MRK ondersoek NW-skool ná brand drie dowe leerders eis

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het ʼn ondersoek van stapel gestuur na die lewensomstandighede by die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes nadat drie leerders verlede week doodgebrand het.

“Die kommissie vermoed dat die brandwaarskuwingstelsel moontlik nie voldoende was nie,” het die MRK in ’n verklaring gesê. Drie meisies is verlede Maandag in die vroeë oggendure dood nadat ’n brand by die meisieskoshuis in Leeudoringstad uitgebreek het.

“Die kommissie sal as deel van die ondersoek probeer vasstel watter vlak van veiligheid daar by die skool is. Ons het ook die Suid-Afrikaanse Polisiediens gevra om sy eie ondersoek van die sterftes te doen en teen 24 September ʼn verslag aan die MRK te voorsien.”

Die MRK het die departement van onderwys in Noordwes en ander regeringsdepartemente versoek om alternatiewe verblyf en onderwys aan die leerders te verskaf. Die kommissie het ook versoek dat die nodige ondersteuning aan ouers en leerders verskaf word.

“Die kommissie beveel aan dat daar meer gedoen moet word om te verseker dat kinders met gestremdhede nie net voorsien word van die aspekte van onderwys wat hul basiese reg is nie maar ook van veiligheid by skole.”

Die MRK het sy medelye met die skool, leerders en families van die oorledenes uitgespreek.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.