MRK maak stem dik teen Edward Zuma se ‘wit hond’-uitspraak

Edward Zuma Foto: IOL

Die Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag gesê hy gaan pres. Jacob Zuma se seun, Edward Zuma, voor die gelykheidshof daag.

Dit volg nadat Zuma verlede week oudmin. Derek Hanekom in ʼn ope brief ʼn “walglike wit hond” genoem het wat “opgelei is om swart mense te verskeur”.

“Adv. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het Maandag besluit om op te tree teen die aanstootlike aanmerkings in die ope brief van mnr. Zuma,” het die MRK in ʼn verklaring gesê.

“Die kommissie gaan die saak verder na die gelykheidshof voer en glo sterk die inhoud van die ope brief kom neer op haatspraak, wat teenstrydig is met artikel 16 van die Grondwet.”

Die MRK het reeds Vrydag gesê hy gaan daadwerklike stappe doen teen Zuma nadat hy hom skuldig gemaak het aan rassisme en haatspraak.

Zuma het Saterdag teruggekap na die MRK en die kommissie ʼn “lae hond” genoem.

“Die kommissie is bekommerd oor dié uitspraak wat mnr. Zuma in die media gemaak het in reaksie op Vrydag se verklaring. Die MRK beskou sy uitlating oor die kommissie se konstitusionele mandaat as ʼn oortreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregte. Die kommissie sal daaroor stappe doen om mnr. Zuma strafregtelik aan te kla.”

Zuma het in sy brief ook vir Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, as ʼn marionet van wit monopoliekapitaal uitgekryt.

Die ANC in KwaZulu-Natal het intussen bevestig dat Zuma om verskoning gevra het vir sy uitlatings.

Lees die vorige berigte oor Edward Zuma op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andrione ·

As MRK hulle werk doen met Meyer aan die spits laat Zuma R 300000.00 betaal soos die blankes dit moet doen ,Dan aanvaarbaar ons sy verskooning

Deon Meyer ·

Menige wit afrikaners het al hul werk verloor oor baie minder ernstige uitlatings wat ras gebasseer was,en hul verskonings is nie as versagtende omstandighede aanvaar nie.Die man moet summier ontslaan word,waar ookal hy indiens is.

Cherokee ·

As ek reg onthou het die pappegaaivrou ook verskoning gevra wat nie aanvaar is nie.

Alida ·

Laat hom ook persoonlik R300 000 betaal en groot asb wys vir ons die “proof of payment”

pie in the sky ·

Insiggewend dat Edward Zuma se rassistiese “wit hond” uitspraak met n verskoningkie as remedie stilweg verdwyn, terwyl die arme ou wat die woord “bobbejane”gebruik, sy werk by Ekhurhuleni kwyt is. Die wonderlike dubbele standaarde van n “Demokratiese” SA.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hou ons asseblief op hoogte van wat met die hoeveelste Zumatjie gebeur. Hoeveel van hulle is NOG daar om ons teen die mure op te stuur? Almal natuurlik met hul kaalgskeerde koppe. Ai, dat hul nou met die hare moet stoei.

madels ·

Ek wonder of hy nie ook n pion is in die hande van die Gupta en Zumas nie!! Miskien het hy nou juis dit gese sodat die media se aandag op hom is en nie op die korrupte Jacob Zuma en die Guptas nie. Hy moet glad nie so baie aandag kry nie, hy kry heeltemaal te lekker. As die media niks meer oor hom se nie, en hom net ignoreer sal dit dalk nog uitkom dat hy ook deur die Guptas betaal is om almal se aandag van hulle af te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.