Die Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag gesê hy gaan pres. Jacob Zuma se seun, Edward Zuma, voor die gelykheidshof daag.
Dit volg nadat Zuma verlede week oudmin. Derek Hanekom in ʼn ope brief ʼn “walglike wit hond” genoem het wat “opgelei is om swart mense te verskeur”.
“Adv. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het Maandag besluit om op te tree teen die aanstootlike aanmerkings in die ope brief van mnr. Zuma,” het die MRK in ʼn verklaring gesê.
“Die kommissie gaan die saak verder na die gelykheidshof voer en glo sterk die inhoud van die ope brief kom neer op haatspraak, wat teenstrydig is met artikel 16 van die Grondwet.”
Die MRK het reeds Vrydag gesê hy gaan daadwerklike stappe doen teen Zuma nadat hy hom skuldig gemaak het aan rassisme en haatspraak.
Zuma het Saterdag teruggekap na die MRK en die kommissie ʼn “lae hond” genoem.
“Die kommissie is bekommerd oor dié uitspraak wat mnr. Zuma in die media gemaak het in reaksie op Vrydag se verklaring. Die MRK beskou sy uitlating oor die kommissie se konstitusionele mandaat as ʼn oortreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregte. Die kommissie sal daaroor stappe doen om mnr. Zuma strafregtelik aan te kla.”
Zuma het in sy brief ook vir Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, as ʼn marionet van wit monopoliekapitaal uitgekryt.
Die ANC in KwaZulu-Natal het intussen bevestig dat Zuma om verskoning gevra het vir sy uitlatings.
Lees die vorige berigte oor Edward Zuma op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
As MRK hulle werk doen met Meyer aan die spits laat Zuma R 300000.00 betaal soos die blankes dit moet doen ,Dan aanvaarbaar ons sy verskooning
Menige wit afrikaners het al hul werk verloor oor baie minder ernstige uitlatings wat ras gebasseer was,en hul verskonings is nie as versagtende omstandighede aanvaar nie.Die man moet summier ontslaan word,waar ookal hy indiens is.
As ek reg onthou het die pappegaaivrou ook verskoning gevra wat nie aanvaar is nie.
Laat hom ook persoonlik R300 000 betaal en groot asb wys vir ons die “proof of payment”
Hou ons asb op hoogte wat MRK doen.