MRK ondersoek riool in Krokodilrivier

Afval in die Krokodil-rivier. (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ondersoek die storting van riool in die Bier- en die Rooikuilspruit.  Die spruite voed die Krokodilrivier.

Die VF Plus het op 30 Junie vanjaar ʼn klag by die MRK ingedien nadat die party klagtes van die publiek ontvang het oor riool wat by Northam en Thabazimbi in die Bier- en die Rooikuilspruit vloei. Die spruite voed die Krokodilrivier.

“Die gemeenskap van Thabazimbi en Northam vrees vir hul gesondheid en vir blywende skade aan die plaaslike ekostelsels,” sê Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus in Limpopo.

ʼn Verslag wat in 2017 reeds aan die Krokodilrivier-forum voorgelê is, het bevind dat weggooidoeke, onwettige goudmyners en rou riool die Krokodilrivier besoedel. Dit kan toegeskryf word aan rioolsuiweringswerke wat net gedeeltelik behandelde riool in die water stort.

Die riool wat onbehandeld voorkom, veroorsaak ’n E. coli-telling in die water wat soms meer as 1 000 000 eenhede per 100 ml water is. Die nasionale regulasies bepaal dat die maksimum E. coli in water minder as 1 000 eenhede per 100 ml moet wees.

Die VF Plus het vandeesweek ʼn skrywe van die MRK ontvang waarin bevestig word dat die ondersoek na die klag reeds begin het en dat die MRK met die Thabazimbi-munisipaliteit daaroor kommunikeer.

“Die MRK ondersoek die afvalwater-behandelingswerke in Northam asook die uitdagings wat daarmee verband hou,” sê Maritz.

Dr. Eileen Carter, senior regsbeampte van die MRK in Limpopo, het onderneem om die VF Plus op hoogte te hou van verwikkelinge. “Die VF Plus kom op vir die regte van die Thabazimbi-gemeenskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

BJ Vorster ·

Ja en so sal elke spruit en rivier in ons een pragtige land binnekort in rioolplase omskep word deur die mees onbevoegste plaaslike regerings ooit!
Hier sal NIKS van hierdie bankrotland oor wees nie – danksy die ANC!!

Gert van Wierdapark ·

Ja nee kyk, die wiel van die staat draai teen die spoed van (kers)-lig!!!

AdeK ·

Nou waarom die strotn storie na die MRK vat?
Hulle deel mos net met WopS “rasse diskriminasie” Naratiewe!
O, Naratiewe ok n nuwe Flavour!

Pieter ·

Ek weet nie waarom kla die ouens nie. Ek bedoel as jy 4,995 liter roomys met 5ml riool meng het jy reeds 5 liter riool. Die Sesmylspruit se vloeistof wat in die Krokodilrivier beland op pad na Haretebeespoortdam is so vrot dat niks daarin kan lewe nie. Die water wat uit die dam in die Krokodilrivier afloop is steeds vrot en die Brits rioolwerke maak dit nog vrotter so hoe kan die ouens by Northam nou kla oor hul klein bydrae om die rivier se water so effens vrotter te maak. Vrot is vrot en dit is reeds in Centurion so vrot dat jy naar word van die reuk. As iemand dink ek is van lotjie getik, dit is maar met hope sarkasme dat ek dit se.

Kraaibakke ·

Aaag jong Buang Jones hou van riool praat weet nie hoe meng jy MRK met riool nie maar ons sal sien ,sommer wster kriesis ook opklaar ,hy is die regte mars mannetjie.

Kraaibakke ·

Buang jou doring jack of all trades master of none
Jy hou mos van die job

schaun ·

Die Brits riool aanleg lê teen die Krokodil rivier en daar word gereeld riool in die rivier gestort.

jakes ·

Kan die MRK nie miskien fisies na die riool gaan kyk in die Krokodilrivier nie? Ek bedoel, kan hulle nie met hul baaikostuums fisies in die rivier staan nie? Veral naby n spul honger krokodille?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.