MRK maak ‘ommekeer’ met rasseverslag aan VN

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Solidariteit eis antwoorde van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) oor sy rasseverslag aan die Verenigde Nasies se komitee vir die uitskakeling van rassediskriminasie (CERD).

Die MRK-verslag is in November 2023 aan CERD voorgelê kort nadat Solidariteit sowel as die regering óók voor die komitee verskyn het.
Solidariteit dring veral op antwoorde aan omdat die MRK as CERD se waghond in Suid-Afrika ’n volslae ommeswaai in sy eie standpunte rakende rassewette gemaak het. Die jongste MRK-verslag weerspreek sy eie gelykheidsverslag van 2018, en Solidariteit gaan dit nie aanvaar nie.

In die 2018-verslag het die MRK aanbeveel dat regstellendeaksie-wetgewing aangepas moes word om groepe meer genuanseerd op grond van behoefte en sosiale en ekonomiese omstandighede te teiken. Daar is toe ook geëis dat die regering binne ses maande nadat die gelykheidsverslag vrygestel is, aan die MRK moes terugvoer gee.

Hulle jongste VN-verslag skets egter ’n ander prentjie.

“Dié verslag verwelkom selfs ’n kwotastelsel en vra dan boonop ook vir nóg strenger toepassing van rassewette – so asof hulle eie gelykheidsverslag skielik nie meer bestaan nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Hulle steun dan ook die voorgestelde wetswysigings oor gelyke indiensneming, maar glo ook dit is nie rigied genoeg nie. Die MRK glo skielik ondernemings wat kwytgeskeld word omdat hulle 50 of minder werknemers het, moet ook aan die rassevoorskrifte onderwerp word.”

Solidariteit het in ʼn skrywe aan die MRK ʼn verduideliking hieroor geëis, en ook gevra of die kommissie se gelykheidsverslag van 2018 aangepas is of nog enigsins bestaan.

Verder moet die MRK ook ʼn verduideliking gee waarom die regering klaarblyklik nie aan die 2018-verslag gehoor gegee het nie, en waarom die kommissie oënskynlik niks daaromtrent gedoen het nie.

As CERD-waghond is die MRK boonop verplig om nienakoming van die VN-konvensie oor rassediskriminasie aan te meld.

“Wat hulle versoek vir selfs sterker rassevoorskrifte betref, sal ons graag wil weet hoe dit aan die VN-konvensie se eise vir maatreëls wat kontekssensitief en tydelik is, voldoen, en hoe daar gesê kan word dit is gegrond op sosio-ekonomiese behoeftes,” sê Hermann.

“Die een oomblik vra die MRK dat streng rassekwotas hersien moet word, en die volgende eis hulle selfs strenger maatreëls van dieselfde soort.”

Sien Solidariteit se skrywe aan die MRK hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Althes ·

Ons sal bid sonder ophou. Ons weet dis een treë vorentoe en twee treë terug met die regering. Maar soos Ps 46.7 sê: Nasies kan raas en koninkryke wankel, maar as God sy stem laat hoor, smelt die aarde weg.
Ons sien net klein nikseggende stukkies legkaart, maar die Here pas al die legkaartstukkies bymekaar om die groter legkaart te vorm.
Dinge sal verbeter, die geveg is immers Onse Vader s’n. Sterkte Solidariteit, kom ons maak soos ons voorvaders, en druk deur.

koos10 ·

Dis hulle manier van doen om stemme te werf. Gee nie ‘n duit om oor enige nagevolge nie, en ignoreer die verlede doodeenvoudig.

Pieter ·

Jy kan nie ‘n klip vertrou om te dink soos ‘n boom nie… Dit is maklik, die agenda wat gedruk word is die pad vir results wat hulle wil sien… Dus help dit nie om hulle te vra om teen hulself in te tree nie…

Jaco ·

Gee regrukwerk by eskom & ander vervalle staatsbedrywe vir wit mense met die regte opleiding en ondervinding.As dít ‘n uiters bitter pil is vir die ANC om te sluk, vat dan dáárdie wit mense se stemreg weg. Die geen stemreg word dan die “straf” vir apartheid. Dis darem beter as geen werk. Topbetuur+ander werkers kan swart bly.Ander swart werkers hoef ook nie “ondergeskik” aan dié wit sleutelwerkers te wees nie. Hulle kan buite-om en agter die skerms dinge regkry en direk aan topbestuur rapporteer. Al daardie swak staatsinstellings gaan uiteindelik regkom en dus nog werkskepping bevorder.
Voordat almal my nou kruisig oor stemreg wegvat: vanaf 1994 sê BAIE wit mense my hulle stem nie meer nie. Ek hoor gereeld “ons het ons kans gehad. Dis nou ‘hulle’ kans”. Eskom en treine en munisipaliteite wat elke dag 100% reg werk is in elk geval ‘n veel groter behoefte/reg as om 1 keer elke 5 jaar ‘n kruisie te trek. Dink buite die boks.

Jaco ·

Gee regrukwerk by eskom & ander vervalle staatsbedrywe vir wit mense met die regte opleiding en ondervinding.As dít ‘n uiters bitter pil is vir die ANC om te sluk, vat dan dáárdie wit mense se stemreg weg. Die geen stemreg word dan die “straf” vir apartheid. Dis darem beter as geen werk. Topbetuur+ander werkers kan swart bly.Ander swart werkers hoef ook nie “ondergeskik” aan dié wit sleutelwerkers te wees nie. Hulle kan buite-om en agter die skerms dinge regkry en direk aan topbestuur rapporteer. Al daardie swak staatsinstellings gaan uiteindelik regkom en dus nog werkskepping bevorder.
Voordat almal my nou kruisig oor stemreg wegvat: vanaf 1994 sê BAIE wit mense my hulle stem nie meer nie. Ek hoor gereeld “ons het ons kans gehad. Dis nou ‘hulle’ kans”. Eskom en treine en munisipaliteite wat elke dag 100% reg werk is in elk geval ‘n veel groter behoefte/reg as om 1 keer elke 5 jaar ‘n kruisie te trek. Dink buite die boks

Bostoe ·

Besef net wie in beheer van ons sogenaamde “MRK” is, dan het Solidariteit hul antwoord. Die MRK is net nog ‘n skoothondjie van ons ontaantasbare regering. Hulle moet eintlik SMRK heet “Sekere Mense se Regte Kommissie”.

Republikein in die Wes Kaap ·

SA is nou net so belaglik en irrelevant as Zimbabwe. Maar die dag kom nader dat die MRK lede se salarisse begin opdroog weens geldprobleme.

Hans ·

MRK bestaan uit oksimorone en hippokrate.
In 2024 is die ANC 30 jaar aanbewind in SA en hul het in rassiste en etnosentriste verander met wrtgewing en beleid.
Soos Prof Koos geskryf het, die papier grondwet bestaan nou net op papier, nie in die praktyk in SA nie!!!

electricmango ·

Soos daai wwe stoeier destyds gese het: I LIE I STEAL I CHEAT en die wereld love hom vir dit.

Althes ·

Die MRK het volgens my dubbele standaarde en hul onafhanklikheid word bevraagteken.

christo ·

Sekere minderheidsgroepe in seker nie ‘mens-genoeg’ vir die MRK nie.

Aggie ·

Althes, ek stem 100% saam. Daar moet altyd rekening gehou word met die Almagtige God en sy Woord. MAAR ons moet terselfdertyd onthou dat as Hy begin om die bose uit te roei, sal ons ook in die spêrvuur beland.

Thinus ·

Dit is rerig sleg om in ʼn land te lewe waar daar oor en oor blatant teen joi gediskrimineer word in die naam van “regverdigheid”.
Ons jong blanke generasie het meer in gemeen met die ouer swart generasies, wat ervarings in verband met rassisme en diskriminasie aanbetref, as wat die jong swart generasies het. Hulle hoor stories van wat aan hulle ouers gedoen is, maar is self nog nooit benadeel as gevolg van hulle ras nieen word inteendeel bevoordeel bo ander as gevolg van hulle ras. Ons as jong blanke mense vandag beleef eerstehands wettige en staatsgeborgde rassisme en diskrimimasie en niemand wil eers erken dat dit wat aan ons gedoen word verkeerd is nie. Waar is al die nasies wat gedurende apartheid vol opinies was oor gelykheid en rassisme? Is hierdie dan hoe gelykheid lyk?
En elke dag sien ons al meer en meer hoe katastrofies hierdie idees is vir ons land.
Al hoop is dat die Here eendag regverdig sal oordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.