MRK oor Etzebeth-saak: ‘Daar is bewyse’

Eben Etzebeth. Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama, File)

Die Menseregtekommissie (MRK) hou vol dat hy voldoende bewyse het vir die saak wat hy teen die Springbokslot Eben Etzebeth aanhangig gemaak het.

Dit kom nadat Rapport Sondag berig het dat die MRK die klagte van rassisme teen Etzebeth na die gelykheidshof verwys het nadat hul uitvoerende hoof, adv. Tseliso Thipanyane, glo gewaarsku het dat hulle nog nie genoegsame bewyse het nie.

Die MRK, namens vier klaers, sleep Etzebeth voor die gelykheidshof vir sy beweerde gebruik van die h-woord. Dit kom ná ʼn bakleiery buite ʼn kuierplek in Langebaan aan die Weskus waar Etzebeth en/of vriende van hom glo rassisties opgetree het.

Rapport het verder berig dat die kommissie so bekommerd was oor die gemeenskap van Langebaan se reaksie dat hulle die klagte ingedien het sonder ʼn behoorlike ondersoek.

Adv. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het egter in ʼn onderhoud met eNCA dié bewerings ten sterkste ontken. “Daar is bewyse,” het Majola gesê en bygevoeg dat beriggewing wat dit anders stel, foutief is. “Dit is ook nie waar dat die uitvoerende hoof ooit gesê het daar is nie genoegsame bewyse nie.”

Prof. Bongani Majola, voorsitter van die MRK. (Foto: sahrc.org.za)

Majola het op ʼn vraag van eNCA se joernalis oor watter bewyse die MRK tot sy beskikking het, gesê daar is die klaers self wat sal getuig sowel as ooggetuies. Hy het verder aangevoer die MRK is elektroniese bewysstukke beloof. Hy het gesê hulle is beeldmateriaal van kringtelevisiekameras in die omgewing waar die voorval plaasgevind het, beloof, maar dat hy nie seker is of dit al ontvang is nie.

Etzebeth het reeds vroeër ʼn hofaansoek gebring om die besluit om hom te vervolg, tersyde te stel. Volgens Majola word daar op die uitkoms van die aansoek gewag voor die saak in die gelykheidshof kan voortgaan.

Die MRK het al erg onder skoot gekom oor sy hantering van die saak. Die MRK het in Oktober gesê hy ondersoek adv. Buang Jones, sy waarnemende regshoof, se uitlatings op 3 Oktober in Langebaan dat Etzebeth nie met “moord sal wegkom nie” en dat die MRK van hom ʼn “voorbeeld sal maak”.

Jones het egter vroeër die maand in die parlement tydens sy onderhoud met LP’s vir die pos van adjunk- openbare beskermer, ontken dat die MRK ʼn formele ondersoek na hom van stapel gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

toy ·

Wag, ons sal sien hoe daar getuig word. Jy kan net een klein dingetjie se dan word als uitverband geruk.

Joan Strydom ·

As die klaers so seker was van hulle saak sou hulle lankal opgetree het teen Etsebeth. Nou gooi hulle jakkalsdraaie. Die wêreldbeker is al intussen gewen.

Henk Ackermann ·

Hierdie ouens se plan het so geflop die All Blacks het nie eers die eindstyd gehaal nie !

W ·

Ag ou Henk, 3elk! Kom die volgende game en bra Rassie is weg dan praat ons weer! Gaan soos CSA raak, n joke!! Go Eben jy is n yster!!

Joe ·

W???? Waarvoor staan dit? Gooi meer Coke by, wat jy ookal drink is te sterk vir jou!

Johan ·

Die MRK is ‘n strooi organisasie wat op ‘n eiesoortige manier sy eie rassistiese mandaat bedryf

Isak ·

Ek hoop Eben roer julle vir miljoene. Julle konkel en het 10 verskonings hoekom die saak nie tot n einde kom nie. Die klaer en sy maats was gesuip en het nie n clue wat daar aangegaan het nie. Hulle weet Eben het geld nou wil hulle vinnig ryk word. Hulle gaan hulle in elkegeval vas lieg.

koos ·

Bewyse is tasbaar. Verklarings en die “slagoffers” se getuienis is nie voldoende in ‘n strafsaak nie. Bring asb die video opnames en al die sogenaamde “bewyse” na die tafel toe en maak seker julle saak is reg VOORDAT julle koerante en hof toe hardloop.
Agg vergeet ek nou dat normale regsreëls nie vir die MRK geld nie.

Lee ·

Ek stem 100% saam met jou Koos. Mense is net agter geld aan en sal lieg om hulself te bevoordeel.

Matt ·

dit is nie waar nie.
Beëdigde Verklarings van Klaer(s) en/of Ooggetuies is voldoende.
maar dit moet klop.
die feit dat dit só lank sloer gee my die indruk dat die Klaers en Ooggetuies swak getuienis is.
dus trap hulle klei en grou vir meer stawende getuienis.
CCTV het nie klank nie.
dus gaan hulle niks verder daaruit leer nie.
maar kyk ‘n mens na die Coligny 2 se Saak dan is dit duidelik dat die verdraai van Bewyse, verbreek van prosedures, en die minagting van die Wet nie ‘n probleem is vir die spul gekke.
dus is dié Saak nog vêr van afgehandel.

SjN ·

Ek is n boer en trots daarop, hoekom al die fyngevoelige identiteits krisisse?

Ben Wolmarans ·

Daar sal weer getuies betaal word om te lieg .Soos bv vir die 2 in Coligny.

Agter die skerms ·

Stem saam met Magda – soek net ‘n vet bedraggie vir Kersfees, dis maar al.

TwaalfBoor ·

Wie ookal die klaer ñ wielle wapper gegee het…… het ñ nie nonsens gevat nie.

Jollie ·

Met ander woorde, daar is bewyse belowe, wat nog nie vorendag gekom het nie. Miskien sal op die kringtelevisie wel gesien word, hoe hulle sy kar met n voorwerp gooi.

Pietman ·

Twee mans van Coligny is skuldig aan moord slegs met die getuienis van een ooggetuie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Pietman, genomede “getuie” het toe ook erken dat hy gelieg het toe hy beweer dat hy gesien het hoe diemans die mannetjie vermoor, maar dat hy toe nooit naby die sogenaamde “moordtoneel” was nie… maar ongelukkig leef ons nou in ‘n tyd waar leuens, diefstal, roof, moord, verkragting, bedrog seëvier, en natuurlik, omdat die Coligny-twee BLANKES is, word hulle summier skuldig bevind,… ek hoop hulle maak ‘n saak van onregmatige tronkstraf en alles wat daartoe gelei het en dat die staat behoorlik daarvoor moet opdok…

Suzette Geringer ·

Die kersie op die koek sal wees as Eben Etzebeth ‘n voorbeeld van die MRK maak!!!

bokke ·

Kyk, almal weet as jy moeilikhed soek met ‘n Etzebeth in ‘n kroeg gaan jy pakslae kry. Gaan nie help om na die tyd te huil nie.

Theresa ·

Ag kom tog nou net tot die punt. (As julle een ooit het). Hierdie raak nou regtig vervelig hoor!!

Hettie ·

Kyk, ek dink die bekendes word so lastig geval deur die publiek dat dit ‘n pyn vir hulle is! Hulle wil ook net vir ‘n aand uitgaan en dit geniet. Maar mense wil pellie-pellie raak. Ja, jy ken hom van op die kassie af, en jy hou dalk baie van nom, Maar hy ken jou van geen Adam af nie. Jy is ‘n vreemdeling vir hom. As dit waar is dat hy jou as ‘n H uitgeskel het, sou dit nie uit die bloute gekom het nie. Daar sou beslis ‘n aanloop wees, waarvoor jyself tien teen een verantwoordelik was.

Arrie ·

Natuurlik was daar ‘n katalisator. Dit word verswyg, as die bewering enigsins waar is. Sekere mense ken nie hul plek nie. Suid-Afrikaners se respek vir mekaar is ten gronde. Sosiopate maak dit ondraaglik vir diegene wat privaatheid en hul eie spasie verkies.

Knorhaan ·

Sal graag wil weet hoekom net Eben aangekla word, maar nie die vriende wat saam met hom daar was nie. Het hulle hande gevou gestaan en niks gedoen of gesê nie. Moeilik om te glo!!!

hercu ·

die MRK het sekere mense betaal om te lieg in die verlede, hoekom nie nou ook nie!!

die hele spul kabinetslede lieg & bedrieg net, hoe kan enige regdenkende mense hul enigsins glo!!

Anti DA ·

Eks aan Eben se kant, pla my nie eers of hy enigsins skuldig is nie. Hyt meer punte in my boekie as die MRK.

JV ·

Nou verstaan ek nie mooi nie. Sou die CCTV nie die eerste ding gewees het om na te kyk voor besluit is om ‘n saak te maak nie? Nou is dit al 3 maande en hulle het nog nie die video opnames nie? Iets rym nie. Of sukkel hulle dalk om die video oortuigend te redigeer?

Merrie Perd ·

Ek wonder net, is “Prof” Majola die beste persoon wat die meerderheid kan gee om so n belangrikke pos te vul? As dit so is, is daar geen hoop vir hierdie land nie. Hemel wat n pateet.

wilma ·

Eedsverklarings beteken in die meeste gevalle ook net mooi niks aangesien heelwat mense nie ‘n gewete het nie en skaamteloos onder eed lieg – en nog daarmee wegkom!

Stoffelknoffel ·

As daar enige bewys was het ons dit al lank terug op Facebook gesien. Jy kan nie jou nou se dae jou alie draai sonder dat iemand photos op hulle cellphone vat en pos. Dit is net n gejaag na niks. Mense wat niks beter vir hulle tyd het om die pot te roer en haat probeer opstook!!

TDT ·

Ek is te bang om te vra; wat is die ‘h-woord’? En ek is te bang as iemand antwoord hy/sy ook in die sop gaan beland

henk ·

dámmit, ek is só gatvol vir al die rassime en strooi.
jy sê dit.. of jy sê dat, dan is jy in die pekel.
bou n brug en flippit, beweeg aan..
hoeveel wette moet daar nog gemaak word om meerderheid te beskerm teen die minderheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.