MRK-ondersoek na EFF-lid se ‘rassistiese’ twiets verwelkom  

Foto: Skermskoot/Twitter

Die twiets van ʼn EFF-raadslid in Limpopo wat hom glo as ʼn wit vrou op Twitter voordoen en beweerde rassistiese boodskappe plaas, gaan deur die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek word.

Adv. Glynnis Breytenbach, DA-woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, het gesê die party verwelkom die MRK se besluit om die beweerde rassistiese boodskappe wat onder die naam @TracyZille geplaas word, te ondersoek.

Die Digital Forensic Research Lab het verlede maand onthul dat Anthony Matumba, EFF-raadslid van Limpopo, glo agter dié Twitter-profiel sit en boonop munt slaan uit die klik-aas wat hy op die platform plaas.

“Matumba gee voor om ʼn wit vrou te wees en plaas oproerige boodskappe wat daarop gemik is om rassespanning aan te vuur,” het Breytenbach gesê.

“Die uitsprake op die @TracyZille-rekening probeer om swart Suid-Afrikaners te verneder en terselfdertyd wit Suid-Afrikaners te beswadder.”

Volgens Breytenbach het die MRK bevestig dat hy ʼn saak in die gelykheidshof aanhangig sal maak.

Die DA in Limpopo het ook vroeër geëis dat Matumba as raadslid geskors word. “Die betreurenswaardige twiets het woede veroorsaak en rasseverdelings aangevuur. Dit is nie net ongrondwetlik nie, maar ook teen die gedragskode vir raadslede,” het Jacques Smalle, ʼn DA-woordvoerder, gesê.

Nie die EFF se nasionale woordvoerder of Matumba het destyds op Maroela Media se e-posse, oproepe of selfoonboodskappe vir kommentaar reageer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Kom ons kyk of hulle nou werklik die rooi petters gaa vervolg…

Lizelle ·

Ek het gewonder wat van hierdie saak geword het. Hy sal seker niks oorkom nie. Inteendeel sal hy seker ‘n medalje ontvang vir sy patetiese poging. Ook maar lekker dof.

Misky ·

Maak van hom n voorbeeld en wys ons wat kan en gaan gebeur met hom

Dries ·

Hoe laat twitter so ‘n vals profiel toe? Ek dink dit is tyd dat sosiale media wereldwyd strenger bedryf word, jy moet ‘n geldige ID verskaf om ‘n profiel te mag he of skep, sodat jy van die begin af weet dat die gereg vir jou sal kom as jy jou nie gedra nie, soos hierdie EFF kwaadstoker.

Simon ·

Die MRK en EFF is kop in een mus om hul ontwettige oorname van grond en eiendom te bevorder en sal hierdie verhouding ten alle koste beskerm. Moet dus nie enige positiewe uitspraak verwag nie.

Jr ·

MRK werk vir syrypy Cyril. Uitspraak sal wees.soos in Mal emmer se geval. ” ONS AANSKOU DIT NIE AS HAATSPRAAK. WEL NOT YET

Frederik C ·

Tot die Portugese in Madeira spot al oor SA se MRK. Die lot clowns is, volgens aanduidings, wêreldwyd berug.

Anoniem ·

Die ANC se nie amptelike vervolgingsgesag (MRK) sal niks doen nie.

Peetjie ·

Ek glo daar is meer van die duister profiele wat ons van weet…

Sarel ·

Hoekom is die nan nie al eerder vervolg nie want hy het reeds misdaad gepleeg?

4ntj13 ·

Daai van wat hy misbruik het laat my boonop dink aan strafregtelike laster. Lg is moontlik iets vir ʼn goeie staatsaanklaer eerder as die MRK, wat nes die SAPS en NVG dink die beste ding om te doen aan oorvol tronke is kla en vrylatings; eerder as vervolging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.