MRK-klag kom oor DNS-agterstand

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die versuim van die SAPD se forensiese afdeling om DNS-monsters binne ʼn redelike tydperk te verwerk, ontneem duisende Suid-Afrikaners van toegang tot geregtigheid en lei daartoe dat gewelddadige verkragters en moordenaars vrygelaat word.

Só sê Andrew Whitfield, DA-LP en die party se woordvoerder oor polisie, nadat dit aan die lig gekom het dat die verwerking van meer as 172 000 DNS-monsters agterstallig is.

Die DA gaan nou ʼn klag by die Menseregtekommissie in dié verband indien. “Een van die oorsake van hierdie chroniese disfunksie is die ineenstorting van die kontrakbestuursproses in die forensiese afdeling met kontrakte wat verval en maande neem om hernu of toegeken te word.”

Die elektroniese registerstelsel van die polisie se forensiese wetenskaplaboratorium, wat bewysstukke vir DNS-ontledings bestuur, is glo maande lank al buite werking.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie is verlede week van die agterstand in kennis gestel en het die nuwe nasionale raad vir forensiese toesig en etiek opdrag gegee om dringend oplossings te vind vir die wanfunksionele toestand van die nasionale forensiese wetenskaplaboratoriums.

“Die voortgesette agterstand met die toets van hierdie DNS-monsters is ʼn blatante versuim om toegang tot regspleging vir duisende slagoffers van misdaad in Suid-Afrika te verseker,” het Whitfield gesê.

Die DA voer in sy versoek aan die MRK aan dat misdaadslagoffers se reg op menswaardigheid, die reg op administratiewe optrede en reg op toegang tot howe geskend word. Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, en genl. Bheki Cele, minister van polisie, is weereens ook versoek om met private laboratoriums in gesprek te tree om die agterstand aan te pak.

Die agterstand lei onder meer daartoe dat gesinne soms tot twee jaar moet wag om hul geliefdes wat die slagoffer van misdaad was te begrawe. “Dit is laakbaar en onaanvaarbaar,” het Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris dupreez ·

Beki Cele moet ophou om begrafnise by te woon om op tv te wees en sy werk begin doen om die SAPD reg te ruk

jzjz05 ·

MRK ,ek het nie veel geloof in hulle nie ,dit het ons al in die verlede ondervind,hoop dit gaan nou better gaan.

Hennie J ·

Die klomp mrk kripvreters sal nie so ywerig wees om hierdie klagte, teen hulle eie, te ondersoek nie. Dis mos baie makliker om ondersoeke te doen en uitsprake te maak teen rassistiese witmense!

Nie Verbaas ·

Bheki Cele moet gaan. Hy is duidelik onbevoeg om probleme in SAPD aan te vat en op te los. Dring die besef nie deur tot ANC regering dat kaderontplooiing nie die land ekonomies baat nie? Alle SOEs is in die grond in en enige logies denkende mens sal op n stadium besef dat jy nie bevoeg is om n besigheid te bestuur nie.

Persheks Adri ·

Patesiese diens en totaal en al onbevoeg! Gaan my verstand te bowe dat hulle so vêr agterstand het met alles nee hel!

SomeOne ·

die re gering wat vir die forensiese wetenskaplaboratorium verantwoordelik is, is useless en het alles waaraan hulle vat, in die groot drein afgegooi, moenie net mrk toe gaan nie, verkla hulle by elke moontlike instansie oorsee aan

Jaco ·

Weet die MRK hoe om oor so ‘n geval te kla, want al waar ek ooit die MRK in aksie sien, is by gevalle waar wit mense rassisties is teenoor ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.