MRK is ʼn ‘lae hond’, sê Zuma se seun

Edward Zuma Foto: IOL

Edward Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, het Saterdag die Menseregtekommissie (MRK) ʼn “lae hond” genoem nadat dié organisasie Vrydag onderneem het om hom te vervolg oor rassistiese aanmerkings wat hy in ʼn ope brief gemaak het.

In die brief, gerig aan Derek Hanekom en Pravin Gordhan, het Zuma gesê dat Gordhan, voormalige minister van finansies, en Hanekom, voormalige minister van toerisme, aan wit mense “uitverkoop” is.

Zuma het onder meer gesê dat Gordhan wit mense sal verdedig terwyl hy nie dieselfde vir ander kulture sal doen nie. Volgens hom is Gordhan een van die korrupste lede van die ANC en maak hy hom daaraan skuldig dat hy glo swart mense is net “snyers van suikerriet”.

Hy het ook gesê dat Hanekom “niks beter is as ʼn lae hond wat geleer is om swart velle te verskeur” nie.

In ʼn nuwe ope brief aan die MRK het Zuma gesê hy nie verbaas deur dié kommissie se “voortdurende sinnelose onderdrukking, afkeuring, vooroordeel en heksejag” nie.

“ʼn Mens sien dit in die geval teen my, maar ook in die breër gemeenskap. Die saak teen my verteenwoordig die onderdrukking van swart mense se stryd en pyn. Ek beskou die MRK soos ek hom nog altyd beskou het – ʼn lae hond wat losgemaak is om die swart gemeenskap te verskeur, te beheer en hul geskiedenis uit te wis. “

Zuma het ook gesê die MRK is niks meer nie as ʼn verdraaide organisasie en ʼn “ʼn post-apartheidstryder vir die eksklusiewe beskerming van wit koloniale setlaars en die wit monopolie kapitaal”.

Die MRK het nog nie op die brief gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

My mening ·

Aartjie na sy vaartjie. Die (vrot) appel van nie vêr van die boom.

Michael ·

@ my mening dit is presies wat hy doen gee sy mening dit is hoe hy voel sonder om te vrees of hy polities korrek is of nie dis n stupid mening volgens my maar dis demokrasie in werking.

Balkie ·

Maroela, kan julle nie ook asseblief berigte in engels plaas nie. Julle is by verre nog die een wat nuus akkuraat deurgee en geloofwaardig is. Sodoende kan ons die goed deel met ons buitelandse vrinde en die waarheid uitkry. Dink so daaraan, julle kan nog ‘n pos skep vir vertaling. Dalk kompetisie loods vir die engelse benaming? Net ‘n voorstel.

pawnee ·

jou buitelandse vriende moet maar maak soos myne en Google translate inspan.

Nico ·

Wil net vir die anc se as julle nie nou teen die zumas en guptas optree nie is julle gedoem gaan nie lank hou nie hulle steel julle swart mense se geld ook dan moet julle stil bly en tevrede wees vir die pakkie toebroodtjies terwyl hulle steak en suzi eet kan julle nie sien dat die top struktuur lekker eet en slaap nie

Johan ·

Ai tog as jy darem so n probleem met honde het……alles is n hond of soos n hond…..

Grens ·

Die pyn wat hy van praat is seker maar die Guptas se tjek boeke wat nou nie meer so maklik bekombaar is nie!!

Neels ·

Nou hoe nou Ed die mrk het nog altyd die wittes gestraf vir sogenaamde rassime uitlatings, so mag hulle nie ook se julle is rassisties nie. Lyk my volgens jou moet die mrk nie die anderkant van die munt sien nie

Pieter ·

Afrikasns as jy mooi lees stem ek saam met Balkie die oorsee se mense verstaan nie afrikaans nie. So ek bly in die buiteland en moet alles vir die mense vertaal hier. So Maroela moet dit net in engels ook skryf se nie hulle moet die koerant elngels maak nie maar skryf v d berigte in engels ook.

Johann ·

Wonder of jingman Zuma self die gevleulde woorde bedink het en of dit nog een van Bell Potter se.toesprake is wat hulle aan die ZUMAKIES van ZUPTIPIA verkoop het? Sien die tema.is nou honde…mplaas van mwit monipolie kapitaal en KOLONialisme? Woef woef ek sê!

Johanna Botha ·

En so wys hy se ware kleure …die zuma tyd loop uit na menigte skandes en korrupsie verseker niks om op trots te wees nie …hulle word net meer en meer ontbloot …ek sou skaam wees om met die mense geasosieer te wees want ons weet wat die waarheid is. As ek reg onthou het Edward net soos sy pa n verkragting in sy verlede …genade die mense is net slegte !

DubbelStandaarde ·

Word hierdie persoon vervolg soos Penny Sparrow?

Neels ·

Dit wil nie so voorkom nie het op fb gelees daar word net van hom verwag om verskoning te vra niks meer as dit nie

Realisties ·

Maroela Media….ek beskou julle nog altyd as 1 van die mees akuraatste nuusblaaie in vergelyking met die die res. Maar ek is iemand wat vinnig foute of veranderinge raaksien. In die vorige artikel oor die MRK wat Edward Zuma gaan aanvat oor sy rasisme was daar gesê hy het na Hanekom verwys as ‘n “walglike hond” vandag is dit ‘n “lae hond”. Ek weet julle vertaal engels na afrikaans maar ek dink dis van uiterse belang dat julle opvolgende artikels oor ‘n spesifieke storie ooreenstem met vorige artikels. Dit verseker julle geloofwaardigheid.

JO-Anli ·

MRK GAAN VOORT. JULLE DOEN UITSTEKENDE WERK. MAAK NIE SAAK WATTER KANT DIT GAAN ALMAL IN DIE LAND IS MENSE EN MRK HANDEL DAARVOLGENS. DANKIE MRK.

Drikus ·

Verbeel ek my of hoor ons hier knaende tjankgeluide? Raak die heer benoud vir sy pappie se onthalwe?

Lollie ·

Snaaks dat volgens hom hulle net wittes se kant vat maar hulle kan sê wat hulle wil en kom weg daarmee maar beslis nie die wittes nie!

Oupa ·

Die man se ware kleure kom nou uit: sekerlik by sy pa geleer!

Sputnik ·

Is dit nie hoeka pappie wat gesê het “…dit is ‘n witmenskultuur om met honde te gaan stap” nie? (Dan sien mens, tot my onsteltenis, hordes windhonde in KZN wat vir jag gebruik word).

Ander Annie ·

Die kind is heeltemal buite orde. In die Swart Kultuur is daar gewoonlik baie respek vir ouer mense. Duidelik het die kind nie respek vir die oudstes in die samelewing nie.

Eish ·

Ek is van mening dat die MRK baie goed sal doen om na die skuldigbevinding, n boete van R246m op te lê en hom gemeenskapsdiens by die DBV (SPCA) in Kaapstad te laat doen todat mev. Zille se termyn as premier verstryk.

Ben ·

Die outjie doen en sê al die dinge net om in die nuus te kom Eintlik moet mens hom ignoreer en maak of hy nie bestaan nie.

Rudolph van Wyk ·

Nou word getroue senior lede van die ANC aangeval! Hierdie mense het nie vyande nodig nie. Hulle bly hulle eie grootste vyand en hulle flaters raak al hoe meer skouspelagtig. Dis ‘n wedren na die bodem!

Robert ·

Nog steeds vier die minderwaardigheids kompleks hoogty. Wat mens nie alles sal doen vir aandag nie. Wat die hart van vol is loop die mond van oor en dis jammer maar hy sal saai wat hy maai

pawnee ·

nie minderwaardigheid nie. eerder grootheidswaan waaronder hulle verkeer. daarom kan hulle links en regs almal toe hond afslaan. weet mos hulle sal nie in die bek geruk word nie. dis mos bet witmense wat tot verantwoording geroep kan word. hulle lieg nie oor wat hulle gedoen het nie.

Claudia ·

Robert, net soos jy sê. Dit is wat in God se Boek staan.

1+1 ·

Dit is presies wat geld aan sekere mense doen. Om sulke uitsprake te maak teen mense en die MRK wat die kwaad probeer teehou is te verstaan, veral in die tydsgees waarin ons vandag ons bevind. Dit is maar nog net ‘n teken van die tye, wat ons nie in ons hande het nie

1+1 ·

Dit is presies wat geld aan sekere mense doen. Om sulke uitsprake te maak teen mense en die MRK wat die kwaad probeer teehou is te verstaan, veral in die tydsgees waarin ons vandag leef.

Piet Pompies ·

….weens ‘n gebrek aan lewenservaring en ‘n tekort aan selfrespek, die skielike roem van my vader en blootstelling aan die media het ek gaan ander rede om deur desperaatheid na gras halms te gryp deur sulke slegte uitlatings te maak…..

Cas ·

Waarom is die woorde “lae hond” wat na die MRK verwys uit die nuus op TV uitgelaat. Het hy dit gese of nie? kan iemand. Dis genoeg om hom toe te sluit !

Loffie ·

Sal dit n lekker familie samekoms wees as pappa en boetie dieselfde sel kan deel

Boetman ·

Hy is geregtig op ñ opinie as hy al iets vir die lewe beteken het wat ek weet nie so sal wees nie

vytjie ·

dit wil my voorkom of hierdie mannetjie `n helse KOGNITIEWE probleem het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.