MRK moet sê oor klagtes teen Zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het nou dertig dae tyd om te antwoord op ʼn vraag oor wat van klagtes word wat teen onder meer pres. Jacob Zuma ingedien word, wat onder meer klagtes van beweerde haatspraak insluit.

Die Vryheidsfront Plus span nou die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) in om antwoorde van die MRK hieroor te kry. Benewens klagtes teen die president, wil die VF Plus ook weet wat van klagtes teen die regering en staatsdepartemente geword het.

Volgens ʼn lys van sake by die MRK wat die VF Plus na ʼn parlementêre vraag bekom het, is vyf klagtes, wat tussen 13 en 22 Januarie verlede jaar teen die president ingedien is, nog in die “ondersoekfase”. Nog klagtes is sedertdien teen Zuma ingedien, maar word nie op die lys aangedui nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sê maar net ·

Ag vader tog raak net ontslae van die man. Wie wil nou ‘n “leier” hê wat haatspraak aanhits, wat blankes haat? So iemand kan mos nie ‘n land se leier wees nie? Hy is ons land se ondergang. Die beter opsie is, dat hy maar eerder vrywillig gaan.

Humor ·

Om in vrye wil te gaan, NOOIT!!!! Hy idealiseer nie net vir mogabe nie maar ook veral vir idi amin.

Loeis ·

Dan is daar mense wie se dat kleiner partye geen impak het nie, terwyl bewyse to die teendeel volop is.

Cherokee ·

Probleem Loeis, is dat diè tipe werk wat gedoen word te min mediadekking kry.

Johann Marx ·

Ons kan nie van hom ontslae raak nie. Nie nou nie, want Suid Afrika het ‘n “verteenwoordigende demokrasie” en nie ‘n “deelnemende demokrasie” nie. In ‘n deelnemende demokrasie wat hy lankal uit….per referendum. In ‘n “verteenwoordigende demokrasie” kan geen referendum gehou word nie, want al “reg” wat jy het as kieser is om vir ‘n party te stem wat jou “verteenwoordig” en basies kan maak soos hulle wil vir die termyn waarvoor hulle verkies is, is om met die volgende verkiesing NIE weer vir hulle te stem nie. Met ander woorde……jy is geskroef vir jou keuse van verteenwoordiger se termyn.

My bydrae ·

En dan wil baleka mbete ook haar deel vd sny koek hê. Van erg na erger

Henry ·

In ag genome wie en wat sommige ‘kommissarisse’ van die MRK is, is daar nie veel hoop dat Zupta en/of enige ander lid van die huidige regime, vir haatspraak teen Afrikaners aangespreek sal word nie.
Selfs Malema kan rustig slaap.
Dit is natuurlik ‘n heel ander keteltjie propvol vrot vis wanneer die Pukke of ander wittes skuldig gevind moet word aan allerlei absurditeite wat in die droomwêrelde van MRK narre soos ‘kommissaris’ Wessels aan’t spook is.
Foeitog…

Henry ·

Moenounie vir my vertel dat u my kommentaar poging(s) in die snippermandjie gooi omdat ek nie respekvol is wanneer ek na Leon Wessels verwys nie.
Vreemd, veral wanneer mens na al die kommentare en skryfsels oor Zupta – askies Zuma – op hierdie blad kyk. Hy is tog president en leier van die regime wat al dansende ons Afrikaners beledig. Of is dit ook te PI ( Politiek Inkoorrek) vir die woordspietkoppe???

Henry ·

Gits! En daar verskyn my poging.
Ek en my pogings is seker maar net op ‘n swartlys wat beteken dat elke poging eers goed gekeur moet word, alvorens dit geplaas mag word.
Nou toe nou.

Tiger ·

Ek het net soveel vertroue in die MRK se onpartydigheid as in zumpie se onpartydigheid =NIKS!

Siestog ·

Snaaks dat hulle Jenny Sparrow al hof toe vat. Die MRK bestaan ook maar net uit ‘n spul rassiste. Geen wonder niks kom van Zuma en sy gespuis se haatspraak teen die blankes nie.
Die land maak my siek. Jy sal sweer hulle is God’s gift to earth!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.