MRK Maandag na George-ramptoneel

(Foto: Herman Pieters, Tuinroete-munisipaliteit)

Die Menseregtekommissie (MRK) sal Maandag die uitvoerende leierskap van die munisipaliteit op George ontmoet en daarna die terrein, waar ʼn gebou verlede week ineengestort het, inspekteer.

Wisani Baloyi, woordvoerder van die MRK, sê die doel van die besoek is om die oorsaak van die ineengestorte gebou te bepaal, die uitwerking daarvan en die stappe wat nou gedoen kan word om enige “toekomstige menseregteskendings te versag”.

Die MRK sê hy is bemoedig deur voortgaande soek- en reddingspogings, maar bly veral bekommerd oor die regte van die geraakte werkers, veral hul regte op gesondheidsorg, veiligheid en lewe.

“ʼn Deel van die besoek is daarop gemik om planne te beraam om te verseker dat die werkers en die geraakte gemeenskap ʼn vorm van vergoeding ontvang. Die besoek is ook gemik op die ontwikkeling en inwerkingstelling van maatreëls wat aanspreeklikheid sal waarborg en sulke voorvalle in die toekoms sal verhoed,” sê Baloyi

Die dodetal het teen Maandagoggend op 24 gestaan.

Altesame 81 mense was op 6 Mei op die perseel toneel toe die gebou in Victoriastraat ineengestort het. Dertien mense is in hierdie stadium in die hospitaal en 33 mense word nog vermis.

Die MRK het sy simpatie met die betrokkenes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter francois ·

Stem weet waar pas hulle in die prentjie nie so celi wat soek hy daar

Porseleintjie ·

“Hulle regte op gesondheidsorg, veiligheid en lewe. Toekomstige menseregteskendings” is die rede vir die besoek lees die berig. En die boere in die land wat so vermoor word? Hoekom word daar nie vir dieselfde regte vir hulle opgestaan nie? Het die MRK al ooit ‘n plaas besoek na ‘n so ‘n moord???

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SAPD moet ‘n dossier open aangesien daar sterftes was. Cele het dus ‘n rede om daar te wees. Indien Arbeid se ondersoek wel toon dat werkers misbruik is kan die MRK ook later toetree. Vir nou moet hulle eerder wegbly. ‘n Moontlike MRK ondersoek is vroegtydig.

domheks ·

Elke Jan Rap en sy maters was nou al daar. Gee kans dat die mense/lyke opgespoor word. Onthou net wie betaal julle hordes se vervoerkostes. Julle kan net kyk en wat dan? Niks -soos gewoonlik.

Nierkie ·

Om vir ‘n paar dae by Fancourt ingeboek te wees klink nie te versmaai nie.

Heinrich ·

As die MRK daar is, was dit seker weer Jan van Riebeeck se skuld dat dit gebou ingestort ht…

Jakes ·

Die MRK probeer stemme werf vir die ANC. Dit is snert dat enige persoon nou al sal weet wat die ramp veroorsaak het.

Henker ·

Hoe gaan die MRK bepaal wat die oorsaak was?? Gaan net met opgeswelde boepens en reflector jacket en hande in die sye daar staan en kyk, maar weet nie waarvoor hy kyk. Sien foto van Bheki Cele en kie..
Lekker paid for vlieg in aeroplane en aflaai in n Merc. En dan lekkkerrrr wine and dine by die 5 ster hotel vir 4 dae lank. Dis nou goeie waarde vir belasting geld!

Klip ·

MRK het julle geweet dat ongeveer 27 000 mense laasjaar in SA vermoor is en 10 000 mense in padongelukke dood is en 40 000 verkragtingsake aangemeld is ? MRK waar is julle? Konsentreer op die regte aangeleenthede en moet nie probeer om polisie in hierdie geval te speel nie.Julle hoort nog nie daar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.