MRK ondersoek ‘mutasie’-uitlating

Tlou Molele. Foto: Facebook

Tlou Molele. Foto: Facebook

Die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ʼn klag teen ʼn onderwyser van Polokwane in Limpopo wat glo op Facebook na wit mense as “ʼn genetiese fout genaamd mutasie” verwys het.

Intussen is Tlou Molele, wat by die Curro-skool Northern Academy skoolhou, geskors terwyl ʼn interne ondersoek ook na die plasing gedoen word.

Molele het wyd kritiek uitgelok toe hy op die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se Facebook-blad glo teenoor witmense uitgevaar het. Hy het na bewering in die plasing gesê indien dit nie vir ʼn “genetiese fout genaamd mutasie was nie, sou die wit f*****s nooit bestaan het nie.”

Die plasing lui verder: “We would not be in protest and s**t like this if you white f*****s went back to your native lands. Do you even have a place of origin?” Die plasing is intussen verwyder.

Gail Smith, woordvoerder van die MRK, het Donderdag aan Maroela Media die kommissie se ondersoek bevestig, terwyl Curro in ʼn verklaring Molele se skorsing bevestig het.

“Curro beskou die inhoud van hierdie plasings en die gedrag van hierdie individu in ʼn baie ernstige lig, aangesien optrede op sosiale media binne Curro deur ʼn omvattende interne beleid beheer word. Volgens die beleid moet almal wat sosialemediaplatforms gebruik wat deur Curro se inligtingstelsels beskikbaar gestel word, by hierdie beleid hou,” het Curro in die verklaring gesê.

Curro het gesê die ondersoek na die voorval is reeds aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ekwilibrium ·

Ai toggie… Die feit dat ‘n mens se doen en late jou lewenspad bepaal sal nooooit posvat hier nie; slegs vinger wys, ander beskuldig en van hulle eis is mos genoeg om van jou ‘n volmaakte Afrikaan te maak. Waardelose wesens…

Asjas ·

Wys jou net hoe dom die gegradueerdes kan wees, of het hy regtig gedink hy is verhewe bo die wet?
Kan os asb nou erken dat nie net wit mense rasisties is nie??
Hy vergeet ook blykbaar dat hy nie gratis onderwys gee nie en dat ‘n klein persentasie van die kinders se ouers by Curro is wit …

Cherokee ·

Waarvandaan is jou inligting dat hy gegradueerd is? Wie’t jou dit vertel?

Alta ·

Wens ons kon VERGEET van WIT & SWART Niemand van ons het gelewe toe hierdie land begin ontwikkel is nie. Sommiges het van bo in Afrika gekom en sommiges van Europa!!!! ALMAL is geregtig op hierdie land van ons

Jakobus ·

Nou waarom die bohaai, hy is net oningelig. Ek voel nie seergemaak nie, ek het nie pyn as gevolg daarvan nie.

Vytjie ·

Erens moet iemand n balans bring… ek voel ook niks.. maar geen balans as die reg nie geskiet nie…

Lance ·

Dis wat hulle by die gedekolanisserde universiteite leer …oningelig …almal is net mense met dieselfde basiese behoeftes …dis juis hy wat die grootste onderskeid wil tref en rasisme aanblaas …so onnodig want meeste mense kom goed met mekaar reg.

wat wou ·

Hoekom is die LUR nie soontoe om foto’s tr gaan neem soos wat hy kon doen met die hare kwessie. Dalk moet hy uitvind hoekom is hy donker wit

marie visser ·

Tlou, gaan lees Gen 9:25 in die Afrikaanse OV Bybel. Sterkte vir jou, jong man.

hans ·

Curro is nie konsekwent in hulle optrede nie vergelyk die drastiese optrede wat geneem is by Roodeplaatskool en die sagte handskoen optrede teen die persoon by Polokwane skool. Laat mens dink.

Danni ·

Ek het dit op twitter gesien ja. Daar is baie sulke uitlatings, en baie erger, op twitter. Verbaas dat hulle ‘n saak van die een maak.

Santjie stoof ·

Jipiee… ek voel absoluut goed.
Net mense wat n swak selfbeeld het kraak ander af.
Hou jul koppe hoog mensies. Ons is “under cover VIP’s”

Jakobus ·

Gaan lees gerus wat Ernst Roets in sy skrywe sê oor waarom wit mense nie oor ras wil gesels en betrokke raak nie. As ‘n anderskleurige so-iets kwytraak is dit reg, maar ‘n blanke. En dan is Mar..la tog so sensitief.

Johann ·

Die probleem in die land is dat sekere goed aan die grootklok gehang word, dit word groter as lewensgroot opgeblaas. Kyk nou maar na die studente se betogings (ek mag nie sê deur wie nie, want dan word ek gesensureer) die verwoesting, brandstiging. Ek wil saam met die SABC stem dat die plasing van fotos of video van die anargiste se optrede suurstog vir hul blootstelling gee. As daar niks op die TV gewys word nie, of in die koerante daarvan aan die grootklok gehang word nie, vat jy hul suustof weg.

Phillie ·

Waarom nie die selfde behandeling as wat Penny Sparrow gekry het nie

gert ·

Hy adverteer sy tekort aan alles waaruit n goeie mens bestaan.

Westerling ·

Onthou tog die gewilde “struģgle”retoriek; ‘n Afrikaan is nie gebore instaat om rassisties te wees nie. Maar ook nie eens in staat om die wiel uit te vind nie. Punt.

H ·

Ja en nie om hul studies te betaal sodat hul daar kan aanbly om verder verwoesting te saai nie. Studeer wil hulle tog nie.

Hannetjie Harvie ·

Wys jou, hy mag se wat hy wil, daar gaan in elk geval niks van kom nie.

Miemie ·

Ek is bekommerd, wat het hierdie jong meneer die kinders van daardie skool geleer. As ouer sal ek baie vrae begin vra.

Anoniem ·

Ek hoop nie die man het geskiedenis as ‘n vak aangebied nie…

sarie van heerden ·

Ignoreer hom want met dom uitlatings soos hierdie soek hy net aandag.

Werner ·

Waar het hy gegradueer? Siestog, oderwyser en ken nie sy geskiedenis nie. Almal met sulke uitlatings moet sommer uit die land verban word!

Mads ·

Sjoe! Is hy regtig n onderwyser en hy is so oningelig? Ek kry jou eintlik jammer want eerder om jou aandag toe te spits op jou leerlinge en hulle die beste onderrig te gee uitter jy sulke snert op sosiale media. Wat moet jou leerlinge van jou dink? SHAME ek sou nie by so person wou klas kry nie.

Christo ·

Shame, as die onnie wit was, was hy ge’fire’ gebrandmerk en van ‘SACE’ se rol geskrap. Rapsie oor die vingers en sê hy is verkeerd aangehaal en dan is alles mos weer okay. Get some guts Curro – kla die man krimineel aan. Verwittig ‘SACE’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.