MRK moet SAPD-rassisme ondersoek – Solidariteit

Renate Barnard en dr. Dirk Hermann van Solidariteit

Solidariteit het vandag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) versoek om ondersoek in te stel na vals klagtes van rassisme en ander vorme van rassisme in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die versoek volg op ʼn verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) wat dui op sistemiese probleme ten opsigte van rassisme in die SAPD. Die verslag is ook aan die SAPD oorhandig met ʼn versoek vir dringende optrede.

“Die tendens van vals klagtes van rassisme in die SAPD is ontstellend. Die verslag dui ook op die emosionele uitwerking op slagoffers. Die SAMRK reageer kragdadig en uit eie beweging oor bewerings van rassisme en die gebruik van onaanvaarbare rasterme indien dit wit teenoor swart is,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Die SAMRK se reaksie op hierdie verslag sal ʼn belangrike toets vir sy objektiwiteit wees.”

Altesaam 56 gevalle van beweerde rassisme en dubbele standaarde ten opsigte van die hantering van rassisme is by Solidariteit in Oktober aangemeld, wat daarop dui dat lede van sekere rasse in die SAPD in ondraaglike omstandighede werk waar daar geen gevolge is vir diegene wat valse aantygings maak nie, maar wel gevolge vir die slagoffers van die leuens, sê Solidariteit.

“Die bevindinge dui op ʼn patroon in die wyse waarop wit SAPD-lede hanteer word: Eerstens word daar griewe en valse beskuldigings van rassisme teen wit lede ingedien nadat hierdie lede ondergeskiktes gedissiplineer het of bloot oor die feit dat hulle wit is. Daar is ook bevind dat indien die beskuldigdes onskuldig verklaar word, diegene wat onwaarhede versprei het nie aan die pen ry nie en die beskuldigdes dan uiters negatiewe fisieke en emosionele gevolge moet dra,” sê Annelise de Vries, ʼn navorser verbonde aan die SNI.

Die verslag sal ook aan die SAPD oorhandig word met ʼn aanmaning om sterk op te tree teen diegene wat hierdie valse aantygings maak.

Renate Barnard, sektorkoördineerder by Solidariteit, sluit af: “Hierdie lede word deurlopend blootgestel aan ernstige aantygings en dissiplinêre optrede, bloot op grond van hul ras. Indien hierdie lede dissipline probeer toepas, word hulle valslik beskuldig van rassisme en ander ernstige wangedrag. Ondergeskiktes en kollegas word bloot op grond van hul ras geteister, kry geen bevordering nie en word selfs gedreig dat hulle hul werk sal verloor. Dit is onaanvaarbaar dat mense blootgestel word aan dubbele standaarde en dat hul regte nie deur hul werkgewer beskerm word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oud Rhodie ·

Ek verstaan nie. Waar is die beloofde wigte en teenwigte dan ?

Thinus ·

Wat verwag mens van swart polisiebeamptes en bestuur wat nie daar hoort nie. Hulle vlak van standaard en logika is so laag, dat hulle altyd die rassekaart speel as hulle onbevoedheid blootgele word. Hulle is die grootste rassiste en weet hulle word ondersteun deur ‘n rassistiese bestuur en regering. Moet ook nie julle asem ophou dat die ewe rassistiese MRK met hulle dubbele standaarde hul werk gaan doen nie. Kyk wie werk vir hulle en maak julle eie gevolgtrekking. Dis net nog’ n onbevoegde en irrelevante anc puppet wat na sy meester se pype dans. Die gelykheidshof is ook nie veel beter nie, hul bubbele standaarde in hul uitsprake hang ook soos ‘n onderrok uit. Die hele spul is kop in een mis en kans net rassisme gebruik as beskuldiging, dit tetwyl hulle die ware rassiste is.

George in Bloem ·

Kon dit nie beter stel nie. Absoluut in die kol.Amen.

Irma ·

Hulle beskuldig onskuldige lede van dit wat hulle self elke dag aan die wit lede doen. Dus die geagte lede staan self agter die deur. Dis om op jou tande te kners. Ek wonder net. Is dit hoe lede wat in murg en been wets toepassers is optree, of is dit die klomp waarvoor ‘n lekker werkie geskep is ?

Feite ·

Lippetaal, kommissies en hofsake het nog niks verander nie, inteendeel die rasgebaseerde diskriminasie aanslag teen die ANC/eff se opponente het vererger. Die staat, ingesluit die SAPD is lankal nie meer A-polities nie, hulle is ideologies in diens van die ANC/eff en die onafhanklikheid van die howe kom nou ook toenemend onder ANC ideologiese druk. Aan die een kant is dit goed om dit te toets en aan die ander kant lyk dit of die getoetsery soos parafien op die vuur is namate die aanslag vererger, want “lets face it”, niks het nog beter geraak na al die getoetsery nie!

HEVW ·

Ja en hoe sal ons mense in die toekoms die arbeidsmark beleef as regstellendeaksie en s e b opgehef is. Baie van ons sal elke oggend hulself werk toe sleep terwille van brood op die tafel.

George in Bloem ·

Niks sal verander nie. Inteendeel dit gaan eerder nog slegter word. Ek bly reg oorkant ‘n polisiestasie en voel glad nie veilig hier nie. Inteendeel ek is bang as ons naweke weg gaan na ons kinders toe dat ons huis nie veilig is nie want hulle weet ons is weg.Dit is nie veronderstel om so te wees nie maar dit is. Ek het GEEN vertroue in die spul nie.

Fanie Meintjes ·

Het dit in 1998 al by die destydse Ontvanger van Inkomste beleef. Sodra jy beheermaatreëls instel en beheer uitoefen word jy as ‘n rassis uitgekryt. Dis nie ‘n nuwe tendens nie. Hulle kan egter nie beheer uitoefen of aanvaar nie. “Blameshifting” is ‘n gunsteling manier om verantwoordelikheid te verplaas. By hierdie SAPS lede is die passie wat ‘n polisieman moet hê nie ter sprake nie, vir hulle werk hulle net vir hulle salaris. Polisie, verpleging en onderwys (net ‘n paar voorbeelde) is ‘n liefdesdaad waarvoor jy ‘n passie moet hê. Indien almal ‘n passie vir hulle werk sou hê, sal die polisie weer ‘n mag ipv ‘n diens wees.

George in Bloem ·

Kry ‘n rassistiese anti blank instansie om rassisme teen blankes in ‘n rassistiese organisasie te ondersoek en altwee betrokke organisasies rapporteer aan dieselfde rassistiese anti blanke base van die ANC regering. Mooi man. Enige weddenskappe op die resultate van hierdie “ondersoek”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.