MRK moet optree na Ekurhuleni-burgemeester se uitlatings

Mzwandile Masina by ʼn herdenkingsdiens vir die struggle-veteraan Chris Hani in Boksburg (10 April 2017). Skermskoot: eNCA

Dreigemente wat die burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina, Maandag met die gedenkdiens van Chris Hani se afsterwe gemaak het, is volgens die VF Plus rassisties, beledigend en dreigend van aard teen wit mense en die Menseregtekommissie (MRK) is gevra om dit te ondersoek.

Masina se dreigement was teen wittes en die organisasie SaveSA gerig. Maroela Media het vroeër berig hy het gesê, “Ons vra mooi, julle moet ophou om ons land te verdeel, want dié wat in 1994 by julle gestaan het, sal nie oor vyf jaar hier wees nie. Indien julle so voortgaan, kan dinge baie rof raak. Ons is baie. Dit is nie ʼn dreigement nie. Ons is baie en dit kan baie, baie rof raak.”

Hy het ook gesê: “Dis baie belangrik dat ons ʼn baie, baie sterk waarskuwing uitstuur [dat] ons enige individu sal verguis wat in die pad staan van nasiebou en maatskaplike kohesie in Suid-Afrika. Ek wil vir ons wit eweknieë in Suid-Afrika sê hulle moet baie versigtig wees…”

Jennifer Rautenbach, VF Plus-raadslid vir Ekurhuleni, het gesê die uitlatings is uiters kommerwekkend en die indruk wat dit skep is dat wittes ernstige leed aangedoen kan word indien hulle nie saamstem met alles wat die ANC-regering doen nie.

Sy sê die woorde van Masina veroorsaak rassewrywing en -verdeling en is uiters onheilspellend in ʼn land waar die staatspresident reeds ʼn klimaat van rassespanning geskep het met sy verdelende uitlatings.

“Die VF Plus sien hierdie aangeleentheid in ʼn baie ernstige lig. Indien dit ongehinderd voortgaan, kan dit ernstige gevolge vir almal in die land inhou. Die party versoek daarom die MRK om sonder enige vooroordeel hierdie uitlatings deeglik te ondersoek en streng op te tree om dié groeiende tendens in die kiem te smoor.”

Die VF Plus het ook pres. Jacob Zuma by die Menseregtekommissie verkla oor uitlatings in sy toespraak met die herdenking van Chris Hani se moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mieder ·

Hierdie uitlatings kan direk gekoppel word aan die aanslag op die plase. Wittes word wreedaardig vermoor en die mense regte kommissie doen niks daaraan nie

Cherokee ·

Nie die menseregtekommisie òf die DA (en hul massa saamstemmers wat ook deel is van hierdie forums) doen enigiets daaraan nie.

Jordaan ·

Ek verwag nie enige aksie nie. Die MRK val nie juis oor hulle voete as dit nie wit op swart rassisme is nie.

Hennie ·

“Max” het vanoggend op RSG gesé die “STEM” moet uit die Volkslied verwyder word.

Antjie ·

Kan die Grondwethof nie ook gevra word om instansies soos die MRK en OB se partydigheid oor swart rassisme en vooroordeel te ondersoek nie? Het hulle nie reeds ons vertroue verloor nie? Indien mens daar faal kan mens makliker internasionaal ook regkom. Ons kan ons beeld as honde in die internasionale media se oë selfs vinniger herstel.

Na die positiewe tekens die laaste week van ander rasse en politieke groepe af, het ek hernude vertroue in die oppergesag van die reg.

Irene ·

So siek en sat mense se gemors laat hy doen net wat hy wil hoekom ons so dreig

Johann ·

MRK. Mors van tyd en geld. Kos belasting betalers waarskynlik MILJOENE om niks te doen nie. SKUUS: in te staan vir absurde belaglikhede teen blankes en die toepassing van eenrigting rassegeweld teenoor blankes. Slapgatte te bang om op te tree teen swart rasbeheptheid.

Kietie-Kat ·

Wultin, DA of ANC wat is die verskil. Ek dink jy spel dit maar net anders.

Willie ·

Kyk, Zille, n oud en getroue vegter vir swart bemagtiging. Sy veg haar lewe teen apartheid. Sy lei swart leiers op vir die DA, en nou !!!! Beteken dit niks vir haar nie. Sy word deur haar eie studente aangekla en gefire. Aaaai , nou is sy net n gewone wit rassis . Waar is haar swart leiers wat sy opgelei het, hoekom sit hulle nie hulle naam en party op die spel en fight vir haar nie, nee, want sy is wit. Wel, die DA is die ouens wat nie in die Anc plek kry nie. Patetiese veraaiers. De Klerk se maatjies. Ek haat geen mense nie, maar politikuste, hulle is vals mense

Cherokee ·

As hier ‘n ‘like’ of verkieslik ‘hou van’ of in dier voege was, hoef ek nie al hierdie drama gedoen het om vir Willie te sê, ek smaak jou skrywe! Jy praat Boeretaal! Dankie Willie.

Adrian ·

Hy is rassisties. Toe Hitler momentum en ondersteuning van die Duitse volk soek het hy sy aanvalle gekonsentreer op die Jode en aanhoudend gekarring en die Duitsers opgesweep totdat die haat so groot was dat hul die jode vermoor en verbrand is. Die Nazis het kinders gebruik om jode aan te rand en uit huise te sleep , boeke asook Bybels op hope aan die brand gesteek hulle het bekend gestaan as die bruin hemde. Vandag sit ons met die jong kommuniste, die anc jeugliga asook die Eff jeugliga. Als in plek nou blaas Zuma + sy trawante Malema + sy trawante haat aan teen die Wittes. Broers en susters die tafel is gedek wees waaksaam wees sterk hou aan God vas dit kom verseker

SARIE VAN HEERDEN ·

Hennie (‘n dag gelede) jy praat seker van Max du Preez. Ek was nou die aand by ‘n funksie waar hy ‘n praatjie gelewer het en ek het my verwonder aan die man se insig en kommentare. Maar Max sing nie altyd dieselfde deuntjie nie. Luister na hom, lees wat hy skryf en vorm dan jou eie opinie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.