MRK moet Malema-uitsprake ondersoek, vra VF Plus

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die VF Plus het die SA Menseregtekommissie (MRK) versoek om klagte te ondersoek teen die EFF-leier, Julius Malema, nadat hy mense onder meer aangehits het om onwettig grond van wittes af te neem en te beset.

Anton Alberts, woordvoerder van die party, het gesê die versoek is ook gerig dat die ondersoek saamgevoeg word met dié teen pres. Jacob Zuma waarmee die MRK nou reeds sedert Januarie verlede jaar sloer.

“Die VF Plus het vandeesweek ook ʼn klagte by die MRK ingedien teen Palesa Sotjifa wat op Twitter glo onder meer die EFF sou aangehits het om wit mense te vermoor,” het Alberts bygevoeg. “Die MRK is ook gevra om te sê waarom hy nagelaat het om uit sy eie klagte van rassisme teen Sotjifa te ondersoek terwyl in ander gevalle en teen ander persone wel opgetree is sonder dat klagtes ingedien is.”

Volgens Alberts hou die klag teen Malema verband met uitlatings wat hy luidens berigte op 26 Junie vanjaar in New Castle, KwaZulu-Natal gemaak het. Hy het glo onder meer gesê wittes het geen reg op grond in Suid-Afrika nie, en swart mense moet dit beset en eienaarskap daarvan neem.

“Dit is ʼn uiterste vorm van aanhitsing tot geweld wat groot rassewrywing kan veroorsaak aangesien onwettige besettings ongetwyfeld tot geweld aanleiding kan gee. Sulke uitlatings is verdelend en het die potensiaal om ʼn bloedbad te veroorsaak indien mense in groot getalle gehoor gee daaraan. Dit is daarom verstommend dat die MRK nie uit sy eie sulke uitlatings ondersoek nie, maar in ander gevalle wel vinnig optree en mense swaar beboet.”

Volgens hom vra die VF Plus die MRK nou reeds sedert voor die verkiesing in 2014 om klagtes van moontlike haatspraak en opsweping tot geweld teen Malema, pres. Zuma en van hul ondersteuners te ondersoek. Tot dusver was daar geen optrede nie.

“Na pres. Zuma se uitlatings in Januarie verlede jaar oor Van Riebeeck, het die VF Plus die MRK ook gevra om dit te ondersoek, en die kommissie het wel die president versoek om teen ʼn sekere datum verlede jaar op die klagte te reageer. Hy het die versoek bloot geïgnoreer en die MRK het niks daaraan gedoen nie.

“Eers nadat die VF Plus die MRK vanjaar hard oor sy gebrek aan optrede teenoor sekere mense begin aanvat het, onder meer ingevolge die Paia-wet, is die ondersoek teen die president hervat. Die MRK moet besef hy is daar om die mense van Suid-Afrika sonder vrees of vooroordeel te dien.

“Die VF Plus is van mening dat die MRK met sy optrede tot dusver die indruk geskep het dat hy dit nie doen nie, en die party sal voortaan groot druk op die kommissie plaas om wel sy mandaat behoorlik uit te voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

vierkleur ·

Dankie dat julle probeer. Ongelukkig dink ek nie daar sal iets van kom nie.
Hulle sal net hulle watsenaams daaraan afsmeer en aangaan. Dis mos net wittes wat rassiste kan wees

Koos ·

Ten minste is daar nou ‘n saak teen hom geopen en kom daar niks van word ‘n president geskep en kan veroordeelde mense soos Sparrow en ander dit gebruik tot hul voordeel

Frederik ·

Is daar enige wet wat die mense, wat swaar beboet is, kan verplig om die boete te betaal ? As die MRK nie ewehandig optree nie, kan ‘n boete seker nie afdwingbaar wees nie.
Enige leser wat dalk meer lig op my siening kan werp ??

Maria van Dieweeck ·

Vat hul, een vir een aan. Dit sal n verskil maak. Ons kyk wat se n hof oor die sprokie dat net witmense rassiste is.

Frik Lotz ·

Mense wat sulke rassistiese uitsprake maak moet vasgevat word. Hul maak en breek nes hul wil en kom weg daarmee. Dankie dat VF Plus aandag daaraan gee en iets doen aan die saak. Soos gewoonlik is die DA tjoepstil hieroor. Nog redes om VF Plus te ondersteun, vir hul te stem en sterker te maak.

Chris Ws ·

Frik nog 100% ondersteuning vir jou siening en kommentaar!Ek stem vir die VF+ al se wie wat!

M ·

Hoef nie te vra wie beheer MRK…dis mos wit wat vra dat daar teen swart opgetree moet word en nou word daar ander pad gekyk en optrede is traag(soos die “sloths in die kinder fliek zootopia) ,maar die oomblik as wit teen swart iets sê hoef daar nie n versoek gerig te word van enige swart wat aandring op n ondersoek nie dit gebeur outomaties. Jan de Wet sing on een van sy liedere “wit teen swart en swart teen wit,dit het nog nooit verander” en ek sê dit sal NOOIT verander…ons kan probeur en voorgee maar die kleinste vonkie en die rasse vure vlam hoog.

Max ·

Die mens het al probeer om die skeppingsorde aan te pas by Babel en tans in die VSA. Gaan kyk na die gevolge. Dit voel nogal bekend in die Nuwe RSA !

Tiger ·

Die VF+ is die enigste party wat bereid is om op te staan teen die ongeregtigheid wat die anc en eff bedryf teen blankes.Mooi so VF+ ,wys die da stemmers staan hul party stil ( eintlik SIT ) as dit kom by regte vir blankes.

Joann ·

M ek stem saam. En wat het DA gedoen? Niks want hul ook maar ANC Lite. VF+ mooi so.

PMB ·

Laat dit nou n wit persoon wees wat so iets kwyt raak dan het al die “comrades” weer gal gebraak. Die land is oppad na waar Zimbabwe is…………

Sterretjie ·

Net nou die dag het hy die wit plakkerskamp besoek en gese hy sal hulle help en nou wil hy weer by die wittes wegvat. Die mense wat nog val vir sy leuens is blind.

HEVW ·

Die man wat nou sing oor swart en wit moet maar liewer swyg. In studentedae het hy hom geywer om sosiaal gemeng op die kampus Stellenbosch te verkeer. Beslis n voorloper van huidige omstandighede daar.

Phillie ·

Ons moet sy woorde verbatim gebruik op Twitter en as hulle ons aanvat wys dat dit eintlik malema is wat dit gesê het

Theo ·

Alhoewel eeue ou nuus, verfris ek net julle geheue. Die satan is die vader van die leuen. Luister maar wie leuens vesprei en die waarheid verdraai. Oftewel vir ons n glas vars en brak water gemeng aanbied. Die gesplete tong. Nou gaan maak jy jou kruisie op 3 Augustus, moenie wegbly nie.

Lance ·

Die man is n populis en se vir jou wat jy wil hoor net om jou stem ook te probeer kry …joke is net dat sosialisme …maw vat van die ryk en gee vir die arm . . Wys my net 1 plek in die wereld waar dit werk …hoekom dan nog gaan en jouself probeer verbeter in die lewe maw watse motifeering is daar om bv te studeer en n vaardigheid te bekom as jy kan se jy is arm en dan grond water en elek verniet kan kry . .. dit kan mos nie werk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.