MRK ondersoek lankal nie meer Ashwin-‘rasherrie’

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse destyds tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel afgestorm het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) bemoei hom lankal nie meer met Ashwin Willemse se destydse bewerings van rassisme en viktimisering by SuperSport nie.

Dit is meer as vyf jaar sedert die voormalige SuperSport-spelontleder in 2018 tydens ʼn regstreekse uitsending van die SuperSport-stel afgestap het ná ʼn woordewisseling met Nick Mallett en Naas Botha.

Daar het egter eindelik niks van die ondersoek gekom nie nadat Willemse glo versuim het om sy samewerking te gee.

Wisani Baloyi, woordvoerder van die MRK, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die kommissie het sy ondersoek na die voorval reeds in 2021 afgelas nadat daar geen reaksie van Willemse ontvang is nie.

“Die kommissie het die ondersoek gestaak weens Willemse se gebrek aan samewerking.”

Maroela Media het destyds berig Willemse het van die stel afgestorm nadat hy aangedui het dat hy nie langer verkleineer sal word “deur twee individue wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het” nie.

SuperSport het in reaksie op die voorval adv. Vincent Maleka SC aangestel om ʼn onafhanklike ondersoek te doen na die oorsaak van dié uitsprake en die rede vir Willemse se uitbarsting. Maleka het eindelik bevind dat daar geen “openlike rassisme” aan Botha en Mallett se kant was nie.

Hy het ook bevind daar was nie subtiele rassisme wat aanleiding tot Willemse se gedrag kon gee nie.

Die MRK het destyds ondanks dié bevinding besluit om sy eie ondersoek na die bewerings te doen en het in 2019 nog ʼn beroep op voormalige en huidige werknemers en kontrakteurs van SuperSport gedoen om voorleggings aan die kommissie te stuur rakende beweerde rassisme by die uitsaaier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

domheks ·

Hahahahahaaaaaa. Lekker lag ek nou, die raskaart word darem net te gou getrek.

Nicholaas ·

Dit darem verbuisterend vinnig hoe alle rasse behalwe wit, die ras kaart kan gebriuk as dinge nie in hul guns val, ek net bly die mrk het darem ook gesien dat daar geen rassime was.

JohanR ·

Die ou was maar bietjie kinderagtig om dit op die lig te doen! Na die tyd van die lig af kon almal om ‘n tafel gaan sit het soos groot mense, en die uitgepraat het.

Perdeby ·

Geraas gemaak omdat hy nooit betyds op die stel was nie, en onvoorbereid opgedaag het, daarom het hulle jou kort gevat!!!!

Vonkprop ·

Ek het nog nooit iets so groot in iemand se gesig sien ontplof soos hierdie nie. Het nog nooit weer van Ashwin gehoor na hierdie voorval nie. Naas en Nick gaan aan soos normaal maar Ashwin is skoonveld. Ai toggie, kan nie help om so bietjie te lag hieroor nie.

Marius ·

In ‘n land waar rassisme ‘n hartseer werklikheid is in alle rigtings en uit alle rassegroepe dink ek wanneer iemand soos Ashwin valse aantuigings maak dat dit nét so strafbaar is (indien nie meer nie) as wat dit vir rassisme sou wees.
Gelukkig sien almal hom vir wie hy is

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ou AHI het dié kêrel in ‘n hoë pos aangestel. Alle wittes daar is uitgewerk en die plek het nou ‘n nuwe naam en kultuur.

Elmarie ·

Pleks hy net ‘n slukkie water geneem het en afgekoel het voor hy sommer afgestorm het. Wat het al die bohaai gehelp, nou dink niemand iets goeds van hom nie.

John ·

Hy moes iets doen of se want hy was nie die beste op die panel nie en wou uit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.