MRK nou self gelykheidshof toe oor BLF

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die Menseregtekommissie (MRK) het sulke ernstige klagtes oor die BLF-president, Andile Mngxitama, se uitlatings die afgelope naweek op Potchefstroom ontvang dat hy besluit het om die saak in die gelykheidshof verder te voer.

Die MRK sê hy is diep besorg oor die voortdurende openbare uitlatings deur politieke leiers en lede van die publiek wat die potensiaal het om elke Suid-Afrikaner se reg op veiligheid te skend. Die uitlatings benadeel ook maatskaplike samehorigheid en ondermyn nasionale eenheid.

Die kommissie sê in ʼn verklaring hoewel vryheid van spraak belangrik en onontbeerlik in Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie is en die MRK dit sal bevorder en beskerm, moet daarop gelet word dat dit nie ʼn reg sonder beperkings is nie.

Die kommissie meen die uitlatings deur Mngxitama oorskry die perke van wettig toelaatbare spraakvryheid; vandaar die besluit om met ʼn regsaksie in die gelykheidshof teen hom te begin.

Die MRK het Woensdag gesê hy het talle klagtes ontvang ná Mngxitama se toespraak op 8 Desember in die Ikageng-stadion tydens die verkiesingsbekendstelling van BLF.

“Die kommissie het ook ʼn video van die saamtrek gekyk waarin mnr. Mngxitama vir die gehoor sê hulle sal wit mense doodmaak,” het die MRK gesê. Hy het belowe BLF sal “hul vroue doodmaak, ons sal hul kinders doodmaak, ons sal hul honde doodmaak, ons sal hul katte doodmaak, ons sal enigiets doodmaak wat ons aantref …”.

Die DA en AfriForum het Mngxitama ook oor dié uitsprake by die gelykheidshof aangegee, terwyl die VF Plus ʼn strafregtelike aanklag teen die BLF-leier aanhangig gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jerry ·

Almal moet nou so n bietjie terugstaan laat ons net kan sien hoe die MRK hierdie een gaan hanteer en wat die uitkoms gaan wees.

Magrietha ·

Dit is kwaad steek tussen nasies stop met dit dat ons saam kan leef

Riaan ·

Ag asseblief! Oe verblindery, niks anders. Die ” kind” sal NIKS oorkom nie. Die MRK en gelykheidshof het nie die balls om blf aan te vat nie!
Ons moet maar self plan maak?

Anestus ·

Penny Sparrow went to jail for far less than this. Let’s see what comes of this and if justice will prevail

RG ·

@Riaan, na aanleiding van ‘n ander artikel (en hoewel ek persoonlik nie glo dit is die oplossing nie) oor ‘n boer wat ‘n oortreder op sy plaas aangerand het is dit presies wat nou gebeur. Wat verwag hulle? Mense is klaar, en het genoeg gehad! Ons leierskap gaan nog almal van hul morele hoëgrond troontjies afgeklap word wanneer dinge hand uit ruk. En dit is hier…

Jacques ·

RG – Ek stem 100% saam met jou . Die mense is gatvol vir die dreigemente van kinders op podiums wat nie eers deel van die vorige regering was nie bloot omdat hulle nog nie eers gebore was nie . Die witmense in die land word gedreig maar as die rolle om gekeer word is dit rassisme . Nee wat HKGK !

robert naude ·

Wat vir my irriteer is dat die wie se monde so vol haat en nyd is, blf/eff, nog nie een ń dag se eerlike werk verrig het nie of iets gedoen het om die land en mense op te bou nie,maar die haatspraak word nie terug gehou nie.

ANNA ·

Ennnn…dis nou HÓÉ vêr…die MRK se byt gaan bly…hulle is opreg BEKOMMERD, right jaaa… !!!
En álmal is en bly BEKOMMERD, siestog!
En doen absoluut NIKS daaromtrent?

Pieter ·

Waarskynlik word MRK polities beheer en sal hul net optree as hul “base” daarop aandring. Hul rekord skep geen vertroue nie.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Ennn…dié brawe grootbek oukies se geKEF het meer byt asi MRK se bekommernis…???

Pieter ·

Andile die grootbek is nie alleen nie. Die hele leierskap en veral Lindsay Maasdorp is medepligtig.

Geregtigheid ·

Die ANC se stilswye maak hom ook skuldig aan die uitlatings van BLF en EFF. BLF is maar die hondjie van die EFF.

Cornelia ·

Daar is tog ‘n reuse kloof tussen vryheid van “spraak” en dreigemente? Wie nie hier kan onderskei nie is net so skuldig as die wat terreur galbraak. En die MRK kan maklik maar hand in eie boesem steek. Waar lê hulle onderskeid tussen gesonde leierskap enersyds en niks seggendes wat niks op hul agenda het buiten dood en bloedvergieting nie.

Maljan ·

Wha ha ha ha ou aan-die- lê, jy was mooi getrein om die val te vat vir malema

Eentweedrieblufjouself ·

Moenie dink as hierdie tipe mens stilgemaak word hy gaan skielik van plan verander nie. Dit sal slegs beteken hy gaan in stilte voort met sy planne, en almal in die land dink ons het grootse vrede gewen en is houtgerus langs hulle braaivure. Dis uiters gevaarlik as hy stil raak, dan weet niemand meer waaraan hy dink nie.

Dries du Toit ·

Daar is geen twyfel dat die BLF en EFF direk en indirek die oorsaak is van plaasmoorde . Maak hulle hul leiers stil gaan die plaasmoorde net nog stil stil aan

MHB ·

MRK moet eintlik AANGEKLA word by die internasionale hof omdat hulle NIE onpartydig is nie .. en omdat hulle ook net sekere rasse vervolg en ander se oortredings oorsien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.