MRK ondersoek riool in Naboomspruit 

Riool vloei in Naboomspruit. (Foto: Verskaf)

Die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek nou ook ʼn klag van rioolwater wat in ʼn woonbuurt in Mookgophong (Naboomspruit) vloei.

Die VF Plus het ʼn klag by die MRK ingedien teen die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit oor die besoedeling van die omgewing deur rioolwater wat uit ʼn rioolaanleg in ʼn woonbuurt van Naboomspruit vloei.

Die MRK het Dinsdag saam met die VF Plus en AfriForum die gebiede wat geraak word, besoek. “Die MRK het die VF Plus verseker dat hy terugvoer aan die party sal gee nadat die saak ondersoek is en daar met die munisipaliteit geskakel is,” sê Marcelle Maritz, VF Plus se provinsiale leier in Limpopo.

Die MRK het ook aan die munisipaliteit opdrag gegee dat giftige afvalstowwe wat buite die rioolaanleg opgaar, binne ʼn week verwyder moet word. “Die afvalstowwe hou ʼn groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in,” sê Maritz.

Maroela Media het vroeër ook berig dat die MRK die vloei van suiwer riool in die Krokodilrivier ondersoek. Dié ondersoek is nog nie voltooi nie.

Die VF Plus sal aanhou baklei vir gemeenskappe se reg om in ʼn onbesoedelde en veilige omgewing te woon en werk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Magda ·

Weet jy – glo dit moet ook gedoen word – maar op die oomblik is a;l wat die Politieke leiers doen – klagte le – daar is net geen 1 meer wat geod doen vir die Publiek nie. Ja die mense kan nie so bly nie =- maar hoelank moet ons nog tevrede wees met die Korrupte Regering – Dit gaan ent aan en aan en aan. Deregisteer ANC van die Politieke lys af want hulle is so korrupt dat daar net nie meer na die mense van Suid Afrika gekyk kan word nie. Dis net klagtes en klagtes en klagtes / hofsake / Zondo kommissie – hoelank gaan die saak ook nog aanhou – Geld mors en die mense wat huise / skole / medies moet kry moet maar tevrede wees om te lees daar word nog n klag somewhere gele teen nog mense vd ANC – Verwyder hulle van die Politieke Rol af en sit mense in posisies wat NIE korrup is nie – ANC / EFF moet verwyder word – tot hulle kan bewys hulle is n party vir die mense en nie vir hulle self nie.

Pottie ·

Ons eie skuld magda ons wil nie standpunt in neem nie al wat ons goed kan doen is kla

Anoniem ·

Dan praat ons NIE eers van die waterkrisis in Naboomspruit nie meer sonder water as met water

jennefer ·

Wat van die riool wat in weggooidoeke langs woonbuurte lê?

marous ·

Skep dit in emmers en gaan sit in die raadslede se kantore .

Ideeman ·

Dis droog. Plant julle mielies en draai daai bemesting-water soontoe. Moet dit liefs net nie vir skottelgoedwas gebruik nie hoor.

Gert R@Midstream ·

Reeds ongeveer 7 jaar gelede al kos op primusstowe in munisipale kantore gemaak. Die riool is nasionale embleem.

skurweberg ·

Waar op aarde gaan hulle die giftige afvalsrowwe stort. Hulle gaan dit verskuif na ander plek waar die besoedeling nie gesien kan word nie. dis hoe hulle werk. VRAAG: Is giftige stowwe nie ook vir diere gevaarlik nie?

Riaan ·

Pos dit vir die da want as ek reg onthou is hulle daar in beheer?

Johan Maritz ·

Riaan jy is reg maar ironies genoeg in koalisie met die VF-plus.

Riaan ·

@Johan Maritz

Oeps. Miskien is die vennote van bed en “toilet” gesky?

Attie ·

Kla die burgemeester en sy hele Raad aan. Ongelukkig sal só saak min of geen vordering in ‘n Suid-Afrikaanse hof toon nie. Een owerheid (en staatsdepartement) beskerm ‘n ander. Dankie VF+ dalk jul probeer. Ander partye is weer skoonveld, soos gewoonlik.

Kobus ·

Mors van tyd wat van die Vaalrivier of soos deesdae bekend die Vuilrivier

Hoëvelder ·

Die wat so lekker is in Bethal en Ermelo, ons hou die Vaaldam vol, Standerton help darem ook. Die Vaal bly aan die vloei danksy ons riool en was dit nie daarvoor nie sou die Vaaldam lankal droog gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.