MRK ondersoek ‘rassistiese video’

Kessie Nair. Foto: Facebook

Die Menseregtekommissie (MRK) veroordeel die uitlatings van Kessie Nair in sy gewraakte Facebook-video ten sterkste.

Die kommissarisse van die MRK het die besluit Donderdag op sy maandvergadering in Johannesburg geneem ná die herrie van die afgelope week oor die video waarin die oudgevangene en gewese eThekwini-raadslid pres. Cyril Ramaphosa die k-woord toesnou.

Nair het Donderdag in die landdroshof in Verulam, noord van Durban, voorgekom nadat hy die dag vantevore in hegtenis geneem is vir crimen injuria en die aanhitsing van openbare geweld. Die Valke het die ondersoek by die polisie oorgeneem.

Intussen het die MRK se KwaZulu-Natalse kantoor eergister sy eie ondersoek begin nadat die video met Nair se beweerde rassistiese uitlatings soos ʼn veldbrand in die sosiale media versprei is.

Gail Smith, MRK-woordvoerder, sê die kommissie sal die geval ondersoek. “Ons hou die kommer in gedagte wat sy familie oor sy geestesgesondheid uitgespreek het. Die kommissie is ook bewus daarvan dat mnr. Nair tans aangehou word … tot sy volgende hofverskyning vir sy borgtogaansoek.”

Die MRK beskou die opmerkings in ʼn baie ernstige lig “aangesien sulke uitlatings, veral wanneer dit in die sosiale media versprei word, verdelend is, maatskaplike samehorigheid asook die bevordering van menseregte benadeel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Michael ·

Pleks hy net n AK 47 in die lug. in op geskiet het dan was hy ook skot vry. Kyk nou al sy drama oor n woord. Hoe belaglik kan jy kry.

Andre Truter ·

Aanhitsing van geweld!!?

En as Melema oor ‘n verhoor vir duisende skreeu dat wittes verdruk moet word, en die president sing “skiet die boer” is die MRK nêrens in sig nie.

HPV ·

In ‘n land waar meer mense per dag deur moord sterf as in oorloggeteisterde lande, en hulle veg oor die gebruik van ‘n ongewenste woord! Die is net so lagwekkend as wat dit kommerwekkend is. Daar word nooit so bohaai opgeskop as meer as 50 mense per dag hier vermoor word nie. Die voorwiele is nie meer in die pad nie, dit is reeds oor die afgrond…

willie ·

Uitstekende kommentaar nooit daaraan gedink nie! Skerp opmerking! Hy moes dit net met ñ mic en tromme gesing het dan was dit mos aanvaarbaar vir ander!

Judge Dredd ·

Maar “equality”sou mos wees as hulle hom glad nie vervolg, – alla Malema – of as die ondersoek ten minste 5 jaar vat.

Hanlie Geyser ·

Hoekom gaan die MRK nie so te kere as Malema sing ” skiet die boer” en hy mense aanhits om grond met geweld te neem. Hoekom kla die MRK nie Cyril aan oor hy mense regte skenk wanneer hy grond onteien sonder vergoeding. Hoekom nou so te kere omdat ‘n gewone landsburger sy sê sê?

Julleweetmos ·

Hanlie, jy weet tog die antwoord op daai vraag……die MRK tree net op teen die mense wat lig van kleur is. “Our people” val nie onder die selfde wet as ek en jy nie.

Jannie ·

Los die man uit….erger dinge word daagliks deur ANC en EFF se ondersteuners uitgeskreeu vanaf verhoë en op sosiale media!!!

Bokka ·

Ag asb bevordering vir mense regte seker net vir swart mense nie vir wit mense nie.

Koos de Meyer. ·

Die hele storie is lagwekkend. Dubbel standaarde is aan die orde van die dag. Hy praat die waarheid maar kon nie vinnig genoeg gearresteer word nie. Ek stem saam die hele ding met die k woord is siek. Wat vat dit werklik van jou af. In stede daarvan dat hulle kriminele toesluit bemoei hulle hul self met onbenullige snert. Een van die dae is die tronke vol oor ‘n simpel woord en is daar nie meer plek vir al die kriminele nie

Cherokee ·

Ek is nie nou lus vir naslaanwerk nie, maar wat is krimineel? Is Vicky Momberg ‘n krimineel? Is tronke nie eintlik vir kriminele nie? ‘n Gedagte wat so pas opgeduik het.

henk celliers ·

Wat n grap,baie erger uitsprake om oor ontsteld te raak!!!!

Johann M van Heerden ·

Dit is sommer twak. Malema kan se wat hy wil en ook mense in die ANC en kom niks oor nie. Word groot mense. Dit soos ‘n demokrasie werk.

hendrik ·

Wat van Vicky Momberg se geestestoestand tydens haar onderonsie met die geweld teen haar?

"Pap, vleis en boerierol" ·

Baie Suidafrikaners stem saam met die man, behalwe vir die verbode woord. Slegs die verbode woord sal aangespreek word in die geldverkwissende verhoor. Die persone wat hom gaan verhoor gaan n baie netjiese pak klere aan hê, gekoop met ons belastingsbetalers se geld. Vir lunch gaan hulle breek vir pap, vleis en n boerieworsie, en as hulle dalk sleg voel in die ry gaan sit by n staatskliniek vir n lepeltjie panado…as daar voorraad is. Ons land se hemelruim moet vervang word met n sirkustent. LOL.

Zoro ·

Be halwe die K- woord het hy die Regte note gedruk – die lande is uitverkoop aan buite lander sederd 94 het 85% van die land nooit vryheid gevoel nie kyk Chinese – Somalieër-Nigerians-Zimbabwers- Pakistaners – ens het meer regte as landsburgers – Die regering moet homself afvra hoe imigreer S – A burgers nie ook na dié lande nie

HENK DU TOIT ·

In ons Democrazy is die waarheid nie n welkome gas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.