit alles gaan die gang gesit het naamlik Nomgcobo Jiba, loop ook nog rond en mors die aarde se suurstof op!

C op C ·

Luister bietjie mooi wat word geëis deur verteenwoordigers: eerstens materiële vergoeding, dan kom die res soos humeurbeheer en opleiding om interpersoonlike verhoudinge te verbeter. Dit laat my maar wonder oor die motief agter die hele debakel.

Anni ·

Hoor oor nuus dat di Jones, Wie hy ookal is,sě n saak van MOORD mut ten Eben oop gemaak word, af gesien van aanranding. Maar Wat het geword van di BLF saak? Ek raak nou so gatvol vir hierdi rasiste. En ja waar is di Wat saam Eben was? Bang*a**~ of slapg#”” ~? ek begeer Ons land terug voor 1994, geen baklei, moord rasiste ni. Elkeen was op Sy eie hoop

JK ·

en wanneer jy jou onskuld bewys, hoop ek jy vat die 2 hof en trek hulle kaal uit, vat alles, sit hul op straat!

LANA ·

Jy sien, JK, hulle het niks wat Eben wil hê nie, maar hy het alles wat hulle wil hê.
In hierdie land is mos van na 1994 ‘n kultuur van –
“Ek wil alles verniet hê anders brand en breek ek. Ek sal ook mense onskuldig hof toe sleep vir die ‘watse-woord’ ookal; solank ek voordeel daaruit kan trek.”
Dis hoe ‘n mens optree as jou eie karakter jou nie bo in die lewe kan laat uitkom nie.
Jy moet iemand wat bo is probeer aftrek en op sy kop staan om bo uit te kom.
Eben, gelukkig is jy ‘n lang ou. Hulle gaan sukkel!!

chris ·

soos ek verstaan sit hulle alreeds op straat, het iewers gelees die 2 was “homeless” .

Ernest ·

Noem vir my net EEN saak waar die MRK so gewillig is en uit hul pad gaan om ‘n nie wit persoon te vervolg, vir ‘n rassistiese aanslag teen ‘n wit persoon. As daar so geval is/was dan, word eersgenoemde liggies oor die vingers getik. Aardsrassiste soos Mamela en ander se haatsprake word afgemaak met patetiese verskonings.

m ·

En so dink ek terug aan die dae toe ons klein was, toe ek die engelsman langsaan ‘n rooi nek genoem het en hy vir my “rockspiders”… Die PC brigade is besig om voorbeelde te maak van die verkeerde menere, en Malema lag vir julle!!

ERIKA ·

DIT IS NET ‘N BEWYS HOE ONPROFFESIONEEL DIE MRK IS……EN HOE ONBEVOEG HULLE IS OM DIE RASSEKAART EERSTE TE PLAAS, MAAR VERGEET VAN BLF EN EFF.
“SAY NO MORE!!’

marous ·

Is Malungu rassisties of nie ? Vra dit nou vir die mrk dat hulle uitspraak kan gee. As dit is , gaan die klagtes inrol , want dit word elke dag verwysend na wittes gebruik . As dit nie is nie , kan almal mekaar dit maar noem sonder om gekrenk te voel .

Anoniem ·

Wie is die man “NISSAN” wat blykbaar agter alles sit? Was hy nie ook betrokke by De Doorns storie nie? Help bietjie!

Michael P ·

Hoe minderwaardig kan jy wees Noem my n aap noem n bobbeaap noem my n Whitey n boer wat ook al gaan ek daar oor lag want maak nie saak wat jy my noem nie dit kan my mos nie verander nie.

ap ·

wat van malema , hy mag se en post wat hy wil , ….Mrk hou jul neus uit belangrike mense se sake uit , selfde met die publiek , niks te se vir bekende mense nie , kry eerder n lewe , en hoe op om te krap en belangrik voel.

Amelita ·

Was dit haatspraak, of word dit nou opgemaak vir n vinnige geldmaak. Ek op radio Jacaranda gehoor hul soek 1 miljoen rand. As iets my so seer maak sal geen gelde dit kan regmaak.
Nee ek sien in Polisie word dit ook nou gebruik om van wit personeel weg tesoen as hulle vasgevat word.

Wynand ·

Hoekom vat Afriforum nie die MRK hof toe oor hulle blatante rasse bevooroordeeldheid nie!

Theo ·

Al wat Enver en Shiyaad sien is geld en vir die geld sal hulle lieg. Net so met die Colliny saak. By my werk ook het die swartes die blanke besluldig van rassistiese woorde, tshwane metro het hom onskuldig gevind maar die werkgewer wil nie die swartes aankla nie, maar hy het n siviele saak teen hulle oop gemaak. Die wiel draai al is dit stadig, wees net geduldig.

James ·

So dit gaan dan 10 jaar tronk straf wees EN R100 000 boete vir die Mandela organisasie omdat hy wit is???? Hulle mos nou klaar besluit hy is skuldig, bewyse en hof mos westerse konsep

Irma ·

Dit moet baie sleg vir mense wees om toenemend aan soveel minderwaardigheid te lei. Ek verwonder my aan sulke uitsprake en die verkondiging van hul eie gebrek daarvan. Dan verwag hulle, soos dit my voorkom gebalanseerde gemeenskappe terwyl hulle nie instaat is om hul eie denke en redenasies by positiewe optrede te kry nie.

Willem Grobler ·

Jaaaa swaer – all animals are equal but some animals are more equal than others …

Jakes ·

Sal graag wil weet wie Jones aangestel het? Of is hy ook een
van Zuma se lakeie? Die MRK word lank reeds as n klug kommisie beskou. Noem asb die name van die narre wat daar werk.

Gertjie ·

Wonder wie is die klaer in die geval.
Nie dalk ‘n ene Ashwin Willemse nie?

aj ·

Steek liewer mes!

Dis die nasionale sport!

Daarvoor sal geen saak teen jou gemaak word nie!

aj ·

Hier is goeie geld te maak uit skadevergoeding vir kwaadwillige naamskending!

Eben se pensioengeld ! …. ha … ha …

aj ·

Etsebeth is ‘n beroemde sportheld wie se beeld (naam) afgebreek word deur verskillende opportuniste.

Ek hoop die geldlustige opportuniste dink daaraan dat Etsebeth hulle kan prosedeer vir miljoene rande skadevergoeding vir kwaadwillige naamskending!

humor ·

Hierdie saak gaan nog in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se gesig ontplof. Die gevolge gaan wees dat Etsebeth in die buiteland gaan speel en verseker gaan daar n hele paar wittes ook saam met hom trek. Natuurlik is die mrk besig om polarisasie in die span te veroorsaak en dit sal in die toekoms slegte gevolge vir ons rugby inhou. Die mrk is te kortsigtig om te besef dat hul op die vernietigingspad is.

Ig ·

Ironies dat as jy my n miljoen rand betaal dan val die diep pyn weg wat sommer n lyn trek deur die k en h woord.

aj ·

Stel jou voor!

Die SPAN gaan sit as die (begin)fluitjie blaas).

En hulle wys ‘n banier wat sê:

“Geen normale sport in ‘n abnormale gemeenskap!” (An injury to one (player) is an injury to all!”)

ANC oppressive regime!

Vir die hele wêreld om te aanskou!

Peet ·

Luister nou na Boang Jones se hakkelrigge uitspraak.
Opregte vigilante politieke optrede.
Wat het geword van Audi Alterem Partem.

Poot ·

Noem my wat jy wil met die ergste bedoellings. Ek weet wie en wat ek is. Boer, boer, boer, boer, boer……. maak nie saak wat jy my toesnou nie. Ek lag in jou gesig vir jou minderwaardigheid.

Petrus ·

Ek het altyd van Etzebeth gehou. Totdat hy gesê het hy is lief vir hierdie reënboog gedrog.

Kerneels ·

Daai mooi rympie is VIR hom geskryf deur SARR – dis tog duidelik

KrokodilBotha ·

Gee nie n hel om wat die Eben kerel gese of nie gese het nie. Dis die MRK wat n overall nodig het.

GL ·

Die Europese wat in die 1700’s in SA aangekom het kon logies nie die taal van die Khoisan verstaan nie. Die Khoisan het n woord gesing met hulle danse wat vir die settelaars geklink soos die H woord. Ek wil nie oordeel nie maar hierdie klink vir my na n mooi storie nie haatspraak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.