MRK maak skikkingsvoorstel aan Catzavelos oor k-woord

Adam Catzavelos (Foto: Skermgreep uit die video)

Die Menseregtekommissie het ʼn skikkingsooreenkoms aan Adam Catzavelos aangebied. Dié sakeman het in die moeilikheid beland toe hy verlede jaar ʼn video van homself gemaak het waar hy in Griekeland die k-woord gebruik.

Buang Jones, voorsitter van die MRK in Gauteng, het aan Maroela Media gesê volgens die ooreenkoms moet Catzavelos publiek om verskoning vra en skadevergoeding van R200 000 betaal. “Hy en sy regspan het hoofsaaklik twee probleme met die ooreenkoms, waaronder die bedrag skadevergoeding en die beperking wat op Catzavelos geplaas word om in die toekoms rassistiese uitlatings te maak.”

Hy het gesê die MRK en Catzavelos is nou formeel in gesprek om die ooreenkoms te bespreek. Die kommissie het Catzavelos tyd gegun om die ooreenkoms te oorweeg totdat die saak op 29 Augustus in die gelykheidshof begin.

Jones het ook bevestig ʼn nuwe landdros sal die saak aanhoor nadat Naren Sewnarain van die saak onttrek het. Die MRK het daarop aangedring dat Sewnarain van die saak onttrek, omdat hy hegte bande met Catzavelos se prokureur, Lawley Shein, het. “Ons is baie tevrede dat die landdros onttrek het, en dat ʼn ander landdros die kans gebied sal word om die saak aan te hoor,” het hy bygevoeg.

ʼn Saak van crimen injuria is teen Catzavelos aanhangig gemaak. Jones het vroeër gesê weens die erns van die oortreding weier die MRK om te skik vir ʼn bedrag van minder as R200 000.

Die betrokke video het op sosiale media beland en blitsvinnig versprei.

Shain, Catzavelos se regsverteenwoordiger, het vroeër gesê ʼn dagvaarding, in Grieks, is ook op Catzavelos beteken. Dit is nog nie bekend wanneer Catzavelos in die hof in Athene moet verskyn nie. Shain het gesê die brief uit Griekeland lui dat Catzavelos beskuldig word van aanklagte wat verband hou met die aanhitsing en uitlokking van geweld en diskriminasie teen ʼn groep mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Skoolgeld ·

Ag, toe toe, toe…! Sy regspan se rekening is meer as dit. Betaal net en gan an met jou lewe?

Johan ·

Hierdie beweerde oortreding is in die buiteland gepleeg maar word ook in Suid-Afrika verhoor? Ek verstaan hierdie deel glad nie.

Lynette ·

Hierdie twak van die MRK moet nou end kry. Dis net n geldmaak storie!!!! Voor hulle nie swartmense wat rassistiese opmerkings maak, ook so erg beboet nie, sal niemand glo hulle doen eerlike, onpartydige werk nie.

George in Bloem ·

En wanneer kry Andile en Julius hulle beurte wonder ek? Hulle is mos beskermde wild wat blankes kan slegse soos hulle wil,net soos daai Mandela vrou onlangs en waar was die eenvoudige MRK(ANC skoothondjie) in die gevalle gewees? Lekker ou dubbele standaarde weereens in aksie. Some animals are indeed more equal than others. Die MRK se onkostes moet eintlik deur die ANC betaal word en nie die belastingbetaler nie want hulle werk vir hulle. Van onpartydigheid is daar GEEN sprake nie.

Nettie ·

@George in Bloem – wil ek mos nou presies dieselfde ding vra. Die MRK het duidelik dubbele standaarde, maar daaraan is ons mos nou al gewoon, nie waar nie? Die “misdaad” word in Griekeland gepleeg, waar mnr. Catzavelos nou volgens hulle/internasionale wetgewing vervolg word, maar hy word hier OOK vervolg? Maar Julius Malema en Andile Mnxgitama kan dreig om blanke mense dood te maak ens. ens. ens.??? Om nie eens te praat van Mandela se stiefkleindogter (of watookal) wat so uitgevaar het teenoor wit setlaars ens. ens. op sosiale media nie. Al wanneer dit sal stop, is wanneer iemand eendag opstaan en die MRK sélf by die Openbare Beskermer verkla (of dalk selfs hoër gesag) vir openlike rassisme. Tóé, Afriforum!!!

John ·

Mmm… diè dat ‘n skikkingsvoorstel gou gemaak wil word vir ‘n quick buck uit die familie want die MRK kan dalk die saak verloor omdat die opmerking in die buiteland gemaak is.

Gert van Wierdapark ·

Dis darem flippen ongelooflik met die spoed waar teen die saak hanteer is! Iets vir die Rek-ord-boeke!!! Baie, baie gel-uk aan die MRK – dit kan as regmerkie in jul groot boek beskou word, (R200 000 Bonus), maar nou vir vriend Julius en res = ons wag in spanning op die geskenk voor Krismis!!!! He-he-he!

Diezir ·

Hoe het die MRK nou jurisdiksie, nadat hulle nie met Patel in Sjina gehad het nie? Hierdie man se uitsprake was in Griekeland.

Andre ·

Diezir – Daardie is die “jackpot” vraag. Met Patel se storie was die MRK dadelik aan boord om te verkondig dat hulle nie jurisdiksie het nie omrede Patel die misdryf in die buiteland gepleeg het. Catzavelos het die woorde in Griekeland geuiter, maar nou het die MRK skielik “jurisdiksie” om hom te vervolg. Hoe werk dit, kan mens tereg vra. Die eenvoudige antwoord: dit hang van die velkleur af of die MRK se “jurisdiksie” het.

Manie ·

Maak n voorstel aan die mrk. As hulle jou twee honderd duisend betaal dan sal jy nie weer so praat. Hulle is elkgeval n klomp een ogige klomp rassiste hulself

Jaco ·

Die feit dat hy oortree het kan nie ge argumenteer word nie, ook nie sy straf nie, hy verdien dit. Die probleem egter is die MRK en Gelykheids hof is nie konsekwent. Enige wit oortreder word voor die voet gestraf en R200 000 is nou die aanvaarbare straf. N gekleurde persoon wat wittes met die dood dreig word nie eens vervolg, en indien hulle sou om die MRK guns te wen moet hulle net om verskoning vra, niks meer

Henry ·

Verklaar die MRK by die internasionale hof. Hulle word net deur die ANC gebruik vir eie gewin. Ons kan nie dat sulke gemors voort gaan nie Wie dink hulle is hulle??

Anon ·

Die feit dat hy in die buiteland was en in Suid-Afrika verhoor word is ‘n duidelike voorbeeld van hoe belaglik ons sogenaamde MRK en regering geraak het. Blankes kan genoem word net wat hulle wil en absoluut niks word daaraan gedoen nie. So nee, hierdie saak is belaglik en die MRK gaan tekere asof hulle hoog heilig is. Maar ons weet beter.

Kallie ·

So, wit buitelanders wat hier kom toer moet maar versigtig wees wat hulle sê en skryf.

Harry ·

Die gelykheidshof het GEEN bestaansreg nie, want:
– Die “voorheen benadeeldes” is na 25 jaar se pogings nog steeds benadeeld en word nou as permanent benadeeld beskou. Hul kan dus nooit as gelykes beskou word nie en moet dus permanent deur BEE kunsmatig bevoordeel word. Hul erken dus hul onvermoeens, maar mag net nie daaraan herinner word nie, soos wat Catzavelos per abuis in sy opregtheid opgewonde aan almal meegedeel het nie.
– Hierdie hof is uiters diskriminerend en rassisties, wat permanent benadeeldes nooit vervolg nie, maar alleenlik blankes.
Internasionale sanksies behoort so gou as moontlik teen ons regering ingestel te word, omdat hulle ‘n sekere minderheidsras onregverdig onderdruk en benadeel via hierdie sogenaamde gelykheidshof.

Sinies ·

Ek hoop hy weier die aanbod sodat die belaglikheid en eensydigheid van die MRK aan die wêreld ten toon gestel kan word.

sweis ·

Die mrk se naam moet verander word na wmv “wit mens vervolging” want dit is duidelik wat hulle doen en ons laat dit toe die nigeriërs jaag die bang polisie uit jhb,malema en kie sê wat hulle wil en hulle word nie vervolg so wat is hierdie diskriminasie en verdrukking van n minderheid groep?

Barry Taylor ·

Kan iemand in SA nie n go fund rekening vir Adam oopmaak nie.
Ek sal bydra.
Dis uiters onregverdig dat hy aangekla word maar die res van die lot malema en vele ander word ignoreer
Selfs hofbevele word deur hulle ignoreer

Welma ·

Waarheen gaan die geld dan nou? Wie trek voordeel uit die skadevergoeding?

Bokkom ·

Die “aanhitsing en uitlokking van geweld” gedeelte verstaan ek nie. Waar pas dit in? Die volgende klag sal seker wees dat hy “daar” ipv “hier” gaan vakansie hou het.

Joubert ·

Gelukkig kan die MRK nie hoor wat ek in my kar sê as ek in ons wonderlike verkeer rondry nie want dan sou ek nooit weer uit die skuld uit kon kom nie.

Wonder net ·

Die storie slaan my ook dronk.
Wat van Me Mandela met haar uitlating? Kan niks aan haar doen nie want sy het dit nie op SA bodem gemaak nie.
Adam is net ‘n gewone burger maar Me Mandela ‘n ambassadeur. Sy behoort swaarder gestraf te word.

hercu ·

wat se skade het mnr die Griek aangerig dat hy R200 000-00 moet betaal??

ek ruik ‘n vrot mKr rot, snuif…..snuif

Kobus ·

Gestel ‘n blanke is vasgevang in Johannesburg se spitsverkeer en ‘n taxi druk voor hom in. Indien hy die taxibestuurder toesnou met die gewraakte woord kan hy hom regmaak vir ‘n R200 000 boete. Geen hofsaak om die omstandighede te verduidelik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.